Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 31 August 2020

Shirley is one of our talented residents

Shirley Moore
Shirley Moore (57) was born and bred in Bulawayo, Zimbabwe. She recently moved to our village and lives in U61.

Shirley is a product of the Bulawayo Polytechnic where she studied applied art and design, eventually becoming a qualified textile designer. On completion of her studies, she joined a company named Cotton Printing in Bulawayo where she became the manager of the art studio in due course.

It is not surprising that Shirley is steeped in the world of fine art, particularly painting. She describes her technique as detailed and colourful, using oil as well as watercolours as her mediums. Although she mainly draws her inspiration from photographs, she often accepts commissions.

Shirley hard at work putting the finishing touches to one of her recent paintings
One of Shirley's detailed and colourful paintings
Shirley makes her living selling original paintings, as well as prints of her work. Her telephone number is 078 826 3181.


Sunday 30 August 2020

Oord verwelkom Willie en Petro du Plessis

Willie en Petro du Plessis
Willie en Petro du Plessis het meer as veertig jaar lank op Fourways gewoon voordat hulle besluit het om hulle ruim huis te verkoop en ʼn kleiner woning aan te skaf. Hulle het verskeie opsies oorweeg voordat hulle besluit het om E17 in ons oord te koop en hierheen te verhuis.

Willie (68) is ʼn gebore en getoë Johannesburger. Hy het in 1969 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar gematrikuleer waar hy o.a. die kadetorkes se tamboermajoor was. Hierna het hy die Nasionale Diploma vir Tegnici aan die Wits Technikon verwerf.

Hy het vervolgens verskeie poste as ʼn siviele ingenieurstegnikus beklee voordat hy sy eie onderneming begin het.

Petro (67) is op Oudtshoorn gebore en het in Levubu grootgeword. In 1970 het sy aan die Hoërskool Louis Trichardt gematrikuleer. Hierna het sy die THOD aan die Normaalkollege Pretoria verwerf. Sy was voorts jare lank ʼn junior primêre onderwyseres.

Willie en Petro is in 1980 getroud. Hulle het drie dogters en drie kleinkinders. Al die kinders woon in die buiteland

Saturday 29 August 2020

Alet is een van ons talentvolle inwoners

Alet Botha (E41) is op Delmas gebore en het in Standerton grootgeword. Later het sy ʼn onderwysdiploma behaal aan die Normaalkollege Pretoria.  Kuns was een van haar vakke.

Alet was tot haar onlangse aftrede ʼn onderwyser by Laerskool Warmbad waar sy veertien jaar lank onder andere Wiskunde en Kuns onderrig het.

Alhoewel sy nie op skool kunsonderrig ontvang het nie, het sy van kindsbeen af ʼn buitengewone belangstelling en aanleg daarin getoon. Later het sy vir ses weke lank kunsklasse ontvang.

Olieverf en pastel is Alet se gunstelingmedia. Sy gee voorkeur aan portetstudies. Sy put haar inspirasie uit foto’s.

Een van Alet se portretstudies
Alet staan by een die die etlike landskapskilderye wat sy al geskilder het
Alet bied tans ook kunsklasse aan. Haar telefoonnommer is 073 581 1490

Friday 28 August 2020

Oord verwelkom Susan Visagie

Susan Visagie

Susan Visagie is 76 jaar gelede in Brakpan gebore. Sy het egter op Lydenburg grootgeword waar sy in 1962 aan die Hoërskool Lydenburg gematrikuleer het. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het, het sy ‘n sekretariële pos by die Suid-Afrikaanse Weermag in Pretoria aanvaar.

Kort voor lank het sy en Andrew vir mekaar begin ogies maak. Hulle is in 1964 in Pretoria getroud. Twee seuns en een kleinkind is uit hulle huwelik gebore.

Susan en Andrew het jare lank op Bela-Bela gewoon. Toe hy haar in Junie ontval, was dit feitlik ʼn gegewe dat sy na ons oord sou verhuis. Sy het onlangs haar intrek in E32 geneem.

Tot dusver geniet sy haar verblyf in ons oord. Haar eenheid is gerieflik, die inwoners is vriendelik en sy ervaar die veiligheidsmaatreëls wat deur die oord gehandhaaf word, as gerusstellend.