Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 20 December 2014

Ons sê baie, baie dankie ...

Die Bestuurskomitee het onlangs namens die inwoners sy dank teenoor die oord se werkers betuig deur aan hulle gebraaide boerewors en vloeibare verversings voor te sit.

Emely, wat sorg dat die administrasieblok, kombuise en twee ontstspanningslokale vlekloos skoon bly, was ongelukkig reeds met verlof toe hierdie geleentheid plaasgevind het. Sy het vooraf darem 'n pakkie wors ontvang. Die Bestuurskomitee vertrou dat sy dit saam met haar gesin sal geniet.

Die werkers is 'n aanwins vir die oord en lewer jare lank al getroue diens aan die inwoners. Vanjaar was geen uitsondering nie.

Die oord se werkers word onthaal. V.l.n.r. verskyn Lang Daniël (Bewaringsdiens), Johnny Meyer (Bestuurskomiteevoorsitter), Bra Willy (Faktotum), Abram (Onderhoudsdiens), Paulus (Onderhoudsdiens), Louis van Wyk (Onderhoudsdiens), Thomas (Bewaringsdiens) en Piet Combrink (Bewaringsdiens). Emely (Skoonmaakdiens) was reeds met verlof toe hierdie foto geneem is.

Monday 15 December 2014

Inwoners se kreatiwiteit staan blou in die blom

Sedert Piet Combrink die eerste droogtebestande tuin in ons oord gevestig het en namate inwoners aan sy pleidooie vir dié soort tuinmakery gehoor begin gee het, word ons oord met sy pragtige inheemse bome, grasperke en goedversorgde meer tradisionele tuine, al hoe meer met droogtebestande tuine opgekikker.

Friday 12 December 2014

We play a part in helping local Rotary Club to trace last surviving Charter Member

On 1 July 2014, we posted a story about Brian Stone who played a prominent role in an earlier era of our town and in particular of the Settlers area where he grew up. Click HERE to read the story.

Tuesday 9 December 2014

Geduld, o geduld ...

Kort ná die Tweede Vryheidsoorlog (1899 - 1902) skryf die Afrikaanse digter en skrywer, C Louis Leipoldt, 'n gedig waarvan die titel In die konsentrasiekamp is. Ek haal enkele verse daaruit aan:

Saturday 6 December 2014

Al was ek nie daar nie ...

In daardie tyd het keiser Augustus ‘n bevel uitgevaardig dat ‘n volkstelling in die hele ryk gehou moet word.

Tuesday 2 December 2014

Johnny Meyer as voorsitter van die 2015-bestuurskomitee verkies

Na 'n kort blaaskans van 'n jaar, is Johnny Meyer tydens die pasafgelope Algemene Jaarvergadering weer eens aangewys as voorsitter van die Bestuurskomitee.

Saturday 29 November 2014

Jaareindfunksie

Die Sosiale Aksie onder leiding van Corrie Pretorius, het op 28 November weer eens 'n gesellige en stylvolle jaareindfunksie in Die Nes aangebied.  Dit was hulle vyftiende funksie van die jaar.

Friday 28 November 2014

Bestuurskomitee vir 2015 aangewys

Tydens die pasafgelope Algemene Jaarvergadering van die Warmbad Renaissance Bestuursvereniging is die  Bestuurskomitee vir 2015 verkies.

Wednesday 26 November 2014

Die uittredende voorsitter lewer sy jaarverslag

In die laat tagtigerjare het Renaissance Ontwikkelings (Edms.) Bpk. besluit om hulle vyfde sekuriteitsaftree-oord in die legendariese rustigheid van die skilderagtige Bosveld te ontwikkel. En siedaar: Warmbad Renaissance.

Sunday 23 November 2014

Alet "gooi kennersoog"

Die plaaslike koerant, Die Pos, het Alet Erasmus onlangs in diens geneem om "op Woensdae 'n draai by die kantoor [te] maak om 'n finale kennersoog oor die bladsye te gooi voordat dit drukkery toe gaan."

Thursday 20 November 2014

The Poora-berry tree

One of the attractive features of our village is the large variety of indigenous trees to be found here.

Friday 14 November 2014

Voormalige Durbanse dosent vind tuiste in Bosveld

Warmbad Renaissancers kom van oraloor - selfs Natal, "the last outpost of the British Empire".

Thursday 30 October 2014

Flashback


As far as can be ascertained, construction of our retirement village began in 1989/1990 when the rumble of construction equipment shattered the tranquillity of the Bushveld



The first residents were Ampie and Isabel Hattingh, who occupied Unit 20 on 1 April 1991. They are still living here.

The community centre - currently known as Die Nes - was officially opened on 1 December 1992.

One of the highlights of 1994 were the achievements of the Renaissance Revue Group which took part in the Waterberg Afrikaanse Kunsfees. They were awarded two gold certificates for achieving an A+. The adjudicators paid tribute to the group because they "evidently enjoyed singing" and also acclaimed them for their enthusiasm.

In 1996 we even had our own drummie squad!
 
 
 

Wednesday 29 October 2014

Nóg 'n droogtebestande tuin in wording

Kyk, die Bosveld is 'n wonderlike plek om te woon. Maar as die reën wegbly soos vanjaar, kan die wêreld hierlangs bra ongenaakbaar wees.

Lappies word president van die plaaslike rolbalklub

Nóg 'n inwoner van Warmbad Renaissance is as president van die rolbalklub op Bela Bela verkies.

Monday 27 October 2014

Die 2014-bestuurskomitee vergader vir oulaas

Inleiding
Die ondervermelde aangeleenthede het tydens die Bestuurskomiteevergadering op 22 Oktober 2014 aandag geniet.

Tuesday 21 October 2014

Dries en Silvia presteer

Warmbad Renaissance-inwoners, Dries en Silvia Engelbrecht (Eenheid 132), het onlangs aan die Suid-Afrikaanse nasionale 3D-kampioenskappe in boogskiet deelgeneem en is in hulle onderskeie klasse as die Suid-Afrikaanse kampioene aangewys. Dit was 'n eerste keer vir Silvia, terwyl Dries as verdedigende kampioen sy titel suksesvol verdedig het. Die egpaar beoog om aanstaande jaar in Augustus aan die wêreldkampioenskappe in Hongarye deel te neem.

(Hierdie foto en byskrif  - ietwat gewysig - is ontleen aan Die Pos van 17 Oktober 2014)

Sunday 12 October 2014

Voormalige plaasseun beoefen Japannese kunsvorm

Bonsai is 'n Japannese kunsvorm wat verwys na miniatuurboompies wat in 'n houer groei. Hierdie tradisie is meer as 'n duisend jaar oud en word oral ter wêreld beoefen, ook in Suid-Afrika.

Saturday 11 October 2014

Ons is vandag een jaar oud

Hierdie webjoernaal beleef vandag (11 Oktober 2014) sy eerste verjaardag.

Thursday 9 October 2014

Die dierelewe in ons oord

Piet Combrink (Eenheid 6) skryf: "Hoe gelukkig is ons nie om nog dierelewe in ons oord aan te tref nie!"

Oom Boet en sy wit amarillislelies

Oom Boet Boonzaaier (Eenheid 26) is nie min trots op die wit amarillislelies wat hy in sy boomryke tuin kweek nie. In Afrikaans staan hulle ook soms bekend as narsinglelies.

Wednesday 8 October 2014

'n Geliefde inwoner

Die Franse verwys na 'n hoogs gerespekteerde bejaarde vrou as 'n grande dame.

Tuesday 7 October 2014

Shopping trip

A group of residents about to embark on a recent shopping trip to the Kolonnade Shopping Centre, Montana Park, Pretoria North. Appearing from left to right are Dimmie Smith, Una Osborne, Mel Smith, Rita Vosloo, Didi Vickery. Marlene Barnard, Leon Barnard, Raaitjie Minny and Frikkie Minny.
Kolonnade, here we come!

Tuesday 30 September 2014

Dinamiese Delene afgetree? Nooit gesien nie!

Toe Delene en Joepie Bekker die beroepswêreld vaarwel toegeroep het, het hulle mekaar belowe: "Ons gaan nie aftree nie, ons gaan optree!" Joepie was 'n assistent-ingenieur by Eskom en Delene, 'n tuisteskepper.

Monday 29 September 2014

Tiptolle - bekende inwoners in ons tuine

Die alomteenwoordige swartoogtiptol (Pycnonotus barbatus) kom wydverspreid in ons Oord voor. 

Friday 26 September 2014

Ons maak 'n Kaapse draai

Hoe hulle ons facebook-adres raakgeklik het, weet nugter. Dit was nietemin 'n aangename verrassing toe die volgende boodskap van die Bella Vista Aftree-oord in Belville op ons facebook-blad opduik: "Ons ruil graag drukkies uit! Mag ons julle eerste bladmaatjie word?"

Thursday 25 September 2014

Management Committee meeting - 25 September 2014

The matters mentioned below were dealt with at the Management Committee Meeting held on 25 September 2014.

Tuesday 23 September 2014

Connie wen bromponie


Die bostaande foto van Connie Kinnear en haar nuwe bromponie het onlangs in Die Pos verskyn. Die Pos is ons geweste se plaaslike koerant wat in 2013 'n ATKV-veertjie verower het as die beste plaaslike koerant in Suid-Afrika.

Connie en haar wederhelfte, Willie, is in Eenheid 11 woonagtig.
 

Friday 19 September 2014

Huweliksklokke lui vir Herman en Maggie

Die huweliksklokke het onlangs vir Herman Louw en Maggie van Tonder gelui toe hulle deur past. Jannie Lubbe van die AGS-gemeente Woord en Lewe in die eg verbind is.

Sunday 7 September 2014

Renaissance celebrates the onset of Spring (and the naming of their lanes)

Spring is a time when, in the words of the English poet, Lord Tennyson, "a young man's fancy lightly turns to thoughts of love".

Monday 1 September 2014

Bestuurskomitee vergader

Inleiding
Die ondervermelde aangeleenthede het tydens die Algemene Vergadering en Bestuurskomiteevergadering op 28 Augustus 2014 aandag geniet. 

Monday 18 August 2014

Weldoeners skenk boeke aan ons biblioteek

Ons het onlangs 'n berig geplaas wat gehandel het oor Hester Botes se versugting na boeke om haar voorraad in ons oord se biblioteek aan te vul. Klik HIER om die berig te lees.

Wednesday 13 August 2014

Manswêreld? Watwou!

Diegene wat Elsa Erasmus (Eenheid 49) ken, sê dat sy haar ding in 'n sogenaamde manswêreld kán doen en, op die koop toe, veel beter as die meeste mans.

Wednesday 30 July 2014

Dave and the Magic Mountain

Mount Kilimanjaro - sometimes spoken of as the Magic Mountain - with its three volcanic cones, Kibo, Mawenzi, and Shira, is a dormant volcanic mountain in Tanzania. It is the highest mountain in Africa and the highest free-standing mountain in the world at 5,895 metres above sea level. Click HERE to read more.

Friday 25 July 2014

Raakvatters woel en werskaf

Min staan verkeerd vir die hande van die Sosiale Aksie-dames onder leiding van Corrie Pretorius. Hulle bak en brou en reël stylvolle funksies dat dit gons.

Thursday 24 July 2014

Nóg 'n kleinkind presteer

Corrie en Pat Pretorius is nie min trots op hulle kleinseun, Arno Greeff, nie.

Wednesday 23 July 2014

Louis-John bekoor inwoners

Sanger Louis-John Hüsselmann het Renaissancers onlangs op 'n nostalgiese reis geneem met 'n keur van ou en nuwe liedjies. 

Thursday 17 July 2014

'n Meneer in hart en niere

In vervloë dae het Engeland sy Mr. Chipse gehad en Suid-Afrika sy Menere. Braam Cilliers is een van die onderwysers uit 'n vorige geslag wat met reg aanspraak kon maak op daardie eretitel.

Tuesday 15 July 2014

Naamborde opgerig

Die redakteur van ons nuusbrief het in die Junie 2001-uitgawe berig dat 'n laan gewoonlik geassosieer word met 'n smal pad omsoom met bome en tuine. Derhalwe het ons [oord] lane en nie soseer strate nie.

Thursday 10 July 2014

A most enjoyable get-together

Much to the enjoyment of those who attended, the village Darts and Snooker clubs held a combined get-together recently.

Monday 7 July 2014

Inwoners presteer op die rolbalbaan

Drie van ons inwoners is aangewys as wenners van die Pick 'n Pay-rolbaltoernooi wat in Juniemaand by die Warmbad-rolbalklub aangebied is. Hulle is Kolie en Monica Ras (middel, voor) en Hannetjie Pretorius (agter). Hannetjie is ook die vise-president van die klub. Sy was voorheen ook die voorsitter van die Renaissance-bestuurskomitee.
[Ons plaaslike koerant, Die Pos, het die foto voorsien]

Wednesday 2 July 2014

Bestuurskomiteevergadering van 27 Junie 2014

Die ondervermelde aangeleenthede het op 26 Junie 2014 tydens die maandelikse Bestuurskomiteevergadering aandag geniet. 

Tuesday 1 July 2014

The story of a remarkable man

At 94, Brian Stone is our second oldest resident. Notwithstanding his age, this delightful man is physically strong and has an astonishing memory for names, places and events.

Friday 27 June 2014

As dié staander kon praat ...

Voordat die 8-jarige Annemike du Preez onlangs die harte van ons oord se inwoners met haar sangoptrede gesteel het (klik HIER om die berig te lees), is daar naarstiglik gesoek na 'n bladmusiekstaander waarop sy haar musiekboek kon plaas in geval sy die woorde haar die liedjies vergeet.

Tuesday 24 June 2014

Kyk-en-koop-oggend ontwikkel tot kuns- en handwerkuitstalling

"Die aanvanklike bedoeling met die Kyk-en-koop-oggend," sê Corrie Pretorius, Voorsitter van die oord se Sosiale Aksie-komitee wat die geleentheid gereël het, "was om inwoners die geleentheid te bied om hulle tuisgemaakte ware te koop aan te bied."

Tuesday 17 June 2014

Hester hou ons oord aan die lees

As daar één ding is waarna baie mense wat aftree-ouderdom bereik het reikhalsend uitsien, is dit meer tyd om te lees.

Sunday 8 June 2014

Oom Berend word 95


Oom Berend Wierenga (#34), ons oord se oudste en een van sy mees gerespekteerde inwoners, het op 8 Junie sy vyf en negentigste verjaardag gevier.

Saturday 7 June 2014

Nóg 'n kleinkind presteer!

Vir die meeste oumas en oupas wat in ons oord woon, is hulle kleinkinders hulle hart se punt. En as hulle dan nog presteer ook, is dit 'n bron van vreugde, trots en dankbaarheid.

Wednesday 4 June 2014

Reportback: Mangement Committee meeting, 29 May 2014

The matters mentioned below were raised at the monthly Management Committee meeting held on 29 May 2014.

Wednesday 28 May 2014

Annemike steel harte

Die oord se Sosiale Aksie onder leiding van Corrie Pretorius  het weer eens hulle bewese hoë standaard gehandhaaf toe hulle onlangs die Vrystaatse sanggroep Sampie en Nellie genooi het om die inwoners te vermaak.

Sunday 25 May 2014

Transformasie

Op 24 April het die oord se Bestuurskomitee 'n versoek tot die Bewaringskomitee onder leiding van Piet Combrink gerig om die kaal stukkie grond voor Die Nes in 'n droogtebestaande tuin te omskep - enersyds, om aan inwoners te toon dat 'n tuin wat teen periodieke Bosvelddroogtes bestand is wél moontlik is en andersyds, dat so 'n tuin ook mooi kan vertoon.

Wednesday 14 May 2014

Nick presteer op die rolbalbaan

Nick Pretorius (links) en Leon Raath is as die wenners in die gekose mans pare-kategorie aangewys tydens 'n rolbaltoernooi wat onlangs by die Warmbad-rolbalklub gehou is. Nick is 'n inwoner van die Renaissance Aftree-oord op Bela Bela.

(Foto: Die Pos, 9 Mei 2014)

Tuesday 13 May 2014

Renaissance in the Bushveld

The  heading of this story refers to the blog you are now reading.

Friday 9 May 2014

Lank, lank gelede ...

Lank, lank gelede was daar twee pragtige meisiekinders. Hulle name was Rita Gunter en Lirpa Rawlins.

Monday 28 April 2014

Bestuurskomitee vergader weer eens

Let asseblief daarop dat die ondervermelde enkele uittreksels is uit die ontwerp-notule van die maandelikse Bestuurskomiteevergadering van 24 April 2014. Aangesien dié dokument eers op 29 Mei 2014 bekragtig sal word, is dit dus moontlik dat klein wysigings dan aangebring kan word.

Friday 18 April 2014

Die Helderberg-vliegramp - Alet was daar

Vlug 295 van die Suid-Afrikaanse Lugdiens was 'n kommersiële vlug wat op 28 November 1987 in die Indiese Oseaan oos van Mauritius neergestort het nadat 'n katastrofiese brand in die Boeing 747 se laairuimte ontstaan het. Al die passassiers en bemanning het omgekom.

Die vliegtuig het as die Helderberg bekend gestaan.

Die Helderberg
Na 'n uitgebreide soektog is een van die vlugdata-opnemers op 'n diepte van 4 900 meter opgespoor. 

Die amptelike ondersoek na die ramp is deur regter Cecil Margo gelei. Die ondersoekspan kon nie vasstel wat die oorsaak van die brand was nie. Dit het gelei tot verskeie samesweringsteorieë wat selfs vandag nog opslae maak.

As 'n toentertydse skakelbeampte by die Suid-Afrikaanse Lugdiens was een van ons inwoners, Alet Erasmus (#120), ten nouste betrokke by die gebeure wat op die ramp gevolg het.

Alet Erasmus
Alet vertel dat sy op 15 Desember 1987 opdrag ontvang het om sonder verwyl 'n vliegtuig na Mauritius te haal. Haar taak op die eiland sou wees om die skakelwerk tussen die Suid-Afrikaanse Lugdiens, die openbare media en die naasbestaandes van die slagoffers te behartig.

"Te midde van al die spanning en hartseer," vertel Alet, " was daar ook enkele ligter oomblikke."

Hulle, die span van die Suid-Afrikaanse Lugdiens en die Amerikaners wat kom help het met die ondersoek na die ramp, het 'n kantoortjie in Port Louis gedeel. Port Louis is die hoofstad van Mauritius. Die maaltye was nie altyd te waffers nie. Hierbenewens het 'n visreuk oor die hawestad gehang wat nie juis bevorderlik vir hulle eetlus was nie.

"Dit was dus 'n heerlike uitkomkans," vervolg sy, "toe die kaptein van die Suid-Afrikaanse Vloot se voorraadskip, Tafelberg, sy helikopter gestuur het om my na die skip te neem om middagete saam met hom te geniet. Hy was baie galant en die kos was uit die boonste rakke. Tog was die helikopterrit die hoogtepunt van die hele operasie!"

Alet het in 1985 'n Sielkunde-honneursgraad aan die indertydse Randse Afrikaanse Universiteit verwerf. Sy het jare lank onderwys gegee. Ten tye van haar aftrede in 2013, was sy 'n Afrikaans-onderwyser aan die Settlers Agricultural High School naby Warmbad.

Sy is sedert 2013 in Warmbad Renaissance woonagtig.

Sunday 6 April 2014

Inwoners getrakteer

Die oord se Sosiale Aksie het die inwoners onlangs op 'n heerlike noenmaal getrakteer.

Saturday 29 March 2014

Oord kry eersdaags watermeters

Die vermorsing van water was sedert die ontstaan van die oord ‘n groot bron van kommer. 

Tuesday 25 March 2014

The legend of Buiskop

Buiskop, situated approximately six kilometres north of Bela Bela, is a well known landmark in the area. It was used as a halfway house during the Republican days for the mail coach that travelled between Pretoria and the former Pietersburg.

Monday 24 March 2014

We are now on-line

Our computer in the administrative office has been upgraded. We have also acquired an e-mail address. Contact us on warmbadrenais@gmail.com

Wednesday 12 March 2014

Só bespaar 'n tuinier water in die Bosveld


Die skrywer van hierdie artikel, Piet Combrink
"Van vandag af begin ons in die aarde se natuurlike kapitaal delf," het die Wêreldnatuurfonds (WWF) in ‘n verklaring gesê wat verlede jaar in Beeld gepubliseer is.

Friday 28 February 2014

Management Committee meeting - 27 February 2014

BULLETIN 4/2014
 
Introduction
The purpose of this Bulletin is to inform residents about the most important issues that were dealt with at the Management Committee meeting held on 27 February 2014.

Wednesday 26 February 2014

D J Opperman, my inspirasie.

"Meneer Opperman was in 1943 my Afrikaansonderwyser toe ek 'n st. 9-leerling aan die Hoërskool Voortrekker, Pietermaritzburg, was," vertel die 86-jarige Tienie Botes met 'n onthou-blik in haar oë.

Monday 24 February 2014

Oom Herman herleef die aanslag op die lewe van dr. H F Verwoerd.

Oom Herman Potgieter (85) het in 2007 saam met sy eggenote, tant Drienie, hulle intrek by #73 geneem nadat hy die tuig neergelê het as 'n vooruitstrewende wildboer in die Ellisras-distrik. Tant Drienie het hom in 2009 ontval.

Friday 21 February 2014

Palms Renaissance, 'n heenkome vir vele.

Die ingang tot 'n oase van netheid, puik organisasie, geborgenheid, rus en kalmte 
Palms Renaissance was voorheen die Palms Hotel. Die naam van die oord is waarskynlik ontleen aan die indrukwekkende gekleurde vensters met 'n palmmotief van die ruim eetkamer waar drie etes per dag aan die inwoners voorgesit word.

Sunday 16 February 2014

Frikkie en die nagapies

Frikkie Minny (#136) is 'n natuurliefhebber wat intense genot put uit die dierelewe wat in en naby ons oord aangetref word. 

Saturday 15 February 2014

Inwoners vier Valentynsdag

'n Aantal Warmbad Renaissancers het Valentynsdag op 14 Februarie gevier.

Friday 14 February 2014

Teater in die bos

'n Groepie Warmbad Renaissancers het onlangs 'n vertoning van Ballade van 'n banggat by die Tsekama-oord hier naby, bygewoon. 

Thursday 13 February 2014

Nuwe aankomelinge

Hennie en Nellie Stoop van #91 het onlangs vir die tweede keer binne drie maande die wonder van die voëllewe in ons oord eerstehands beleef toe 'n rooibeklyster in 'n blombak op hulle stoep eiertjies gelê, uitgebroei en drie kleingoed grootgemaak het.

Thursday 6 February 2014

Strydros lê die tuig neer

Johnny Meyer, wat sedert 2005 die funksie as voorsitter van die Warmbad Renaissance Bestuurskomitee vervul het, het pas uitgetree. 

Sunday 2 February 2014

Ons is op facebook


Die Renaissance-webjoernaal móés uiteindelik swig voor die aanslag van die sosiale media: ons het 'n facebook-blad vir ons oord geskep. Klik HIER om dit te besoek.

Terwyl julle daar is, like ons gerus. Ons sal dit ... wel ... like!




Wednesday 29 January 2014

The Gymnogene

The Gymnogene, also known as the African Harrier-Hawk (Afr. Kaalwangvalk), is an occasional visitor to the beautiful indigenous trees and abundant birdlife of our retirement village.

Monday 27 January 2014

Piet se passie

Warmbad Renaissancers het al vir Piet Combrink (Eenheid 6) leer ken as 'n passievolle omgewingsbewaarder. Hierin word hy met oorgawe deur sy wederhelfte, Amy, ondersteun.

Friday 24 January 2014

Roy was there

On May 1, 1960, a U-2 flight piloted by Captain Francis Gary Powers disappeared while on a reconnaissance flight over Russia.

Tuesday 21 January 2014

Bloues and Stompie

Chris and Anne Sadler live in Unit 38.

Wednesday 15 January 2014

Eerste straatbraai van 2014

Een van die gesellige tradisies van ons oord is die straatbraai.

Saturday 11 January 2014

Nuusbrief

Renaissance se eerste nuusbrief het in Julie 1996 verskyn - toe Bela Bela nog Warmbad was.

Monday 6 January 2014

Corrie se orrel

In Corrie en Pat Pretorius (eenheid 133) se voorhuis staan 'n kosbare kleinnood: 'n gerestoureerde Thomas-harmonium.

Saturday 4 January 2014

The Arrowmarked Babbler

Arrow-marked babblers (Turdoides jardineii) are noisy birds that are a feature of gardens in our village. In Afrikaans they are known as Pylvlekkatlagters.

Friday 3 January 2014

Do we meet the criteria?

At this time of the year many people have already retired and have settled into their place of retirement or are considering the possibility of doing so.

A recent interview conducted by Martelize Brink on RSG about retirement issues, drew attention to the factors one should take into account when selecting a place to live after assuming retirement.

Wednesday 1 January 2014

Inwoners groet 2013

Op 31 Desember 2013 het die inwoners van die Renaissance Aftree-oord op Bela Bela, 2013 met 'n gesellige vleisbraaiery gegroet.

Die onderstaande foto's beeld die geleentheid uit.