Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 23 July 2014

Louis-John bekoor inwoners

Sanger Louis-John Hüsselmann het Renaissancers onlangs op 'n nostalgiese reis geneem met 'n keur van ou en nuwe liedjies. 

Louis-John
Hierdie veelsydige liriese tenoor, 'n boorling van Reddersburg in die Vrystaat, het inwoners in vervoering gehad met sy vertolking van ou-ou gunstelinge wat gewissel het van O sole mio (di Capua/Cappurro),  On the street where you live (Lerner/Loewe), tot die meer byderwetse Bicycle sonder 'n slot van Koos Kombuis.

Kobie Breedt verkneukel haar in Louis-John se vertolking van die Ierse ballade, Danny Boy. Kobie is self 'n knap sangeres
Nagenoeg tagtig mense het Die Nes volgepak en hulle verlustig in hierdie stylvolle aanbieding van die Sosiale Aksie onder leiding van Corrie Pretorius en geborg deur AVBOB.

Na afloop van die konsert het inwoners tee en verversings geniet en die geleentheid te baat geneem om nader te staan vir 'n foto saam met Louis-John, om 'n woordjie of wat met hom te wissel en om een of meer van sy CDs aan te skaf.

Louis-John en aanhangers

1 comment:

  1. Louis-J bekoor elke keer, veral as ek na sy CD luister. Hy is 'n klong so na my hart. Kaap se Groete. Petra (MrsP)

    ReplyDelete