Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 19 September 2015

Twee spreekwoordelike swaargewigte

Koos (75) en Jossie (75) Franken het in 1999 hulle intrek in E14 geneem en wil nêrens elders as in onse Bosveld-oase woon nie. 

Monday 14 September 2015

Rina Breytenbach se kleindogter presteer


Rina Breytenbach (E118)
Rina se kleindogter, Janneke Dykema, is pas aangewys as een van die onderhoofleiers vir 2016 van die Hoërskool Warmbad. Ouma is uiteraard baie groots op haar kleindogter se prestasie.
 

Thursday 10 September 2015

Inwoners verwelkom die lente

"Dis heerlike lente, die winter's verby;
weer nooi berg' en klowe vir jou en vir my."
Só juig die liedjieskrywer,Theo W. Jandrell. Dis 'n gemoedsuiting waarmee die inwoners van ons oord volmondig saamstem, veral ná die lewegewende reënbui wat onlangs uitgesak het.

Tuesday 8 September 2015

Oud-inwoner van Bela-Bela keer terug

Die 58-jarige Una Rossouw is in Windhoek gebore, het op Louis Trichardt gematrikuleer en het daarna mode-ontwerp aan die Pretoria Technikon bestudeer.

Friday 4 September 2015

In memoriam

Henry en Toy van Nieuwenhuizen
Henry van Nieuwenhuizen (82) is op 1 September oorlede. Alhoewel hy en Toy (79) reeds 'n paar maande gelede na Palms Renaissance verhuis het, sal hulle met deernis in ons oord onthou word.

Henry is in 1991 aangewys as die eerste voorsitter van ons bestuurskomitee, 'n posisie wat hy ook in 1992, 1993, 1995 en 1996 beklee het.

Toy is reeds op 8 Mei 2015 oorlede.