Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 9 January 2023

Ontmoet die Voorsitter van ons Bestuurskomitee


Wessie van der Westhuizen dien tans in sy derde termyn as Voorsitter van die   Warmbad    Renaissance-bestuurskomitee. Die doel van hierdie vertelling is om hom en Magda weer eens voor te stel aan ouer inwoners, asook diegene wat hulle nie goed ken nie.

Wessie (69) en Magda (63) het in 2018 hul intrek in E120 geneem. Hulle het dié eenheid in 2013 aangeskaf met die oog op hulle uiteindelike aftrede aan die einde van 2017. Intussen het hulle dit verhuur terwyl hulle op die perseel van die Mabula Game Lodge naby Bela-Bela gewoon het. Wessie was sedert 1999 daar as ʼn assistant-reservaatbestuurder werksaam.

Magda is op Uitenhage gebore en het later saam met haar ouers na Bloemfontein verhuis waar sy grootgeword het. Sy het in 1977 haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Prinshof in Pretoria voltooi.  Hierna het sy ʼn diploma in sekretariële werk aan die Bloemfonteinse Tegniese Kollege behaal. Sy het vervolgens hoofsaaklik algemene kantoorwerk vir verskeie tandartse behartig.

Wessie is op Aroab in Namibië gebore en het op die familieplaas tussen Aroab en Keetmanshoop grootgeword. Hy het matriek in 1970 aan die Hoër Tegniese Skool Upington behaal. Hierna het hy by die Tegniese Dienskorps van die Suid-Afrikaanse Weermag in diens getree. In 1979 het hy sy ontslag met die rang van luitenant geneem. Hierna het hy buite Lückhoff in die Vrystaat gaan boer.

Wessie en Magda is in 1991 getroud nadat sy eerste eggenote oorlede is. Magda beskou Wessie se twee kinders en twee kleinkinders as haar eie. Hulle seun woon en werk in die VSA terwyl hulle dogter en haar wederhelf in die Midde-Ooste werksaam is. Wessie het Magda onlangs met groot waardering bestempel as iemand wat “so baie keer die weerligafleier [is] wanneer ek so bewolk is.”

Dié gemoedelike egpaar het van meet af aan by oordaktiwiteite betrokke geraak en het groot waar-dering vir die vriendelike en behulpsame inwoners van Warmbad Renaissance.

Saturday 7 January 2023

Darts Club winds up another enjoyable year

Mark Twain referred to adults playing darts (and billiards and tiddlywinks and …) as a sign of a misspent youth! Yet, the game has been very popular with residents for the past 27 years. It is possibly the most enduring of all the social activities in our village.

The Darts Club meets in the Lapa on Thursdays at 15:30.

The photographs shown below were taken at the club year-end function held recently.




Friday 6 January 2023

Brood parasites - part 4


PHILIP VAN DEN BERG (U34) writes: The small glossy-green Diederik Cuckoo (above) is a widespread member of the cuckoo family. Like other cuckoos, it is an intra-African migrant that arrives in our village in early summer when the shrill ‘dee-dee-deederic’ call of the male can be heard. Like other cuckoos, the Diederik Cuckoo is a brood parasite, but it has taken this extraordinary breeding strategy to a remarkable level of sophistication.

Unlike most other brood parasites it has a wide range of hosts, but the three top hosts are common birds such as the Southern Red Bishop, Southern Masked Weaver (below), and Cape Sparrow.


Most remarkable is that the eggs match the hosts. This is egg mimicry par excellence!  When the female lays her egg, she eats or ejects other eggs. The cuckoo’s egg has a short incubation period, and should there still be the hosts’ chick, the cuckoo chick will evict them and receive the undivided attention of the hosts.

The more scientists unravel nature's complexities, the more our appreciation of our marvelous living world becomes!

 

Thursday 5 January 2023

The Chairman's message

WESSIE VAN DER WESTHUIZEN writes: I would like to wish residents a prosperous 2023 in the much-acclaimed words of Tennyson, “Hope smiles from the threshold of the year to come, whispering ‘it will be happier ... ʼ”

Ten minste een aangename verwagtig (hopelik een van vele!) lê vanjaar vir ons voor. Tydens die Algemene Jaarvergadering van die Warmbad Renaissance-bestuursvereniging op 24 November, is ʼn mosie deur ʼn komitee van die Kundige Groep: Finansies en Instandhouding goedgekeur. Die komitee bestaan uit Charles Smit, Johann Benade en ekself.

This motion contains two elements, i.e. an investigation (a) to install solar power in the guard room and (b) to electrify our security fence.

Die komitee is gemagtig om voort te gaan met die ondersoek. Dit sluit die vra van tenders om die werk te verrig, in. Die koste van die projek mag nie meer as R170 000 beloop nie en sal uit bestaande reserwefondse onttrek word.

The tenderers will be invited to submit their quotations to an open meeting of the Expert Group: Finances and Maintenance. Residents will be invited to attend the meeting and to ask questions. This meeting will thereafter table a recommendation for the approval of the Management Committee.

Hierdie vooruitsig maak my opgewonde omdat die veiligheid van ons inwoners ʼn prioriteit vir die bestuurskomitee is.