Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 24 June 2014

Kyk-en-koop-oggend ontwikkel tot kuns- en handwerkuitstalling

"Die aanvanklike bedoeling met die Kyk-en-koop-oggend," sê Corrie Pretorius, Voorsitter van die oord se Sosiale Aksie-komitee wat die geleentheid gereël het, "was om inwoners die geleentheid te bied om hulle tuisgemaakte ware te koop aan te bied."

Maar watwou, wat aanvanklik begin het as 'n vlooimark, het gou 'n geleetheid geword waartydens die inwoners hulle pragtigste kuns- en handwerk denkbaar uitgestal het.

Inwoners kuier gesellig met 'n koppie tee en versnaperinge in die hand tydens die Kyk-en-koop-oggend.
Diegene wat die geleentheid bygewoon het, was in vervoering oor werk wat gewissel het van fraaie lintborduurwerk en knipselkuns tot skilderkuns en robuuste houtdraaiwerk. Verbluffend.

Foto's kan kwalik reg laat geskied aan die geleentheid. Maar wie kla nou? Hieronder probeer ons om die omvang van die geleentheid uit te beeld.

Floris en Annetjie van Vreden staan trots by Annetjie se lint- en lang- en kortsteekborduurwerk 
Jean en Jan van Blerk by sommige van Jan se skilderye. Hulle hou 'n selfportret van Jan vas
Wendy Stone proudly showing off her magnificent quilts
Niks staan vir Raaikie Minny se hande verkeerd nie
Fietjie Moolman noem haarself 'n Jack of all trades, but master of none. Min stem saam met haar, want haar mosaïekwerk is iets besonders
Esther Limbach en haar houtsneewerk. Esther gebruik jelutong-hout wat uitnemend geskik is vir aktiwiteite soos houtsneewerk
Roger and Joy Kennard is a talented couple. Joy excels at quilting and cross-stitching, while Roger uses indigenous wood to create beautiful bowls
Helena de Wet se kwiltwerk is 'n lus vir die oog
Annatjie Swart skilder graag en doen ook lintborduurwerk
Lirpa Kuntz brei graag. Haar ingelegde groente is ook baie gewild in die oord
Miriam Scheepers by haar uitstalling van tuisgemaakte artikels
Fietjie Moolman ken 'n mooi Afrikaanse woord vir scrapbooking. Sy noem dit knipselkuns. Sy het onder andere haar familiegeskiedenis op hierdie wyse saamgestel
Baby van Wyk hekel doilies, brei en doen die pragtigste lang- en kortsteekborduurwerk
Didie Vickery spesialiseer in piouterwerk
Hennie en Nellie Stoop. Hennie doen tokreenwerk en Nellie maak geleentheidskaartjies
Alet Botha se skilderye is iets om te aanskou


No comments:

Post a Comment