Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 26 November 2014

Die uittredende voorsitter lewer sy jaarverslag

In die laat tagtigerjare het Renaissance Ontwikkelings (Edms.) Bpk. besluit om hulle vyfde sekuriteitsaftree-oord in die legendariese rustigheid van die skilderagtige Bosveld te ontwikkel. En siedaar: Warmbad Renaissance.

Dis onvermydelik dat mense sal wonder waarom die ontwikkelaar juis op die naam "Renaissance" vir sy eiendomsontwikkelingsmaatskappy besluit het. Watter verband bestaan daar tussen hierdie benaming in die 20ste eeu en die gelyknamige kulturele beweging wat in die laat Middeleeue in Italië begin het en daarna na die res van Europa versprei het?

'n Voormalige voorsitter van die Bestuurskomitee van Warmbad Renaissance, Nato Britz, het die verband in 2001 só beskryf: "Kyk ons na die geskiedenis van die woord 'Renaissance' dan verkies ek die verklaring herlewing of born again. Dit is tog immers wat hier in Warmbad Renaissance plaasvind. Ons het almal die eerste fase van ons lewe afgesweer en 'n tweede, nuwe, lewensfase betree."

After a period of approximately 22 years, life in our village has assumed a set pattern. Gevolgliklik het die werksaamhede van die Bestuurskomitee hoofsaaklik 'n geykte werkwyse gevolg.

Nonetheless, 2014 has produced a few innovations. 

The installation of water meters, which started in May, has been accomplished. From next year residents may use as much water as they please if they are prepared to pay for it.

Die Bestuurskomitee het vanjaar die infrastruktuur goedgekeur om kommunikasie na binne en buite te bevorder; om positiewe inligting oor ons oord bekend te stel. Hiervoor beskik ons nou oor 'n webtuiste, 'n webjoernaal (blog) en 'n facebook-blad wat met mekaar ge-link is.

'n Groot verbetering in die Administratiewe Beampte se produktiwiteit is teweeggebring deur die opgradering van haar rekenaar en toegang tot die internet. Jacky is now enabled to provide persons, who need information about our village, with a link to our website rather than disseminating reams of printed material.

A brand new copier cum fax machine cum document scanner that is linked to the Administrative Officer's PC, was also recently installed.

With effect from 1 November 2014 the Administrative Officer's job description has been changed to include the co-ordination of maintenance tasks. To this end her working day has been extended by one hour. Her remuneration has been increased accordingly.

William Baloyi sal op 1 Januarie 2015 diens aanvaar as ons Faktotum. Die Bestuurskomitee het geoordeel dat hy die aangewese persoon vir die posisie is aangesien hy na 18 jaar die oord goed ken en hy die respek en geneëntheid van die meeste inwoners geniet. Boonop het Louis van Wyk hom geleer om min of meer alles wat kán breek, heel te maak.

Die bedoeling met die Administratiewe Beampte se bykomende funksie en die Faktotum se aanstelling is om Louis van Wyk se taak ligter te maak. Hy sal voorlopig nog steeds toesig hou oor die onderhoudsaspek.

En laastens is 'n besluit wat in 1992 deur 'n ad hoc-komitee van die Bestuurskomitee geneem is om ons strate na voëls te vernoem, ten uitvoer gebring.

Next, I would like to pay tribute to the Management Committee of 2014. 

We need reminding that the day to day management of our picturesque retirement village is the responsibility of a Management Committee, a group of residents who are elected by you each year to assume the ultimate responsibility for the proper management and conduct of the affairs of  our village. We also need reminding that they do so unselfishly and at no cost to residents.

Dimmie Smith het in die middel van die jaar verantwoordelikheid vir die nuutgeskepte Administrasie-portefeulje aanvaar. Sy taak was om as die skakel tussen die Administratiewe Beampte en die Bestuurskomitee op te tree.

Piet Combrink is verantwoordelik vir die Bewaringsportefeulje. Hy en sy helpers, Isabel Hattingh, Lang Daniël en Thomas slaag uitmunted daarin om die voorkoms van die terrein op peil te hou.

Every day we reap the benefits of a superior brand of security. The driving force behind our security system for the past five years has been Pat Pretorius who is responsible for the Security Portfolio.

Louis van Wyk is verantwoordelik vir die Onderhoudsportefeulje. Ek sien swarigheid vir ons oord as hy die dag besluit om sy bromponie se sleutels op te hang.

Lirpa Kuntz was recently co-opted to the Management Committee to assume responsibility for the Financial Portfolio. As a no-nonsense former teacher of commercial subjects and businesswoman, she has brought expertise and an even-tempered demeanour to the position.

Elsa Erasmus was also recently co-opted to the Management Committee. Alhoewel 'n portefeulje nog nie aan haar toegewys is nie, is sy 'n uiters veelsydige persoon wat in die nuwe jaar goed aangewend sal kan word.

Corrie Pretorius en haar Sosiale Aksie-komitee, asook 'n span flink raakvatters het vanjaar 15 stylvolle, bekostigbare funksies aangebied wat elk deur gemiddeld meer as 100 inwoners bygewoon is. Ek het min mense in my lewe ontmoet wat 'n sosiale funksie beter as Corrie kan organiseer.

I have produced quite a few newsletters in my time. I can therefore vouch for the fact that John Scheepers has put much thought and effort in producing our bi-monthly newsletter. John het ook vanjaar ons oord se DSTV-pakkette bestuur.

Werner Pauw is die ontwikkelaar en die eienaar van heelparty wooneenhede in die oord. Hy het oudergewoonte 'n onmisbare rol in die Bestuurskomitee vervul. Ek het algaande groot waardering ontwikkel vir die vlugheid van begrip en goeie oordeel wat hy deurgaans aan die dag gelê het. Die leiding wat hy gegee het vanuit sy perspektief as 'n regspraktisyn, was van onskatbare waarde.

Ons bestuursagent, Reanett Bezuidenhout, beklee eweneens 'n allerbelangrike posisie. Sy het vanjaar weer eens die oord se fondse baie goed bestuur. Ons kan gerus slap want ons geld is in goeie hande.

Ons Sekretaris, Braam Cilliers, was vanjaar 'n ware staatmaker; 'n lojale en wyse man vir wie ek vanjaar meermale as 'n klankbord gebruik het. Braam is volkome toegewy aan die belange van ons oord en sy mense. Ek koester die hoogste agting vir hom.

I would also like to commend two persons who did not serve on the Management Committee, but played a significant role in the well-being of our residents.

The first one is Hester Botes. Hester het vanjaar weer eens ons oord se biblioteek stilweg, dog met groot toewyding behartig. Sy het haar dit vanjaar ten doel gestel om die boekvoorraad uit te brei - 'n doelwit wat sy weldeeglik bereik het. 

The second persoon is Jacky Putter, our Administrative Officer. The bulk of the administration of our village is her responsibility.  Jacky doen haar werk met groot toewyding. Trouens dis my oorwoë mening dat die oord sal inplof as sy eendag sou besluit om haar heil elders te soek - a prospect that is too ghastly to contemplate.

Ons het vanjaar ons gewone kwota lief en leed ervaar. Inwoners en voormalige inwoners wat oorlede is, is die hartseer sy van die munt. Maar dan was daar ook die keersy wat genoegdoening gebring het: 26 nuwe intrekkers.

Ek moet bieg dat ek aan die begin van die jaar die benoeming as voorsitter van die Bestuurskomitee teësinnig aanvaar het. Die aanvaarding deur en die goeie gesindheid van die oorgrote meerderheid inwoners was egter deurgaans vir my 'n riem onder die hart.

MAAR, ek voel aan aan my bas dat ek my sell-by datum bereik het; dat ek my plig vanjaar vir volk en vaderland gedoen het. Ek het die Bestuurskomitee reeds ingelig dat, alhoewel ek bereid is om aanstaande jaar in die komitee te dien, ek 'n benoeming as voorsitter vir 2015 van die hand sal wys.

Dr. Barry Vosloo
26  November 2014

No comments:

Post a Comment