Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 27 October 2020

COVID 19 clips Social Action's wings

The 2020 Social Action Committee

 Die COVID-19 pandemic has played havoc with our Social Action’s year programme for 2020. All events since March had to be cancelled in terms of the Government’s lockdown regulations.

The latest indoor function to be cancelled is our traditional Year-end Dinner which was planned for 11 November.

Although we are currently functioning at lockdown level 1, the Social Action resolved that the protocols with regard to e.g. maintaining the required social distance, would almost certainly be compromised by an indoor function such as this one.

Monday 26 October 2020

Een van ons langswonende inwoners

Delene Bekker

 Delene Bekker (E58) se veelbewoë lewe het 77 jaar gelede in Kimberley begin waar sy gebore en getoë is. Sy is van Joods/Skotse afkoms.

Hierdie foto is geneem toe Delene twee jaar oud was

In 1958 het sy haar skoolloopbaan aan die Benoni High School voltooi en vervolgens ʼn pos as ʼn klerk by die toentertydse Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens aanvaar.

Kort voor lank het sy en Joepie Bekker op mekaar verlief geraak. Hy was by Eskom werksaam. In Augustus 1959 is hulle in Germiston getroud.

Alhoewel sy ʼn ruk lank daarna buitenshuis gewerk het, het sy die edele roeping van tuisteskepper aanvaar nadat die eerste van hulle vier kinders sy opwagting gemaak het. Delene het ook ses kleinkinders en een agterkleinkind. Joepie het haar in 2013 ontval.

Joepie het in 1980 die Eskom-kantoor op Bela-Bela op die been gebring. Nadat hy aan die einde van 1993 afgetree het, het hulle in April 1994 na ons oord verhuis. Afgesien daarvan dat hy in die Bestuurskomitee gedien het, het die egpaar saam as toergidse vir verskeie toeroperateurs opgetree. Nadat Joepie oorlede is, het Delene voortgegaan om tot onlangs nog hierdie taak te verrig.

Delene is dus al 26 jaar lank ʼn inwoner van ons oord. Sover skrywer kon vasstel, woon sy langer hier as die meeste ander inwoners.

Sunday 25 October 2020

Oor 'n onlangse Sosiale Aksie-uitstappie

Die sameroeper van die Sosiale Aksie, EDNA CORNELIUS, skryf: Op 8 September was almal sommer vroeg al by die diensbussie. Gerhard en Dimmie kom wens ons ʼn veilige rit toe en Dimmie gee aan ons geld om vir elke passassier ʼn draairoomys by MacDonalds te koop.

Daar word behoorlik geklets op pad na Pretoria. Ons kom sommer vroeg al by die Wonderboom Junction-winkelsentrum aan en elkeen slaan sy eie koers in om hul inkopies te doen.

Op pad na die Green Olive-kwekery, waar ons middagete geniet het, doen ons eers by MacDonalds aan om Dimmie se geld uit te gee. Ons besluit om ʼn foto vir die ooms tuis te laat neem van die groep wat aan hul roomyse smul (foto onder).

Nadat ons ʼn gesellige middagete by die kwekery geniet het, tree die groep weer eens aan vir ’n foto by ou plaasgereedskap (foto onder).

Na ʼn heerlike uitstappie keer ons ietwat stiller terug huis toe. Wat ʼn wonderlike dag!