Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 29 April 2019

Uit ons fotoargief

Die oord het die afgelope vyf  jaar meer as 1 100 foto’s in sy argief vergader. Hieronder verskyn drie wat waarskynlik van die interessantste is.

Inwoners word bekoor deur die sjarmante kinders van die Laerskool Hennopspark se Ainos Christelike Revuegroep
Hier pronk een van ons veiligheidswagte, Frans Matjila, met een van sy drie silwer medaljes en sy groen Comrades-nommer
Die oord se tamboernooientjies van 1996

Sunday 28 April 2019

Our security beefed up

It stands to reason that the safety of our residents is one of the main priorities of the Management Committee. It is therefore committed to provide the best possible security measures that are also affordable.

Although our security fence may not be the best looking in town, it is supplemented by razor wire, motion-activated security lights on the western boundary and part of the northern boundary, as well as ultra violet (UV) beams on the outer perimeter of our village.

Our security fence showing the razor wire
Motion-activated security lights
If the UV beams are breached, an alarm goes off in the gate house as well as the offices of Galven Security (the company that has been contracted to provide security in the village) indicating the zone where the intrusion has occurred. If necessary, armed security personnel are deployed immediately. In addition, a security guard patrols the grounds at irregular intervals at night.

The Management Committee has recently approved the installation of CCTV cameras at the main gate as an added security precaution. 

The CCTV display screen and other paraphernalia. Security guard Kenneth Manganyi admires the equipment
The cameras monitor and record details of vehicles and persons entering and leaving the village 24/7. The CCTV system cannot be affected by load shedding as it has its own back-up battery system.

Wednesday 24 April 2019

Oord verwelkom Johan en Adri Nel

Johan en Adri Nel (E6) het van vriende op Settlers verneem van ons oord. Hulle het kom ondersoek instel en gevind waarna hulle gesoek het: ʼn gerieflike wooneenheid in ʼn goedversorgde en veilige aftreeoord waar die vriendelike inwoners vir mekaar omgee.

Nuwe inwoners Johan en Adri Nel
Adri (74) is in Bloemfontein gebore, maar het op haar se ouers se plaas in Vaalwater grootgeword. Nadat sy in 1962 aan die Hoërskool Nylstroom gematrikuleer het, het sy ʼn bankamptenaar geword.

Johan is 75 jaar gelede in Brakpan gebore waarna hy saam met sy ouers na Rusape in die oostelike deel van die voormalige Suid-Rhodesië getrek het. Hy het sy eerste skooljare aan die Bothashofskool in Salisbury deurgebring voordat hy in 1961 matriek aan die Hoërskool Pietersburg behaal het. Hierna was hy ʼn tabakboer op Vaalwater voordat hy sy plaas in 2000 verkoop het en tot sowat vyf jaar gelede ʼn boukonstruksiesaak op Lephalale bedryf het.

Johan en Adri het mekaar op Vaalwater ontmoet, verlief geraak en 53 jaar gelede getrou. Hulle het 4 kinders en 4 kleinkinders.


Monday 22 April 2019

Die geskiedenis van ons dorp - Die legende van Buyskop

Ons het voorheen die historiese skakel tussen ons dorp en die Slag van Bloedrivier beskryf. Klik HIER om toegang te verkry.

Vandeesmaand vertel ons van die skakel tussen tussen Bela-Bela en die Langkloof in die Oos-Kaap waar Coenraad de Buys in 1761 op ‘n plaas naby Kareedouw gebore  gebore is. Die Langkloof is sowat 1 350 km. vanaf Bela-Bela.

Coenraad de Buys se geboorteplek
Die flapteks van Willem Anker se roman Buys, ʼn eerstepersoonvertelling, beskryf Coenraad de Buys soos volg: “Vanaf die Langkloof swerf die legendariese Buys deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Hy is trekboer, grootwildjagter, Koning van die Basters, sewevoet-rampokker, veelwywer en pes van die owerheid. Oral verwek hy kinders [volgens oorlewering sowat 315]; oral sluit rowers en weglopers by hom aan – ʼn ganske Buysvolk. Hy steel vee en vroue, smokkel gewere, sweep grensboere op teen die VOC en al wat Empire is.”

Coenraad de Buys
In die vroeë negentiende eeu bevind hy en sy meelopers hul in ʼn gebied wat hulle bekoor. “Ons [sien] ʼn stoomwolk uit die aarde oprys in ʼn kokende moerasland oortrek met palmiet. Die berge is fraai hier, groot en blou en oral.”

Dié plek sou later bekend staan as Bela-Bela.

Getrou aan hul aard, het konflik gou tussen De Buys-hulle en die Tswanas ontstaan sodat eersgenoemde moes vlug, “op teen ʼn spits koppie wat in die veld lê soos ʼn duttende leeu. Ons klouter teen die agterlyf, tussen die skouers voort en dan steiler op, deur die ruie maanhare van bos tot by die bonkige kroon. Hul grote ontsag vir ons vuurstokke se donderwerk hou hulle weg van die kop af. Op die sewende dag is ons sonverbrand en sat. Die laaste druppel water is reeds ʼn dag gelede gedrink en van reën is daar geen sprake nie.” Namate hulle water opgeraak het, het De Buys-hulle hul urine in hul watersakke opgegaar.


Die "spits koppie wat in die veld lê soos ʼn duttende leeu"
Op die agtste dag van die beleg staan De Buys op ʼn krans en “bulder ʼn brul op hulle neer. Ek skree dat ek oor toorkragte beskik; dat ek water kan maak hierbo. Ek stort twee watersakke vol urine teen die steilte af. Die swartes swyg. Dan hardloop hulle.”

Dié kop heet deesdae Buyskop.

De Buys en sy volgelinge het mettertyd noordwaarts getrek tot by naby Louis Trichardt waar hulle Buysdorp gestig het. Sy nakomelinge woon vandag nog daar. De Buys is in 1821 oorlede.


Nakomelinge van Coenraad de Buys woon op Buysdorp naby Louis Trichardt
Ander gebeure met betrekking tot Buyskop het ook geskiedkundige waarde. Dié rotsformasie was vroeër die halfpadmerk van die historiese poskoetsroete tussen Pretoria en Pietersburg wat tans as Polokwane bekend staan. Daar is ook grafte wat uit die Groot Trek dateer.

Die kop is ook daarvoor bekend dat die sandsteen wat vir die oprigting van die Uniegebou in Pretoria gebruik is hiervandaan kom.

Monday 1 April 2019

Sosiale aksie wys nuwe ampsdraers aan

Edna Cornelius is onlangs aangewys as die sekretaresse in die plek van Bets Cilliers wat uitgetree het
Elize Yeo neem waar as tesourier in die plek van Linkie Ellis wat ongesteld is