Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 23 February 2015

Tot siens Pat en Corrie

Pat (70) en Corrie (67) Pretorius van Eenheid 133, het verhuis.

Monday 16 February 2015

Gawe nuwe inwoners

Hennie (75) en Ilse (68) Kotzé het onlangs hulle intrek in Eenheid 52 geneem.

Friday 13 February 2015

We celebrate St. Valentine's Day

St Valentine's Day has its roots in several different legends that have found their way to us through the ages.

Sunday 8 February 2015

Oom Berend groet

Ons oudste en een van die mees gerespekteerde inwoners, die 95-jarige oom Berend Wierenga, het besluit om na Rusoord te verhuis. Rusoord is 'n bekende tehuis vir bejaarde persone in Bela Bela.

Saturday 7 February 2015

Dankie oues, welkom nuwes

Die Bestuurskomitee van ons oord het onlangs die uitgetrede lede wat in 2014 gedien het, gegroet en die inkomelinge verwelkom. Uiteraard was die eggenotes ook teenwoordig.

Die foto's hieronder bied 'n oorsig van die verrigtinge wat op die stoep van een van die
oord se twee ontspanningslokale plaasgevind het.

Die nuwe voorsitter van die Bestuurskomitee, Johnny Meyer, heet die aanwesiges welkom
Hulle vorm in 2015 die voorste linie. V.l.n.r. verskyn Gerhard van Rooyen (Ondervoorsitter), Lirpa Kuntz (Sekretaris) en Johnny Meyer (Voorsitter)
V.l.n.r. verskyn Louis van Wyk, Elsa Erasmus en Marie Snyman

V.l.n.r. verskyn Didie Vickery, Demmie Smith, Mel Smith en Bettie Derbyshire
In die gewone volgorde verskyn Bets Cilliers, John Scheepers, Miriam Scheepers en Braam Cilliers
V.l.n.r. sit Gerhard van Rooyen, Annatjie van Rooyen, Willie du Plessis, Hester Botes en Annatjie du Plessis

Tuesday 3 February 2015

Oos, wes, Warmbad Renaissance bes

Desmond en Isabel Brooks het onlangs na Warmbad Renaissance verhuis. Hierdie vriendelike egpaar kom van Tzaneen af waar hulle 35 jaar lank gewoon het.