Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 7 September 2014

Renaissance celebrates the onset of Spring (and the naming of their lanes)

Spring is a time when, in the words of the English poet, Lord Tennyson, "a young man's fancy lightly turns to thoughts of love".

Our residents, however, prefer to give thanks that they have survived yet another winter!

Consequently a large number of residents attended a stylish breakfast, which was served on the veranda of one of our community halls.

Ferdi, Pat en Hennie het gesorg vir die worsies, patties en roereier
Die gaste kuier gesellig saam
Nuwe intrekkers wat die afgelope paar maande gesorg het vir 'n verblydende opwaartse kurwe in ons inwonertal, is spesiaal verwelkom.

Na 'n langerige tydperk van relatiewe traagheid in die verhuring, koop en verkoop van eenhede, is dit met genoegdoening dat ons kan berig heelwat nuwe inwoners onlangs besluit het om van Warmbad Renaissance hulle nuwe tuiste te maak: Mattie Mostert (Eenheid 1), Ans du Plessis (Eenheid 12), Susan Benadé (Eenheid 62), Gerhard & Annetjie van Rooyen (Eenheid 92), Koos & Linda Grobler (Eenheid 95), Tiny & Susan Hitge (Eenheid 101), Marieta Kruger (Eenheid 110), Pieter & Anette Heyneke (Eenheid 125). Philip& Ronél van der Walt (Eenheid 100) neem eersdaags hulle intrek. Hierbenewens het ons ook in Augustus vir Theuns en Tinie Botes (Eenheid 123) terugverwelkom nadat hulle 'n aftree-oord in Pretoria 'n ruk lank geweeg en te lig bevind het. Rina Breytenbach (Eenheid 118) is ook hart en siel terug in ons midde nadat sy dit ernstig oorweeg het om na dieselfde oord te verhuis.

Tydens die funksie het ons ook die oprigting van ons spik-splinternuwe straatnaamborde gevier.

The street names were decided upon in 1992 when an ad hoc committee of the Management Committee proposed that our streets should be named after birds. Names were put forward, but nothing transpired.

'n Artikel wat in Junie 2002 in die Oord se nuusbrief verskyn het, het melding gemaak van die feit dat ons eintlik nie in strate woon nie, maar in lane. Luidens die berig het die toentertydse Bestuurskomitee onderneem om die 1992-besluit te implementer.

Maar nóg het niks gebeur nie. Vanjaar het die Bestuurskomitee egter die bul by die horing gepak en onderneem om werk te maak van die besluit wat 22 jaar gelede geneem is.

Daar sou egter twee noemenswaardige veranderings aan die oorspronklike name aangebring word: Kelkiewynlaan sou Katlagterlaan word omdat die Kelkiewyn (Eng. Namaqua Sandgrouse) nie endemies aan hierdie streek is nie. Hierbenewens is Ibislaan verander na Hadedalaan omdat die Bestuurskomitee geoordeel het dat min mense weet wat 'n Ibis is.

Dié naambord dui Katlagterlaan aan
Instansies wat die funksie geborg het, verdien spesiale vermelding: Secret Eye Security, Oasis Water en Unie Slaghuis.

Corrie Pretorius and her Social Action committee once again organised a pleasant, elegant function.


Corrie en haar span raakvatters het gesorg dat die reëlings vlot verloop. V.l.n.r. verskyn Hester, Corrie, Rita, Lienkie, Lirpa en Didie


No comments:

Post a Comment