Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 30 October 2013

Uit die argief

In 1991 skryf Isabel Hattingh: "Sang en musiek het 'n belangrike rol in ons samesyn gespeel. Heel toevallig en spontaan het ons een Sondagmiddag by Eppie [van Niekerk] begin sing en gou was die huis vol mense wat kom deelneem. Dít was seker die vonkie wat die latere sanggroep se ontstaan tot gevolg gehad het."

Tuesday 29 October 2013

Die oord se inheemse bome

"As ek soggens wakker word, is die eerste blik op die aangrypend mooie swartapiesdoringboom wat voor ons eenheid pryk, absoluut sielsverheffend."

Só het 'n Renaissance-inwoner onlangs die siening van die meeste inwoners verwoord.

Sunday 27 October 2013

Inwoners neem graag aan sport deel

Rolbal is 'n sportsoort wat deur heelwat Renaissance-inwoners beoefen word. Loraine Thomas (links) en Joey Labuscagne (regs) was lede van 'n vrouespan wat as wenners gekroon is in die Warmbad-rolbalklub se geslote driespel-kompetisie wat op 8 Oktober gehou is. Loraine woon in eenheid 44 en Joey, in eenheid 139.

[Uit: Die Pos, 25 Oktober 2013. Die Pos se hoofkantoor is in Bela Bela geleë. Dié koerant het vanjaar die ATKV-mediaveertjie verower as die beste plaaslike koerant in Suid-Afrika]

Friday 25 October 2013

Then and now




The community centre under construction in 1992


Thursday 24 October 2013

Nuwe intrekkers woel en werskaf

Connie en René Venter werskaf in hulle herontwerpte tuin
Connie en René Venter het vroeër vanjaar by eenheid 134 ingetrek nadat hulle aftree-oorde in, onder andere, Naboomspruit, Nylstroom en Bronkhorstspruit oorweeg het.

Toe hulle egter by Renaissance se hek inry, het hulle geweet: dís waar ons wil woon.

Monday 21 October 2013

Pluimpie


Japie Bosch

'n Voormalige nuusredakteur van Die Vaderland, Japie Bosch van Jeffreysbaai, skryf soos volg aan die samesteller van die Renaissance-webjoernaal: "Dis voorwaar ‘n prag-webjoernaal.  Baie geluk.  Menige oord sal wat wil gee om so-iets te hê.  Dis opvallend dat jy lank hieraan moes beplan het.  Dit behoort groot byval te vind by die inwoners en hul familie en vriende.  As ek kyk na die besoekerstal lyk dit so".



 

Saturday 19 October 2013

The kwêvoël

Few birdcalls in our retirement village evoke the distinctive atmosphere of the Limpopo Bushveld than the "kwê-ê-ê-ê!" call of the grey loerie or in Afrikaans, kwêvoël.

Tuesday 15 October 2013

Die eerste intrekkers onthou

Ampie en Isabel Hattingh
Ampie en Isabel Hattingh was die eerste persone wat hulle intrek in eenheid 20 van die Warmbad Renaissance Sekuriteitsaftree-oord geneem het. 

Dit was op 1 April 1991.

Ampie het destyds pas uitgetree na baie jare as staatsamptenaar in Pretoria. Isabel het by die H F Verwoerd Hospitaal gewerk.

"Toe ons ons intrek geneem het," vertel Isabel, "was hier net stof, sand, klippe en fondamente van eenhede wat in aanbou was."

Saturday 12 October 2013

Bobaas by wêreldkampioenskappe

Dries Engelbrecht
Dries Engelbrecht ['n inwoner van die Renaissance Sekuriteitsoord - Red.] van Bela-Bela het ’n vierde plek tydens die boogjagters-wêreldkampioenskappe in Potchefstroom verower.

Engelbrecht (62) het van 2-5 Oktober aan dié kampioenskap in die langboogklas vir veterane deelgeneem en moes boog opneem teen verskeie gesoute Europese skuts wat van jongs af reeds dié kuns bemeester het.