Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 25 July 2021

Onthou u nog?

 Wie kan my sê wat husse is?

Husse met lang ore?

En juis hoe lyk die snaakse goed?

Waar kry ʼn mens hul spore?

Word hul miskien in Husseland

of op die maan gebore?

 

Moet ʼn mens hul in die maanlig soek,

of vroeg-vroeg in die môre?

Ek vra en vra, maar tevergeefs,

my moeite gaan verlore.

Al antwoord wat ek altyd kry is:

Husse met lang ore!

 

E Niemeyer

 


Saturday 24 July 2021

Oord verwelkom Dora Meyer

Dora Meyer is in 1943 in Lydenburg gebore. Sy het op die Penge-asbesmyn grootgeword en in 1961 haar skoolopleiding aan die Hoërskool Lydenburg voltooi. Hierna het sy haar opleiding as verpleegkundige in 1965 aan die H F Verwoerd-hospitaal voltooi. Vervolgens het sy ʼn diploma in polariteitsterapie en ʼn sertifikaat in Hawaiise HUNA-MUA (wat beskryf word as ʼn terapie that combines the powers of the mind with the forces of nature to initiate change in your life”) behaal. Hierbenewens is sy ʼn gesertifiseerde masseer- en limfatiese terapeut.

Die hoogtepunt van haar loopbaan as ʼn verpleegkundige was waarskynlik die 12 jaar waartydens sy in Arizona, VSA, polariteitsterapie, energie-anatomie en galblaasspoeling beoefen het. Een van haar pasiënte beskryf haar as “one very gifted lady, who pays attention to the information she receives on many frequencies, and has the courage and the confidence to act on it.”

Dora het onlangs vanaf Marlothpark na E61 in ons oord verhuis. Sy is baie ingenome met haar gerieflike wooneenheid, die veiligheidsmaatreëls wat hier gehandhaaf word en die “baie nice mense om my!”

Sy het vier kinders en vyf kleinkinders 

Saturday 10 July 2021

We welcome the Schneiders to our village

Richard (77) and Anna (72) Schneider were born and bred in a small town near the city of Wiener Neustadt in Austria. Anna became a draughtswoman and Richard, a mechanical engineer. They were married in 1966 and have one married son who lives in Wiener Neustadt.

The couple moved to South Africa in 1971 where Richard took up employment at ESKOM.

After Richard and Anna retired, they relocated from Johannesburg to a smallholding in Bospoort, Bela-Bela. Here they lived for fifteen years before recently moving to U16 in our village.

Although they are newcomers, they have already met a few other residents and look forward to making many new friends. They are impressed with the village security and are living happily in their comfortable home in pretty surroundings.

Richard and Anna spend much of their time visiting the local Aventura Holiday Resort to bathe in the warm water pools. Anna is a keen canasta player and asks that other people who enjoy card games, to call her on 072 665 2919.

 

Sunday 4 July 2021

Munisipaliteit ten gunste van botaniese tuin

 
Andries van der Heyde skryf soos volg in ons plaaslike koerant, Die Pos, van 18 Junie: Die droom om ʼn botaniese tuin in Bela-Bela te vestig het op Donderdag 10 Junie  ʼn hupstoot gekry toe amptenare van die Bela-Bela-munisipaliteit dié konsep verwelkom het. Hulle meen die botaniese tuin hou groot voordele  vir die dorp in.

Johan Mills, voorsitter van die Bela-Bela-belastingsbetalersvereniging (BBTF) (sien inlas op die grafiese voorstelling hierbo) en Christopher Willis van die Suid-Afrikaanse nasionale botaniese instituut (Sanbi) het hul konsepplan vir die botansie tuin aan lede van die uitvoerende raad en topamptenare voorgelê. Die beoogde gebied is op Gedeelte 25 op die Alma-pad net buite die dorp (sien die grafiese voorstelling links) geleë. Die gebied grens o.m. aan die Renaissance-aftreeoord, beslaan ongeveer 40 ha en behoort aan die plaaslike munisipaliteit (sien pyl op grafiese voorstelling hierbo).

Die aansoek sal na die raad verwys word wat die nodige toestemming  moet verleen om met die projek voort te gaan.

 

Thursday 1 July 2021

Inwoners knap sypaadjies op

Die Pos-koerant berig op 4 Junie: Inwoners van die Renaissance-aftreeoord in Bela-Bela het op Woensdag 26 Mei die sypaadjies buite die oord opgeknap om die aangesig van die oord te verbeter.

Ongeveer 30 inwoners het aan die projek deelgeneem en is bygestaan deur Soetdoring-tuindienste.

Die Bela-Bela-munisipaliteit het vooraf die gras op die sypaadjies om die oord gesny. Die hope droë gras was egter ʼn hoë brandgevaar en inwoners het besluit om self werk te maak daarvan.

Die oordbestuur het ʼn versoek aan die munisipaliteit gerig om die gras by die dorp se reservoirs ook te sny. Die terrein waarop die reservoirs aangebring is grens aan die oord.

Op die foto neem die groep inwoners ʼn blaaskansie voordat hulle voortgaan met die opknapwerk.