Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 28 June 2023

'n Paar komiese antwoorde, deur A.G Visser.

  

Spesiaal vir pensioenarisse op die vraag:

Hoe gaan dit?


1. Baie goed... ek het vanoggend darem mos bo di grond wakker geskrik.

2. Wel, op gestaan en self aangetrek.

3. Ni te goed ni... ek het soveel pyn dat ek ni eens plek het vi almal ni.

4. Ag my Vriend, ek kla ni oor my pyne ni, want ek kry dit verniet.

5. Dit gaan baie goed, elke pyn is op sy regte plek.

6. Ek is darem nog padwaardig, maar moet net ni my "bonnet" oop maak ni.

7. Wel wel wel, ek kners op my agter tande en glimlag met my voortande.

8. Ek voel vandag soos 'n kriek wat Doom ingekry het, ek beur al na di een kant toe.

9. Dit gaan op-en-af en heen-en-weer soos met 'n bak jellie wat onrustig is.

10. Dit gaan tussen sleg en verskriklik.

11. Ek druk deur, al maak dit seer.

11. Nuwe Intrekkers die laaste paar maande

 

 Neels en Joanne Putter (E54)

Dié twee is oorspronklik van Potchefstroom.  Vir die afgelope 4 jaar, handhaaf hulle ‘n tipiese nomadiese leefwyse, want die karavaan was hul ‘huis’.

Neels en Joanne is lankstaan kampeerders.  Hulle kan tot drie maande op ‘n plek staan en verken dan die omgewing behoorlik.  Hulle het al die Weskus, Kuilsrivier, Sedgefield, Natal, Drakensberge, Scottburgh en Swadini beleef.  Tydens hul chroniese vakansie-ingesteldheid, is albei passievol oor voëls, naaldekokers en skoenlappers. Hulle neem foto’s en deel hierdie inligting met Virtual Museum.  Van die 962 Suid-Afrikaanse voëlsoorte, het hulle al 460 gefotografeer en van die 163 soorte naaldekokers, het hulle al 91 opgespoor.

Hennie de Villiers was ‘n kennis van Neels, en sowat 18 maande gelede, het Neels die huis by Hennie gekoop.  Die huis is heeltemal oorgedoen en hulle is uitéindelik tevrede.  1 Mei word die karavaan gehaak om die langpad aan te durf Swadini toe.  Beslis ‘n ‘lock up and go’ tuiste hierdie!

Willie en Kitty Abrie (E59)

Willie en Kitty was vir 30 jaar woonagtig op Steelpoort, waar Willie werksaam was.  Daarna het hulle vir tien jaar op die koue Bethal gewoon.

    Hulle kamp graag en het al verskeie kere in Bela Bela gekampeer, dus bekend met die klimaat en die omgewing.   Om die koue vry te spring, was die besluit om hierheen te verhuis, maklik.  Hulle het eers in Caritas belanggestel, dit wou nie realiseer nie en het uiteindelik in Renaissance beland. Hulle het vier kleinkinders en hul dogter is woonagtig op Lydenburg. Albei hou van tuinmaak en hou hulself besig in en om die huis.



Isabella Behrens (E19)

Isabella het tot rus gekom in ons oord.  Vir jare het sy daar gegaan waar die lewe haar lei.  Nadat haar man oorlede is en die kinders (twee seuns en ‘n dogter) groot is, is sy Natal toe.

Sy het daar vir ‘n Noorweër ‘n plaas bestuur (uitvoer-piesangs) vir vyftien jaar met 160 werkers onder haar toesig.

Haar een seun en dogter woon op Warmbad en dit is hoe sy hier beland het.  Geen ouetehuis vir haar nie, nee dankie.

‘n Bloubul wat op hoogte bly wat landsake betref.  Sy stap graag en wil graag inskakel by die oord se aktiwiteite.