Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 15 December 2014

Inwoners se kreatiwiteit staan blou in die blom

Sedert Piet Combrink die eerste droogtebestande tuin in ons oord gevestig het en namate inwoners aan sy pleidooie vir dié soort tuinmakery gehoor begin gee het, word ons oord met sy pragtige inheemse bome, grasperke en goedversorgde meer tradisionele tuine, al hoe meer met droogtebestande tuine opgekikker.

Volgens Piet kan die waterbesparing wat so 'n tuin tot gevolg het, nie oorbeklemtoon word nie. Hy behartig die Bestuurskomitee se bewaringsportefeulje.

Piet Combrink by sy droogtebestande tuin
Die jongste voorbeeld hiervan is die droogtebestande tuin wat Louis van Wyk en sy helpers in 'n parkie oorkant sy wooneenheid aangelê het.

Soos dit met 'n nuwigheid gaan, het Louis sy droogtebestande tuin aangevul met 'n kamma-wensput (wishing well) en ander kenmerke soos geplaveide wandelpaadjies en rusbankies.

Die droogtebestande tuin wat Louis van Wyk aangelê het
'n Artikeltjie soos hierdie een sal onvolledig wees indien dit nie erkenning gee aan die oord se werkers wat geesdriftig aan Louis se planne uitvoering gegee het nie.

Louis (regs) en sy helpers, Bra Willy, Thomas, Paulus en Abram. Lang Daniël is afwesig.

No comments:

Post a Comment