Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 28 April 2014

Bestuurskomitee vergader weer eens

Let asseblief daarop dat die ondervermelde enkele uittreksels is uit die ontwerp-notule van die maandelikse Bestuurskomiteevergadering van 24 April 2014. Aangesien dié dokument eers op 29 Mei 2014 bekragtig sal word, is dit dus moontlik dat klein wysigings dan aangebring kan word.

Die Bestuurskomitee in sitting
Die Bestuurskomiteelede is weer eens bedank vir die onbaatsugtige diens wat hulle in ons belang lewer. 

Ons tuindienstekontrakteur sal versoek word om 'n vier meter-breë brandbaan al langs ons westelike grensdraad te sny.

Louis van Wyk en sy span vorder fluks met die aanbring van 'n besproeiingstelsel in die parke. Braam van Wyk, die kontrakteur wat ingevolge 'n Spesiale Besluit op 25 Maart 2014 aangewys is om die watermeters te installeer, is nog olik en sal waarskynlik eers ná 5 Mei met die werk kan begin.


Die goedversorgde parkies is 'n sieraad vir ons oord
Die afbakening van parke bly voorlopig ooreenkomstig die mandaat wat op 27 Maart 2014 tydens die Spesiale Algemene Vergadering van die inwoners verkry is. Dit beteken dat die Bestuurskomitee moeilik daartoe sal instem dat ander gebiede op die terrein in parke omskep word.

Die gekleurde gedeeltes (pienk en blou) toon die posisie van die afgebakende parke aan
Die Bewaringskomitee onder leiding van Piet Combrink het onderneem om 'n droogtebestande tuintjie langs die diensbussie-afdak, tussen die westekant van Die Nes en die straat, aan te lê.

Die droogtebestande tuintjie sal hier aangelê word. Piet Combrink het 'n paar kundige inwoners betrek om hom te adviseer. Langs Piet staan Rita Vosloo en dan volg Rina Bezuidenhout, Isabel Hattingh, Miriam Scheepers en Amy Combrink
Die oord ondervind 'n tekort aan toepaslik-gekwalifiseerde bestuurders van die diensbussie. Inwoners word vriendelik versoek om met Dimmie Smith (tel. 014 736 5450) in verbinding te tree as hulle kan help.

Waarskynlik die belangrikste besluit wat tydens die vergadering geneem is, is die aanwysing van 'n Ad hoc-komitee om ondersoek in te stel na die moontlikheid om 'n faktotum in diens te neem. Dié persoon sal ondere belas word met algemene onderhoud, die interne tuindiens, asook administratiewe take soos die lees van elektrisiteitsmeters, watermeters (later) en toesig oor die swart personeel.

No comments:

Post a Comment