Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 26 March 2023

 

 Wie se 'n mens is te oud om blommemeisies te wees! Cathy Fourie van E115 se kleinseun en sy aanstaande het die wonderlike gebaar gehad toe hulle in Januarie getroud is, om hul oumas as blommemeisies te gebruik.

Dit wil gedoen wees. 

Sunday 19 March 2023

Valentynsaand!! 14 Februarie 2023

 Dit was sowaar 'n jolige affere. Almal was gemoedelik, die kos was heerlik en feitlik almal was in iets met rooi getooi. Maskers was die toegang tot die okkasie en almal het prettig saam gespeel.

Aan Esta en al haar funkise groep helpers moet ons 'n pluimpie gee en ek glo almal sal saaamstem dat dit baie goed gereel was. Almal het die baie geniet en van die ou lywe het ook nogal saam gedans met die musiek wat verskaf was.

Ons sien uit na die volgende funksie en glo dit gaan net so puik wees.

          Die tafels keurig gedek                             


Die Organiseerderpaar


Ons Voorsitter en sy vroulief


     Ons Finansiele BK Lid was ook daar!!

 

Die uwe wat nie van fotos hou nie was onkant gevang!

Barry en Rita kuier ook lekker saam!!


 Almal dans te lekker in 'n kring op ons jongdae musiek.



    




Ons Administratiewe Beampte

 Na bykans 13 jaar in die Admin Kantoor van Renaissance het Jackie seker min bekendstelling nodig.

'n Regte besige bytjie is sy beslis. Hier onder is haar storie.



1 April 2010, letterlik ‘n dag voor my verjaarsdag, kry ek ‘n pos by Warmbad Renaissance. Nooit het ek gedink ek sal met groot kinders moet werk nie……(😊) Renaissance is vir my soos my ouerhuis.  Ek verlang maklik tydens Desember so erg dat ek ‘n daggie steel om hier te kom sit en net die gevoel van ouerskap te ervaar.

Ek is baie lief vir motorfiets ry, tuinmaak, oefen en herwinning is my passie.  Ek is ma van 3 kinders:  25, 23 en 20 jaar oud.  My twee kleinkinders is natuurlik die liggies in my lewe.

Ek is Desember 2009 gediagnoseer met 3de fase servikale kanker.  Ek het dit oorleef, dit is my laaste kans en dit het my laat besef dat ek elke liewe dag voluit moet lewe asof dit my laaste is. 

Aan die kinders van al hierdie ouers wil ek dankie sê dat ek hulle ouers met hulle kan deel.   Die gesin waarin ek grootgeword het is almal in die hemel - so in effek het hulle iets wat ek nie het nie (ouers) en ek het iets wat hulle nie het(tyd met hulle).

 Renaissance is my huis, my enigste ouerhuis met baie ouers…..!

Thursday 16 March 2023

Die Voorsitter se Boodskap vir Februarie 2023


Alhoewel dit nou reeds middel Maart is, voel ek Wessie se boodskap van Februarie, vir die wat dit nog nie onder oe gehad het nie, is tog vir almal bedoel en heg dit hierby aan. 
Wessie sê…

 Namens die Bestuurskomitee – baie dankie aan Barry Vosloo wat vir jare lank die Kwêvoël behartig het.  Die nuwe redaksie sal nog by jou kom aanklop vir raad en leiding in die verband.

‘n Meningsopname is verlede jaar gedoen en ons beplan om ‘n paar nuwe idees in werking te stel.  Inwoners word uitgenooi om deel te hê hieraan in die vorm van bydraes en interessante gebeure wat u graag met almal sal wil deel. Die redaksiespan:  Rina du Toit, Alet Botha, Renier de Beer en die uwe.  Hul kontaknommers is in die oord se boekie beskikbaar.  Ons doen ‘n beroep op u dat geen rassisme, kru taal of politiek geduld sal word nie.

Januarie 2023 het nuwe uitdagings gebring.  Na goeie reën in Desember, het die plante – maar ook die onkruid – welig gegroei.  Frik Wasserman en sy span het hul hande vol om voor te bly.baie reën, geen reën, beurtkrag, die watersituasie.  Dieselfde het die instandhoudingspan geraak.  Die huidige waterkrisis is buite ons beheer.  Gerhard van Rooyen en Charles Smit het die munisipaliteit herhaaldelik gekontak – sonder sukses.  Dankie aan NG Moedergemeente  dat die inwoners hul waterkanne daar kon gaan vul.

My opregte dank aan die volgende staatmakers - Rina du Toit en Francois vir die inspeksie van die sekuriteitstelsel, Susan Swanepoel wat ons databasis op datum gekry het en soms afjakke moes verduur, Esta de Beer wat in die diep kant ingegooi is, Lirpa Kuntz en Johan Schreuder wat op kort kennisgewing vergaderings moes bywoon.

Die elektriese motor by die hek is vervang, geute het aandag gekry en die verfprogram duur voort. Daar was ongelukkig ook minder aangename insidente – maar 2023 fokus ons op die positiewe.  Dankie aan die inwoners wat verdraagsaam en tegemoetkomend is.  Dit word waardeer.

 Wessie says……

On behalf of the Management Committee, thanks to Barry Vosloo, who managed the Kwêvoël for many years. The new editors will still come to you for advice and guidance.

An opinion survey was conducted last year, and we plan to implement some new ideas. Residents are therefore invited to participate in this through contributions and exciting events you would like to share with everyone. The editorial team: Rina du Toit, Alet Botha, Renier de Beer and yours truly. Their contact numbers are available in our booklet. We appeal to you that no racism, crude language or politics will be tolerated.

January 2023 brought new challenges. After good rain in December, the plants - but also the weeds - grew luxuriantly. Frik Wasserman and his team have their hands full to stay ahead. Lots of rain, no rain, load shedding, the water situation. The same affected the maintenance team. The current water crisis is beyond our control. Gerhard van Rooyen and Charles Smit repeatedly contacted the municipality - without success. Thanks to NG Moedergemeente that the residents could fill their water containers there.

My sincere thanks to the following people - Rina du Toit and Francois for inspecting the security system, Susan Swanepoel who got our database up to date and had to endure occasional knocks, Esta de Beer who was thrown in at the deep end, Lirpa Kuntz and Johan Schreuder who had to attend meetings at short notice.

The electric motor at the gate has been replaced, the gutters have received attention and the paint program continues. Unfortunately, there were also less pleasant incidents - but in 2023 we focus on the positive. Thanks to the residents who are tolerant and accommodating. It is appreciated.

Monday 13 March 2023

 Aan alle Renaissance Webjoernaal lesers.

 Ek is soos die Engelse se spreekwoord lui :'New on the block'.

 Ek het tot dusver geen kennis van die Webjoernaal nie, maar ek leer soos ek aangaan.

Ek wil graag vir almal vra om my te ondersteun in hierdie nuwe fase in my lewe en wil graag 'n skakel tussen die inwoners en Renaissance Bestuurskomitee wees asook onderlinge samehorigeheid tussen die inwoners bevorder.

 Jammer daar was niks in Februarie geplaas nie, maar met heelwat 'hick-ups' gaan ek probeer om my kant te bring om almal op hoogte te hou van gebeure so ver as wat ek kan.

 Groetnis

 Rina du Toit

 

To all Renaissance Webblog readers,

 As I am new to this new venture in my life, with no previous experience, I ask everybody to bear with me as I learn as I go along.

I want to be the link between the Residents and the Management Committee and improve relationships between all residents.

 Apologies to all that there were no new posts for February which was not possible due to all kinds of mishaps, but I will try to keep you up to date as far as possible.

 Regards

Rina du Toit