Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 8 December 2021

Kersgroete

 

Welkom, o stille nag van vrede,

onder die suiderkruis,

wyl stemme uit die ou verlede

oor sterrevelde ruis.

 

Hoor jy hoe sag die klokke beier

in eeue-oue taal.

Kyk, selfs die nagtelike swye

vertel die ou verhaal.

 

Kersfees kom, Kersfees kom –

gee aan God die eer.

Skenk ons 'n helder Somerkersfees

in hierdie land, o Heer.

Koos du Plessis

 

Monday 6 December 2021

Oord verwelkom Chris en Sue Bekker

Chris (77) en Sue (77) Bekker het pas in hulle wooneenheid (E85) ingetrek, toe Kwêvoël hulle besoek het. Hulle het vertel dat hulle besluit het om uit die stad na die platteland te verhuis. Tydens ̓n onlangse besoek aan Bela-Bela het hulle hul harte verloor op ons oord en sy pragtige mense.

Chris is in Vrede gebore en het in 1961 aan die Hoërskool Vrede gematrikuleer. Na jare in die bankwese, verander hy van koers en behaal ̓n kwalifikasie as opmeter aan die Technikon Pretoria. Hierna het hy jare lank as ̓n opmeter gewerk voordat hy in 2020 die tuig neergelê het.

Sue is in Pretoria gebore. Nadat sy aan die Hoërskool Wonderboom gematrikuleer het, het sy ̓n maatskaplike werker geword. Sy het die M.Soc.Sc.-graad met lof aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Sy het in 2014 afgetree.

Chris en Sue is in 1967 getroud. Hulle het twee kinders, vyf kleinkinders en twee agter-kleinkinders.

Sunday 5 December 2021

Oord verwelkom Barend en Riekie Werner

Barend (59) en Riekie (52) Werner het hulle onlangs in E73 tuisgemaak nadat hulle verskeie aftreeplekke oorweeg het. Hulle sê dat hulle wooneenheid nommerpas is en dat hulle baie veilig en rustig voel.

Riekie is in Johanneburg gebore en getoë. Nadat sy haar skoolopleiding voltooi het, het sy op haar oom se plaas in Hammanskraal gewoon.

Barend is in Boksburg gebore en het op ̓n plaas in Hammanskraal grootgeword. Nadat hy sy skoolopleiding aan die Hoërskool Sasolburg voltooi het, het hy hom as ̓n ketelmaker bekwaam en vervolgens  ̓n beroep in die staalbedryf gevolg.

Riekie en Barend is in 1987 getroud. Drie kinders en twee kleinkinders is uit hulle huwelik gebore.

Saturday 4 December 2021

'n Gereelde besoeker aan ons oord

Die kliplikkewaan (Varanus albiguralis) is  ̓n gereelde besoeker aan ons oord en is reeds deur verskeie inwoners opgemerk. Die foto hierbo toon een hiervan in ʼn haakdoringboom voor E137 waarin Gerhard en Annatjie Swart woon.

Die volwasse kliplikkewaan is 100 tot 150 cm lank en weeg sowat 12 tot 15 kg. Die volwasse likkewaan se rugkant is grys-bruin, die pens bleekgeel met donker kolle en dwarsstrepe. Dit het ʼn geronde snoet en gevurkte tong soos wat Philip van den Berg (E34) se foto hierbo toon.

Hierdie spesie is opportunistiese vreters. Hulle smul graag aan ongewerwelde  diere, veral duisendpote, kewers, slakke, asook jong skilpadjies en eiers.

Die kliplikkewaan, wat oor feitlik die hele Suid-Afrika voorkom, leef in ruigtes, boomveld en koppies.

Thursday 2 December 2021

Oord verwelkom Johan en Noeline Schreuder

 

Johan (78) en Noeline (75) Schreuder het onlangs hulle braaikuiken-boerdery buite Bela-Bela van die hand gesit en na E56 in ons oord verhuis. Alhoewel hulle nog werskaf om hulle eenheid volgens hulle voorkeure te verander, is hulle reeds ingeburger en geniet die veilige en rustige omgewing.

Johan en Noeline is albei gebore en getoë Namibiërs. Johan is in Otjiwarongo gebore en het op Otavi grootgeword. In 1961 het hy sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Otjiwarongo voltooi. Hierna was hy ̓n student aan die SA Polisiekollege, ‘n bankamptenaar, ̓n rekenmeester by Vleissentraal en ̓n hoenderboer waar hy en Noeline vyftien jaar lank geswoeg en gewerskaf het.

Noeline is in Keetmanshoop gebore en het haar hoërskoolloopbaan in 1963 aan die Hoërskool Otjiwarongo voltooi. Na skool het sy by dieselfde bank as Johan begin werk waar hulle vir mekaar begin ogies maak het. Hulle is in 1966 getroud. Drie dogters en sewe kleinkinders is uit hul huwelik gebore.

Sunday 28 November 2021

Algemene jaarvergadering van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging

Tydens die algemene jaarvergadering van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging wat op 25 November gehou is, is die  2022-bestuurskomiteeverkies. Hulle en die portefeuljes wat hulle sal behartig, is soos volg:  Wessie van der Westhuizen (Voorsitter), Roedolph Botha (Ondervoorsitter), Werner Pauw (Ontwikkelaar), Frikman Nel (Bestuursagent), Elsa Erasmus (Onderhoud), Lirpa Kuntz (Sekretaris), Ria Nel (Sosiale Aksie), Rina Steynberg (Administrasie) en Rina du Toit (Tesourier).

The incoming Chairman of the Management Committee, Wessie van der Westhuizen

In his Annual Report, the outgoing Chairman of the Management Committee, Wessie van der Westhuizen, informed the Management Association that he is sincerely grateful to all residents who contributed to the wellbeing of the Warmbad Renaissance community in the face of many challenges, among which COVID-19 was perhaps the most devastating.

Wessie het voorts sy dank en waardering teenoor bestuurskomiteelede en ander vrywilligers betuig wat die oord en sy inwoners met toewyding gedien het. Dit sluit die uittredende bestuurskomiteelede, die redaksie van Kwêvoël, asook diegene wat die sosiale aktiwiteite behartig, in.

“A few innovations should also be noted,” Wessie said, “including the introduction of expert groups, the installation of a vent valve at the southeast water meter, an investigation into the implementation of solar power systems, and access to an internet fibre system.”

Hy het met leedwese melding gemaak van ses inwoners wat die afgelope jaar te sterwe gekom het. Nogtans het ons elf nuwe inwoners verwelkom wat Warmbad Renaissance as hul aftreetuiste gekies het. Hy sien uit na die bydrae wat hulle tot voordeel van die oord kan lewer.

In closing, Wessie wished all residents a blessed Christmas and a prosperous New Year.

Saturday 27 November 2021

Year-end function

A very successful Year-end Function was held recently; the first since 2019. COVID-19 protocols were observed, the organisation was superb, a cheerful atmosphere prevailed among the large number of helpers, and the guests enjoyed a delicious meal in an attractively decorated venue.

The photographs below provide an overview of proceedings.













Saturday 30 October 2021

Chairman's message - November 2021

Wessie van der Westhuizen, Chairman of our Management Committee

In his November message to our residents, the Chairman of the Management Committee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN, writes: We were recently blessed with early spring showers and are looking forward to a good rain season. This is also the time to select a new Management Committee.

I would like to express my thanks to all the members who served with me on the Management Committee of 2021. Your help and support cannot be expressed in monetary terms; you are too valuable. The devotion with which you dealt with the COVID-19 pandemic and the ups and downs in our village, was a source of comfort to me. Also, it would be remiss of me not to mention the support and assistance showed among residents. Thank you for your help.

Ons is ook maar net mense en kon nie aan almal se versoeke uitvoering gee soos julle verwag het nie. Die verkleinde bestuurskomitee was vir ons ook `n nuwigheid. Elke persoon het sy of haar eie persepsie van hoe sake hanteer moet word in vergelyking met hoe dit in die verlede gedoen is. Een probleem wat nou duidelik na vore getree het, is die kommunikasieproses. Baie inwoners het hulself aan die WhatsApp-boodskapstelsel onttrek en het gevolglik belangrike boodskappe nie ontvang nie. Sodoende het ʼn aantal beplande aktiwiteite skipbreuk gely.

We hope to put a number of new plans to you at the Annual General Meeting. This should provide the opportunity of  creating memories with your fiends, children, grandchildren and great-grandchildren. Please attend this meeting and have your say.

Tans weet ons nog nie wie almal in die nuwe bestuurskomitee sal dien nie. Wie egter ookal verkies word, het u ondersteuning broodnodig.

Friday 29 October 2021

Ons verwelkom Sarel en Lenie Steenkamp


 Sarel (82) en Lenie (77) Steenkamp het hulle verblyf in ons oord aan hul kinders te danke. Hulle het gesê dat hulle, as ʼn blyk van waardering, graag vir hulle ʼn wooneenheid in ʼn aftreeoord óf by die see óf in die binneland wil aanskaf.

Die egpaar het die binneland verkies en nadat hulle etlike plaaslike oorde oorweeg het, het hulle besluit dat Warmbad Renaissance aan die meeste van hul behoeftes voldoen. Die oord is bekostigbaar, hul eenheid is gerieflik, hulle voel veilig en die inwoners is vriendelik en hulpvaardig.

Sarel is in Eldoret, Kenia, gebore en getoë. In 1956 het hy aan die Prince of Wales High School, Nairobi, gematrikuleer. In 1961 het hy en sy gesin na Pretoria verhuis waar hy hom as ʼn dieselwerktuigkundige bekwaam het. Mettertyd het hy die sakewêreld betree en het verskeie bandeondernemings in Witrivier en Hazyview bedryf voordat hy in 2006 afgetree het.

Lenie is op Crecy gebore waar sy haar vroeë kinderjare deurgebring het. Met verloop van tyd het sy en haar gesin na Fouriesburg en nóg later, na Bethlehem verhuis. In 1961 het sy aan die Hoër Handelskool Bethlehem gematrikuleer. Ná skool het sy sekretariële werk gedoen totdat sy en Sarel in 1963 getroud is. Hierna volg ma-skap en werk sy as ʼn boekhouer in haar en Sarel se sakeondernemings.

Sarel en Lenie het drie kinders grootgemaak wat aan hulle vyf kleinkinders en 2 agterkleinkinders besorg het.

Wednesday 27 October 2021

Ons verwelkom Nico Potgieter

 

Nadat hy ʼn traumatiese huisbraak in sy vorige woonplek in Pretoria beleef het, het Nico Potgieter (61) besluit om maar liewer sy heil op die platteland te soek waar die leefstyl meer ontspanne en eiedom meer bekostigbaar is.

Hy het ʼn internetsoektog van stapel gestuur, verskeie aftreeopsies oorweeg en besluit om E42 aan te skaf. Terloops, ons is in ons noppies om te berig dat ons oord se webwerf  weer eens die oplossing verskaf het aan ʼn persoon wat ʼn aftreeplekkie op die platteland soek.

Nico is in Windhoek gebore en getoë. Later het hy saam met sy ouers na Johannesburg verhuis waar hy in 1978 aan die Hoërskool Florida gematrikuleer het. Nadat hy militêre diensplig verrig het, het hy in 1981 ʼn B.Com.-graad aan die Randse Afrikaanse Universiteit behaal. Hy was 30 jaar lank werksaam by Fujitsu South Africa as ʼn besigheidskonsultant voordat hy in 2017 afgetree het.

Nico het twee kinders, t.w. ʼn seun wat in Pretoria en ʼn dogter wat in Saoedi-Arabië woon en werk.

 

Tuesday 26 October 2021

We welcome Stephanie and Paul

           

Stephanie Luyt (67) and Paul Smith (68) moved to U38 from their previous residence in the Sonneglans Park Retirement Village, Randburg, for family reasons. After investigating several options in Bela-Bela, they decided that our village most suited their needs. Here they feel safe, their unit meets most of their requirements, their neighbours are pleasant and the village gardens are attractive.

Stephanie was born in Wynberg and grew up in Belville. She completed her schooling at Bellville High School in 1971. Apart from taking care of her family, she was employed as a conference organiser by SANLAM for many years. She has two children and five grandchildren.

Paul was born in Somerset East and grew up in Rivonia. He completed his schooling at Hyde Park High School in 1970. Afterwards he completed his national service as a submariner at the Simon's Town Naval Base. He later entered the printing profession as a qualified hot metal compositor and, even later, represented a printing company.

Last but not least, Paul and Stephanie are keen social bowlers.

 

Monday 25 October 2021

Cansa rep addresses residents

A Limpopo representative of the Cancer Assosiation of South Africa (CANSA), Ansie van Heerden, recently addressed residents about various aspects in regard to cancer. The talk was arranged by the Management Committee member for Social Affairs, Rina Steynberg. Rina and Ansie appear on the photograph below.

Ansie focussed on the main purposes of CANSA, i.e. research, education and support (image below).

She also dealt with the five top cancers affecting women and men in South Africa (image below). Residents are advised to visit the CANSA website at www.cansa.org.za for detailed information


Rina is able to furnish the names and telephone numbers of local persons who are capable of providing further assistance.

Sunday 24 October 2021

Resumption of organised social activities

The Management Committee has announced the resumption of social activities in our village on the distinct understanding that the prescribed COVID-19 protocols should be followed, i.e. sanitization of hands, wearing of face masks and social distancing.

Details are as follows:

  • Social Functions: A year-end function is envisaged for 16 November 2021. In terms of current COVID-19 regulations, a maximum of 60 persons may attend the event. Further details will be made available in due course.
  • Bingo: Every Wednesday at 15:00 in the Lapa. Contact person: Gert Myburgh, tel. 082 375 6476
  • Physical exercises: Every Monday, Wednesday and Friday at 08:00 in the Lapa. Contact person: Lettie Roode, tel. 081 279 2277
  • Handwork/needlework: Every first and third Tuesday of a month in the Lapa. Contact person: Magda van der Westhuizen, tel. 082 372 9332
  • Darts: Every Thursday at 16:30 in the Lapa. Contact person: Vossie Vos, tel. 084 548 0777
  • Library: Every Monday in room 30 of the administration building. Contact person: Hester Botes, tel. 079 025 0346
  • Snooker/pool: Every Monday at 15:00 in the Lapa. Contact person: Roedolph Botha, tel. 082 550 5560

Friday 1 October 2021

Bestuurskomiteevoorsitter se boodskap - Oktober 2021


Die Voorsitter van die Warmbad Renaissance-bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN. skryf in sy Oktober-boodskap aan die inwoners soos volg: Ons oord is ontwerp vir selfversorgende inwoners. Dit beteken dat dienste nie voorsien kan word oorsien aan persone wat tydelik of permanent nie daartoe in staat is om na hulself om te sien nie.

Die mens is egter ʼn brose wese. Vandag is ons nog sterk en selfonderhoudend, dog môre is ons dalk tot so ʼn mate fisiek of geestelik  verswak dat ons nie daartoe in staat is om onafhanklik te woon nie; dat ons ʼn risiko, verleentheid of oorlas vir ander inwoners skep.

ʼn Kritieke situasie ontstaan dan. Hoe gemaak indien ons versorging benodig?

Een van die opsies is om by die Bestuurskomitee aansoek te doen om ʼn geregistreerde versorger in diens te neem. Nadere besonderhede in hierdie verband word in paragraaf 2 van ons gedragreëls uiteengesit.

Nóg ʼn alternatief is om na ʼn instansie soos Rusoord in Bela-Bela of Die Palms Renaissance-aftreeoord in Pretoria te verhuis. Beide is toegerus om verswakte persone te versorg, insluitend pasiënte wat aan alzheimersiekte ly. Verdere inligting is op hul webtuistes beskikbaar.

Ten slotte is ons dankbaar dat omstandighede ons in staat gestel het om ons sosiale geleenthede te hervat binne die beperkings van COVID-19-protokol. Bladsy 2 van hierdie nuusbrief bevat ʼn fotobeeld van onlangse aktiwiteite. Ons is in ons noppies dat baie nuwe inwoners daaraan deelneem. Dankie vir u betrokkenheid.
 


Saturday 25 September 2021

Resumption of social activities

 In a circular letter dated 14 August, the Management Committee announced the resumption of social activities on the distinct understanding that the prescribed COVID-19 protocols are followed, i.e. sanitization of hands, wearing of face masks, social distancing and limiting attendance to 50% of the capacity of the venue.

The photographs below provide an overview of recent events. Further activities, including board games, coffee bar, excursions, talks on interesting topics and jukskei are envisaged.

Bingo
Physical exercises
Hand/needlework
Darts
Library
Snooker/Pool

Tea party to herald the onset of spring













Wednesday 8 September 2021

Bestuurskomiteevoorsitter se boodkap - September 2021

             

In sy September-boodskap aan die inwoners van die Warmbad Renaissance Sekuriteitsaftreeoord, skryf die Voorsitter van die Bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN: Na 'n buitengewoon strawwe winter, het die lente uiteindelik aangebreek. Nou kan ons weer eens uitsien na nóg 'n seisoen van welige groei. Die somberse tyd van die winter het ons baie nader aanmekaar gebring weens die omgee, vertroosting, gebede en deernis wat aan al die siek persone in die oord getoon is. Baie dankie aan Marietjie en Dalla vir hul onbaatsugtige hulp aan siek inwoners in hierdie tyd.

I hope that we will use this spring to ensure that our village returns to its former lushness. Our gardens should be laid out responsibly to ensure that other residents are not inconvenienced by the need to look after it on your behalf. If you can afford a gardener, be creative and do your thing. An uncared for garden is an eyesore.

My kantoor is oop vir haalbare voorstelle om gehalte lewensomstandighede vir ons inwoners te handhaaf. Ons moet egter met die werklikhede rekening hou. Ons as bestuurskomitee ondersoek tans ander kragleweringstelsels. Daar is so baie om van te kies, maar almal is nie ewe doeltreffend nie. Dankie aan Johann Benade en die instandhoudingspan wat baie moeite doen om beskikbare opsies te ondersoek sodat die regte keuse gemaak kan word. Inwoners se geduld sal baie waardeer word.

We are thrilled that our social actions will resume in September, albeit within COVID-19 restrictions. Please support us.

Blitz Fibre is op terme geplaas vir die installering van die veselnetwerk. Ons wag nou vir hulle terugvoer.

Wednesday 1 September 2021

Jacob's pride and joy

 Knight Rider was an American action crime television series originally broadcast from 1982 to 1986. The show starred David Hasselhoff as Michael Knight, a high-tech crime fighter assisted by KITT, an advanced, artificially intelligentself-aware, and indestructible car.

Please meet our village’s equivalent (almost!) of KITT: a bicycle modified to an astonishing degree by one of our maintenance workers, Jacob Mfati (photo 1 below).

A solar panel mounted on the luggage compartment (photo 2 below) converts the sun's energy to electricity that is transmitted to a battery via an inverter (photo 3 below). The electricity thus generated powers various gadgets on the bicycle, for example an amplifier (photo 4 below) that accepts a flash drive to provide music while travelling. Next to Jacob’s hand is a microphone which is connected to his cell phone.

Jacob is planning further modifications to his pride and joy, including an alarm system which will be linked up with his cell phone in case someone tampers with his bicycle.

Photo 1


Photo 2

Photo 3

Photo 4





Sunday 1 August 2021

Chairman's message - August 2021

Wessie van der Westhuizen, Chairman of our Management Committee

In the August issue of our monthly newsletter, Kwêvoël, the Chairman of our Management Committee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN, wrote: While we find ourselves in the middle of winter at present, the warmth of our regard for each other renders the chilly weather more tolerable.

Ongelukkig is ons georganiseerde sosiale aktiwiteite tydelik opgeskort. Ons word dus die geleentheid ontsê om nuwe vriendskappe te sluit of bestaandes te verstewig. Aan alle nuwe inwoners wat nog nie die geselligheid hiervan ervaar het nie, wil ek sê dat daar ʼn aangename verrassing op hul wag sodra hulle hervat word.

This year the COVID-19 pandemic caused much distress in our village. We grieve with the families whose loved ones have passed on. We thank our Heavenly Father for residents who recovered and pray for those who are still struggling with the virus. Meanwhile I once again implore you to do all in your power not to put your own or other people’s lives at risk. If you are unsure whether it is advisable to receive guests, domestic workers, village employees and/or contractors at home, kindly consult with the Management Committee. Each enquiry will be dealt with on merit.

Ons is dankbaar dat ons dorp en oord in Julie nie deur die wetteloosheid getref is soos ander dele van ons land nie.

In closing, Jannie and Jennifer J Van Rensburg (U28) deserve our thanks for sponsoring the caring-group cards until recently. We would also like to express our appreciation to John Fourie from PNA who will sponsor the cards from now on.

Sunday 25 July 2021

Onthou u nog?

 Wie kan my sê wat husse is?

Husse met lang ore?

En juis hoe lyk die snaakse goed?

Waar kry ʼn mens hul spore?

Word hul miskien in Husseland

of op die maan gebore?

 

Moet ʼn mens hul in die maanlig soek,

of vroeg-vroeg in die môre?

Ek vra en vra, maar tevergeefs,

my moeite gaan verlore.

Al antwoord wat ek altyd kry is:

Husse met lang ore!

 

E Niemeyer

 


Saturday 24 July 2021

Oord verwelkom Dora Meyer

Dora Meyer is in 1943 in Lydenburg gebore. Sy het op die Penge-asbesmyn grootgeword en in 1961 haar skoolopleiding aan die Hoërskool Lydenburg voltooi. Hierna het sy haar opleiding as verpleegkundige in 1965 aan die H F Verwoerd-hospitaal voltooi. Vervolgens het sy ʼn diploma in polariteitsterapie en ʼn sertifikaat in Hawaiise HUNA-MUA (wat beskryf word as ʼn terapie that combines the powers of the mind with the forces of nature to initiate change in your life”) behaal. Hierbenewens is sy ʼn gesertifiseerde masseer- en limfatiese terapeut.

Die hoogtepunt van haar loopbaan as ʼn verpleegkundige was waarskynlik die 12 jaar waartydens sy in Arizona, VSA, polariteitsterapie, energie-anatomie en galblaasspoeling beoefen het. Een van haar pasiënte beskryf haar as “one very gifted lady, who pays attention to the information she receives on many frequencies, and has the courage and the confidence to act on it.”

Dora het onlangs vanaf Marlothpark na E61 in ons oord verhuis. Sy is baie ingenome met haar gerieflike wooneenheid, die veiligheidsmaatreëls wat hier gehandhaaf word en die “baie nice mense om my!”

Sy het vier kinders en vyf kleinkinders 

Saturday 10 July 2021

We welcome the Schneiders to our village

Richard (77) and Anna (72) Schneider were born and bred in a small town near the city of Wiener Neustadt in Austria. Anna became a draughtswoman and Richard, a mechanical engineer. They were married in 1966 and have one married son who lives in Wiener Neustadt.

The couple moved to South Africa in 1971 where Richard took up employment at ESKOM.

After Richard and Anna retired, they relocated from Johannesburg to a smallholding in Bospoort, Bela-Bela. Here they lived for fifteen years before recently moving to U16 in our village.

Although they are newcomers, they have already met a few other residents and look forward to making many new friends. They are impressed with the village security and are living happily in their comfortable home in pretty surroundings.

Richard and Anna spend much of their time visiting the local Aventura Holiday Resort to bathe in the warm water pools. Anna is a keen canasta player and asks that other people who enjoy card games, to call her on 072 665 2919.

 

Sunday 4 July 2021

Munisipaliteit ten gunste van botaniese tuin

 
Andries van der Heyde skryf soos volg in ons plaaslike koerant, Die Pos, van 18 Junie: Die droom om ʼn botaniese tuin in Bela-Bela te vestig het op Donderdag 10 Junie  ʼn hupstoot gekry toe amptenare van die Bela-Bela-munisipaliteit dié konsep verwelkom het. Hulle meen die botaniese tuin hou groot voordele  vir die dorp in.

Johan Mills, voorsitter van die Bela-Bela-belastingsbetalersvereniging (BBTF) (sien inlas op die grafiese voorstelling hierbo) en Christopher Willis van die Suid-Afrikaanse nasionale botaniese instituut (Sanbi) het hul konsepplan vir die botansie tuin aan lede van die uitvoerende raad en topamptenare voorgelê. Die beoogde gebied is op Gedeelte 25 op die Alma-pad net buite die dorp (sien die grafiese voorstelling links) geleë. Die gebied grens o.m. aan die Renaissance-aftreeoord, beslaan ongeveer 40 ha en behoort aan die plaaslike munisipaliteit (sien pyl op grafiese voorstelling hierbo).

Die aansoek sal na die raad verwys word wat die nodige toestemming  moet verleen om met die projek voort te gaan.

 

Thursday 1 July 2021

Inwoners knap sypaadjies op

Die Pos-koerant berig op 4 Junie: Inwoners van die Renaissance-aftreeoord in Bela-Bela het op Woensdag 26 Mei die sypaadjies buite die oord opgeknap om die aangesig van die oord te verbeter.

Ongeveer 30 inwoners het aan die projek deelgeneem en is bygestaan deur Soetdoring-tuindienste.

Die Bela-Bela-munisipaliteit het vooraf die gras op die sypaadjies om die oord gesny. Die hope droë gras was egter ʼn hoë brandgevaar en inwoners het besluit om self werk te maak daarvan.

Die oordbestuur het ʼn versoek aan die munisipaliteit gerig om die gras by die dorp se reservoirs ook te sny. Die terrein waarop die reservoirs aangebring is grens aan die oord.

Op die foto neem die groep inwoners ʼn blaaskansie voordat hulle voortgaan met die opknapwerk. 

Wednesday 12 May 2021

Oord herdenk sy dertigste bestaansjaar

Voorsitter van die Bestuurskomitee, Wessie van der Westhuizen

In ‘n boodskap aan die inwoners van die Warmbad Renaissance Sekuriteitsaftreeoord, skryf die Voorsitter van die Bestuurskomitee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN soos volg: 

In the late eighties Renaissance Developments (Pty.) Ltd. decided to establish their fifth security retirement village in the legendary peace and quiet of the Bushveld. And lo and behold: the Warmbad Renaissance Security Retirement Village!

Die eerste inwoners het op 1 April 1991 hulle intrek geneem. Ons oord vier dus vanjaar sy dertigste bestaansjaar. Om hierdie rede plaas ons vandeesmaand enkele grepies uit die verlede. ʼn Meer volledige geskiedenis van ons oord is in die Voorsitter se kantoor geliasseer.

In 1992, 1993, 1995, 1996 and 2003, the first Chairman of the Management Committee, the late Henry van Nieuwenhuizen and his committee were hugely instrumental in the development of management systems which, albeit somewhat refined  over years, are still used at present.

Ek bring graag hulde aan Henry se opvolgers: Gawie Stols (1994), Fred van Wijk (1994 en 1995), John Roets (1997), Theuns Botes (1998 tot 2000), Nato Britz (2001, 2002 en 2006), Joepie Bekker (2004), Tom Vaughan (2004 en 2005), Johnny Meyer ( 2006 tot 2011, 2013 en 2015), Hannetjie Pretorius (2012), Barry Vosloo (2014 en 2020), Gerhard van Rooyen (2015 tot 2018), Dirk van den Berg (2019). Vanjaar is dit my beurt. Ek vertrou dat ek sal kan voortgaan met hul goeie werk.

Similarly, Management Committee members, employees, residents, developers and management agents have made a considerable contribution  during the past 30 years to transform Warmbad Renaissance into one of the leading retirement villages  in our region.

Tuesday 4 May 2021

Oord verwelkom Koos en Judith Huyzers

Koos (70) en Judith (65) Huyzers het onlangs in E63 ingetrek nadat hulle hul kleinhoewe op Bronkhorstspruit van die hand gesit het.

Die egpaar het verskeie aftreeoorde oorweeg voordat hulle op hul huidige woonplek besluit het.

Koos is in Potchefstroom gebore. Hy en sy gesin het later na Balfour verhuis waar hy in 1966 sy skoolopleiding aan die Hoërskool Balfour voltooi het. Hy het vervolgens in 1972 ʼn vakleerlingskap in verfwerk voltooi nadat hy die vaktoets aan die Olifantsfontein-vaktoetssentrum geslaag het. Nadat hy ʼn geruime tyd lank in diens van die Suid-Afrikaanse Spoorweë & Hawens was, het hy by die Suid-Afrikaanse Departement van Korrektiewe Dienste aangesluit waar hy sewentien jaar lank werksaam was totdat hy in 2011 afgetree het.

Judith is in Durban gebore, maar beskou Elsburg as haar grootworddorp. Sy het haar skoolopleiding in 1973 aan die Hoër Handelskool Op ʼt Hof in Bedforview voltooi. Ná skool het sy klerklike werk gedoen en was vyf jaar lank ʼn verpleegster.

Koos en Judith is in 1974 in Elsburg getroud. Hulle het vier kinders en nege kleinkinders.

Thursday 29 April 2021

Stay safe in style

The Management Committee has recently launched our village’s very own face mask. It was designed by Roedolph Botha (U126) and modelled here by Magda van der Westhuizen (U120).

The masks are obtainable from Jacky at a cost of R90 each (VAT incl.).

Stay safe in style! 

Monday 26 April 2021

Hulle sal binnenshuise sosiale byeenkomste reël sodra ...

Op die foto hierbo verskyn ʼn groep staatmakers wat onlangs aangewys is om binnenshuise sosiale byeenkomste te reël sodra COVID-19-beperkings dit toelaat. Hulle is (v.l.n.r.) Edna Cornelius (Sekretaresse), Marlene Bisset (Sameroeper), Rina Steynberg (Bestuurskomiteelid: Sosiaal) en Elize Yeo (Tesourier).

Sedert die ontstaan van ons oord in 1991 was die doel van hierdie byeenkomste om aan inwoners die ge-leentheid te bied om mekaar beter te leer ken en gesellig te verkeer.