Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 2 July 2014

Bestuurskomiteevergadering van 27 Junie 2014

Die ondervermelde aangeleenthede het op 26 Junie 2014 tydens die maandelikse Bestuurskomiteevergadering aandag geniet. 

Ingangshek van die besbewaarde geheim in die Bosveld!
Volgens die Bestuursagent is ons oord se finansies steeds gesond. Die finansiële state vir die jaar geëindig 31 Desember 2013 lê by Jacky ter insae. 'n Algemene Vergadering sal op 28 Augustus 2014 gehou word om die state in oënskou te neem.

Watermeters is reeds by 45 wooneenhede aangebring.

Ons verdien 'n klop op die skouer. Ons het vandeesmaand minder water as die begrote volume verbruik.

Inwoners wat alleen woon word aangeraai om die noodknoppie byderhand te hou ingeval hulle om een of ander rede hulp wil ontbied. 

Noodknoppie
Die aanstelling van 'n faktotum met ingang van 1 Januarie 2015, is goedgekeur. Hy sal verantwoordelik wees vir die onderhoud van geboue, die gemeenskaplike terrein (insluitend parke) en toerusting, en onder toesig van Louis van Wyk en Piet Combrink werk.

Goedkeuring is verleen vir die ontwikkeling van 'n Renaissance-webtuiste. Die hoofdoel daarvan sal wees om ons oord te bemark. Dit sal u ook die geleentheid bied om u eenheid daarop te adverteer indien u nie van die dienste van 'n eiendomsmakelaar gebruik wil maak nie. 'n Klein bedrag sal gehef vir die plasing van 'n advertensie.

No comments:

Post a Comment