Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 31 January 2019

Lang diens beloon


Die bestuurskomitee het onlangs sertifikate vir tien jaar diens aan Thomas Maswanganye (tweede van links op die foto hierbo) en Daniël Marakalla (tweede van regs)  oorhandig. Hulle het ook elk ‘n bonus van R1 000 ontvang. Thomas en Daniël is tuiniers.

Neels Cornelius (tuine) verskyn heel links, Elsa Erasmus (ondervoorsitter van die bestuurskomitee) staan in die middel en Jadene Horne (tuine) staan heel regs.

Wednesday 30 January 2019

Inwoners sê dankie

    Inwoners bring graag hulde aan die manne en vroue vir die enorme rol wat hulle in die wel en wee van ons oord speel.



Op die foto hierbo verskyn die volgende staatmakers (staande): Flip Dreyer (onderhoud), Abram Lebese (onderhoud), Steven Sephokgole (onderhoud), Neels Cornelius (tuine) en Jadene Horne (tuine). Voor sit Thomas Maswanganye (tuine), Jacky Putter (oord-administrasie), Elsa Erasmus (ondervoorsitter van die bestuurskomitee), Emily Langa (skoonmaker), William Baloyi (faktotum) en Daniël Marakalla (tuine).



Tuesday 29 January 2019

Ons verwelkom nuwe inwoner Dalla Posthuma

Dalla Posthuma

Die veelsydige Dalla Posthuma (73), wat onlangs haar intrek in E112 geneem het, is nie net ʼn gekwalifiseerde wiskundeonderwyser nie, sy was op haar dag ʼn formidabele skolenetbalafrigter op nasionale vlak en ʼn kleremaker van formaat. Les bes is sy tans werksaam by ʼn plaaslike bandeonderneming wat deur haar broer besit word.

Dalla is ʼn boorling van eMalahleni, voorheen Witbank. Sy het ook daar grootgeword en skoolgegaan.

Nadat sy in 1962 matriek aan die Hoërskool Generaal Hertzog geslaag het, het sy vier jaar lank verpleeg voordat sy haar as ʼn wiskundeonderwyser aan die Onderwyskollege Pretoria bekwaam het. Sy het by verskeie primêre en hoërskole skoolgehou voordat sy haar op Bethal gevestig het.

In Bethal het Dalla en Bets de Jager bevriend geraak. Bets het haar juis oorreed om na ons oord te verhuis toe sy begin rondsoek na veilige, bekostigbare verblyf op die platteland. Inwoners sal dalk   onthou dat Bets en Tommie voorheen E112 bewoon het.

Op Kwêvoël se vraag of sy lekker woon, het sy onomwonde geantwoord dat die netjiese terrein, vriendelike en behulpsame inwoners, asook die rustigheid van die platteland wat sy hier ervaar, vir haar heerlik is. Pretoria met sy uitstekende mediese geriewe wat slegs ʼn uur per motor hiervandaan is, is ʼn verdere pluspunt.

Dalla is baie trots op haar drie dogters, agt kleindogters en een agterkleinseun.

Monday 28 January 2019

The history of our town - Early development

The idea of a series about the history of Bela-Bela in Kwêvoël was first mooted by Miriam Scheepers (U48) last year. Miriam (picture top left) also provided a brochure called Explore Bela-Bela, which was published in 2015 by Essential Marketing and Minit Print, a company presently located in the Bosveld Mall. Further sources of information (so far) include websites about the history of Bela-Bela.

Miriam Scheepers
An introductory article was posted in early January. Click HERE to access. Here follows the second instalment.

Archeological and anthropological evidence reveal that Australopithecus africanus hunters lived in the mountains in the vicinity of   Bela-Bela over 2,5 million years ago. Stone Age people followed and later came the early Iron Age migrants.

Australopithecus africanus
The San hunter-gatherers roamed the entire mountain area at this time leaving a record of their passage in exquisite rock art which continues to attract interested people.

San rock art
More recent inhabitants of the Waterberg include the Tswana tribe who first moved into the region in about the 1800s. They were intrigued by the strong mineral springs flowing from the earth. They named the springs Bela Bela, which meansthe pot that boils”. The water from these springs are rich in sodium chloride, calcium carbonate and other salts that are highly beneficial to those suffering from rheumatic ailments. 

The first people of European origin arrived in the area in 1808, to be followed shortly thereafter by missionaries, hunters and traders. Then came the Voortrekker settlers, including Carel Van Heerden who established the first farm in the area. He called the farm Het Bad after the mineral springs. Van Heerden’s grave is in the Voortrekker Cemetery behind the Municipal Offices.

Van Heerden's grave
In 1873 the Zuid Afrikaansche Republiek realised the tourism and recreational opportunities that Het Bad had to offer, purchased the farm and established the town of Hartingsburg.  During the Anglo-Boer War the British annexed Hartingsburg and called it Warm Baths. In 1920 Warmbaths was proclaimed a township (in the legal, not racial sense!). In that year the township was designed by architect John Abraham Moffat. In 1950, it became a magisterial district and acquired town council status in 1960. On 14 June 2002 the South African government officially renamed the town Bela-Bela

Sunday 27 January 2019

Inwoner besoek Concorde-uitstalling

Gerhard van Rooyen (E92), het onlangs ʼn besoek aan sy seun en dié se gesin in Londen gebring. Tydens sy besoek het hulle hom uiteraard na talle besienswaardighede geneem.

Gerhard van Rooyen
As ʼn voormalige vlieënier van mikroligte vliegtuie wat steeds ʼn belangstelling in die vliegkuns koester, het een uitstappie kop en skouers bo die ander uitgesteek:  ʼn besoek aan die Concorde-uitstalling in Brooklands. Die Concorde was ʼn straler wat  vanaf 1976 tot 2003 92 tot 128 passasiers teen ʼn maksikumsnelheid van Mach 2.04 vervoer het.

Die Van Rooyens is gereed om aan boord te gaan
Gerhard verlustig hom aan die Concorde se indrukwekkende stuurkajuit

Wednesday 16 January 2019

Ons verwelkom nuwe inwoner Hermien van den Berg

Die lewe van die 67-jarige Hermien van den Berg het asʼt ware ʼn volledige sirkelgang voltooi. Sy is terug in die Bosveld waar sy die eerste lewenslig as Hermien van Zyl op die plaas Klipspruit in die Waterberg aanskou het. Trouens, sy sê dat dit vir haar soos ʼn tuiskoms gevoel het toe sy onlangs haar intrek in E35 geneem het.

Hermien van den Berg
Hermien het voorheen in ʼn aftreeoord aan die Rand gewoon waar sy gedurig onveilig gevoel het. Ons plattelandse oord met sy goeie veiligheidsmaatreëls is dus vir haar soos manna uit die hemel.

Sy het op Hekpoort grootgeword en in 1969 matriek behaal aan die Hoërskool Bekker wat naby Magaliesburg geleë is.

Nadat Hermien haar skoolopleiding voltooi het, het sy haar deernis vir haar medemens uitgeleef deur ten nouste betrokke te raak as voorsitter van haar kerk se diens van barmhartigheid. Die feit dat sy jare lank as ʼn administratiewe beampte by die NG Gemeente Magaliesburg werksaam was, het veel hiertoe bygedra.

Hermien en Gerrie, haar toekomstige wederhelf, het reeds op skool vir mekaar ogies gemaak. Hulle is in 1972 getroud. Hy het haar egter in 2017 na 45 geseënde huweliksjare ontval. Twee kinders en twee kleinkinders is uit hulle huwelik gebore.

Tuesday 15 January 2019

History of our village updated

The history of Warmbad Renaissance Security Retirement Village has been updated. Go to  https://renaissancebushveldliving.blogspot.com/p/geskiedenis.html and then scroll down to "2018" to view.

Ons verwelkom nuwe inwoners Gert en Ina Diedericks

In antwoord op ons navraag waarom hulle dan juis besluit het om na ons oord te verhuis, was Gert en Ina Diedericks van E22 se reaksie dieselfde as vele nuwe inwoners s’n: ʼn gerieflike wooneenheid, bekostigbaarheid, ʼn rustige en netjiese omgewing, goeie veiligheidsmaatreëls en vriendelike inwoners. Hulle het voorheen in Leeupoort gewoon.

Ina en Gert Diedericks
Gert (80) is in Johannesburg gebore en het in die voormalige Noord-Rhodesië en op Krugersdorp grootgeword. Nadat hy in 1960 aan die Krugersdorp High School gematrikuleer het, het hy hom op die terrein van die chemie toegespits totdat hy in 1997 in Amandelbult as laboratoriumhoof by Amplats uitgetree het.

Gert en sy gesin het ʼn buitengewone belangstelling in omgewingsbewaring. Hy was, onder andere, ʼn ereveldwagter in die hart van die Waterberg by die Marakele Nasionale Park.

Ina (74) is ook in Johannesburg gebore. Sy het op die plaas Elandsfontein, naby Westonaria, grootgeword, dog het in 1962 aan die Hoër Handelskool Welkom gematrikuleer. Ná skool het sy sekretariële werk gedoen. Nadat sy en Gert 53 jaar gelede getroud is, het sy haar hoofsaaklik op tuisteskepping toegespits.

Gert en Ina is die ouers en grootouers van twee kinders en twee kleinkinders.

Wednesday 9 January 2019

The history of our town (introduction)

As indicated previously, a brief series about the history of Bela-Bela will start this month. 


Bela-Bela, formerly known as Warmbaths/Warmbad, is situated in the Bushveld of Limpopo Province. Wikipedia describes the Bushveld as “a sub-tropical woodland ecoregion of Southern Africa” The elevation of this region varies from 750 m to 1400 m.

Incidentally, there appears to be uncertainty about the spelling of the name of our town. Some people refer to it as “Bela Bela” while others prefer “Bela-Bela”. Language expert Alet Erasmus (U46), who proofreads our monthly newsletter, Kwêvoël, says that the preferred spelling is “Bela-Bela”.


A significant mountain range in the region is the Waterberg that stretches from Mokopane in the east to Thabazimbi in the west. 

The name of the range is derived from the sandstone formations that retain groundwater sufficient to make a suitable environment for man and beast. 

As most of the region tends to be dry, the Bushveld is mostly cattle and game farming country.

Sunday 6 January 2019

Ons pasverkose voorsitter se nuwejaarsboodskap

Dirk van den Berg is die pasverkose voorsitter van ons bestuurskomitee. Sy nuwejaarsboodskap aan die inwoners van ons oord verskyn in die Januarie 2019-uitgawe van ons maandelikse nuusbrief, Kwêvoël.

Dirk van den Berg
DIRK VAN DEN BERG skryf: Gedurende 2018 het ons dikwels gehoor: “Die tyd vlieg.”  Die tyd het inderdaad gevlieg en ons staan aan die begin van ʼn nuwe jaar – en die tyd gaan weer vlieg.  Dit is daarom nodig dat elkeen van ons so gou moontlik sy/haar kompas ingestel kry vir die nuwe jaar.

Hierdie kompas moet die liggaamlike en geestelike asook hierdie mooi oord waarin ons bly, aanspreek.  Die eersgenoemde twee is elkeen se persoonlike instelling, maar sover dit die oord aangaan is dit be-langrik dat die kompas voorsiening maak vir onder andere die volgende:
· Verhoudings
· Ondersteuning
· Betrokkenheid
· Lojaliteit
· Samewerking
· Wedersydse respek

Mag hierdie nuwe jaar vir elke inwoner voorspoedig wees en u kompas so gerig wees dat dit tot voordeel van uself en al die inwoners sal wees.

Saturday 5 January 2019

Tuesday 1 January 2019

Tot siens 2018. Welkom 2019.

Inwoners wat met Jan Tuisbly se karretjie gery het, het 2018 op feestelike wyse gegroet en 2019 ewe vrolik verwelkom.

Die onderstaande foto's bied 'n oorsig van die gesellige samesyn.


Getrou aan 'n ou Suid-Afrikaanse tradisie, het die manne eenkant gekuier en gebraai, terwyl die vrouens hulle eie ding gedoen het. V.l.n.r. verskyn Flip Dreyer, Swart, Pieter Bester, Steve van der Merwe, Philip van den Berg, Neels Cornelius en Klaus Kirchner.
Hester Botes hervul Ria Bester se glasie wyn terwyl Isabel Hurter haar beurt afwag

V.l.n.r. ruil John Scheepers, Miriam Scheepers, Klaus Kirchner en Georgia Kircner hulle herinneringe aan 2018 uit
Die milde  reën van bykans 50 mm wat oornag uitgesak het, het hoegenaamd nie 'n demper op die plesierigheid geplaas nie

V.l.n.r. klink Felicity van der Merwe, Ingrid van den Berg, Marie Snyman, Elsa Erasmus (verskuil), Rita Vosloo, Edna Conrnelius, Bets Cilliers en Annatjie van Rooyen 'n glasie op 2018/2019