Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 29 October 2014

Nóg 'n droogtebestande tuin in wording

Kyk, die Bosveld is 'n wonderlike plek om te woon. Maar as die reën wegbly soos vanjaar, kan die wêreld hierlangs bra ongenaakbaar wees.

Bosvelders glo dat dit eers kom reën nadat oom Paul op 10 Oktober verjaar het. Dis vandag 19 dae later en, buiten sewe druppels hier en tien daar, bly dit warm en droog en die oord se tuine kry swaar en die water is min.

Maar daarvoor het Piet Combrink en sy helpers raad: lê nóg 'n droogtebestande tuin aan. Dan maak min water nie saak nie.

Piet het die eerste  droogtebestande tuin in die oord aangelê. Ten spyte van die huidige droogte vertoon dit pragtig.

Piet is baie trots op  sy eerste droogtebestande tuin.
Vroeër vanjaar het Piet en sy helpers die tweede droogtebestande tuin aangelê. Dit is nou reeds mooi op dreef. 

Dié droogtebestande tuin is onlangs aangelê. 
Nou kom een van die parkies in die oord aan die beurt. Isabel Hattingh, Rita Vosloo, Daniël Marakalle en Thomas Masangwane swoeg al dae lank in die Bosveldson om aan hierdie droogtetuintjie vorm te gee.

Thomas, Daniël, Isabel en Rita aan 't werskaf. Jannie Tuindienste het die klippe aangery.
Die voltooide produk. Op die voorgrond is een van die fokuspunte van die tuin: 'n pypsteelboom (Vitex rehmannii). Weens die droogte is hy tans ontdaan van blare.
Louis van Wyk sê hy hou nie toesig nie. Hy dra die koeldrankies aan.

No comments:

Post a Comment