Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 27 November 2023

Ludwigs Rose


  

Ludwig’s uitstappie

Party van ons inwoners was bevoorreg om die bekende roosplaas te besoek.






 Lirpa Kuntz – Sekretaresse BK

Aanvanklik vanaf Germiston en nou al vir 19 jaar woonagtig in Renaissance. Lirpa, vir dié wat nie weet nie – haar naam is April omgedraai, want haar ouers was ’n seun te wagte... en toe sy gebore is, was daar nie ’n naam op die tafel nie.

Sy het twee seuns en een dogter, 4 kleinkinders wat in ouderdom wissel van 8 tot 28 jaar.

Lirpa hou van kamp, stap (of op en af ry met haar Zippy Nippy), swem en  rolbal. Sy bak, hekel, brei, doen graag tuinwerk.

 

Sy dra haar deel by deur diens doen in die oord se biblioteek.

Haar woorde is, haar lewe is vol, maar vervelig. 😉

 The Vice-chairman

Almost eight years ago, we moved to Warmbaths, and everybody asked, 'Why Warmbaths?'. I didn't know the answer then and reasoned that we wanted to sit back, relax, and enjoy our old age. Unfortunately, that didn't happen.

We were only here briefly when I got involved at church. Sisters Society, becoming an elder and not long after, I started processing all the data at the church, which I enjoy tremendously as it is what I like doing.

Then, it was November 2022 and time for the election of a new Management Committee. In 2022, I took care of the finances at the village and said I didn't want to be involved anymore. Still, I was nominated and landed the vice chairman position. What now? I am a doer, not a leader. I wrestled with this for a while and decided that nothing would come your way without a reason.

Security is a male thing, and I thought it wouldn't work, but with a good relationship with the guards and other people involved, it works very well. Communication is not an issue, as I like setting up letters and languages, which are always challenging. It is a pity that the webpage and I are not friends, but hopefully, my input on the blog is valid.

My sincere thanks to all who supported me and gave me positive feedback. Thanks to those who were always looking for something to criticize, as you made me persevere to carry on.

May the new management have a wonderful and peaceful year for the task ahead. Hopefully, the 2024 Management Committee will live up to the resident's expectations.



 May the Renaissance be a peaceful haven for all.

 Weke het verby gegaan sonder enige gebeure op die joernaal. Ek sukkel my gedaan om die webblad aan die gang te kry wat volgens die mense wat daarvoor instaan, nie bruikbaar is nie. Hopelik gaan ons dalk iets reg kry in die volgende week of so. Verskoning aan die wat graag die webblad besoek en nou niks kry nie.

Ek sal maar 'n paar uittreksels uit die nuusbrief hier plaas vir interessantheid.

Die Voorsitter se Verslag:

Soms is dit aangenaam om ʼn verslag voor te lê van gebeure gedurende ʼn sekere periode.  Om egter objektief te bly en nie kwetsend te wees nie, is nie so maklik nie.

 Dit bring my by die punt - waar en hoe is dit dat ʼn klein presentasie die vermoë het om die rus en vrede te verstoor. Die persepsies van mense met, die eie-ek, ek kan, ek sal, ek is oud, ek het nie geweet nie, kom na vore. Ek rig ʼn versoek aan almal en ook aan myself wat sê ons is Christene, kan jy voor God sê jy het nie geweet nie, of wil jy hê God moet saam met jou lieg. Dit is ʼn saak wat elkeen met God moet uitmaak en doen dan die regte ding.

 Alles is nie negatief nie. Dankie aan almal wat die ekstra myl loop om van Renaissance ʼn aangename tuiste te maak. Dankie vir die briewe wat ons ontvang van omgee en bemoediging.

 Die stryd teen watervoorsiening en krag probleme, is buite ons beheer. Ek draai nie krane toe nie en skakel ook nie die krag af nie. Ek kan u verseker dat van die bestuurslede dag vir dag op eie onkoste en tyd by die Munisipaliteit deurbring om ons oord se rekeninge reggestel te kry. Hierdie is ʼn Warmbad probleem. In die gemeenskap is daar mense wat reuse werk doen om die probleme  opgelos te kry. Spaar die kritiek teenoor die persone en bid eerder vir hulle.

 Eendrag maak mag. Mag 2024 vir Renaissance ʼn vreugdevolle jaar wees.

Tuesday 17 October 2023

 Wens ek het geweet wie het dié geskryf want dan kon mens erkening gee:🤷‍♀️

Hoe mooi gesê is die nie:👵🏻👴🏻

Die ouderdom is `n blikslater....

Hy bekruip jou.

Soos droogte in die Boesmanland.

Stadig.

Maar seker.

Hy maak jou krom.

Hy maak jou stom.

Hy maak jou vergeet.

Hy knibbel stomp-tand aan eergister se onthou.

Hy stroop die bas van jou onthouboom.

Hy los jou alleen.

Met net gedagtes.

Ver gedagtes.

Wat jou terugvat na jou jonkweesdae.

Jou eerste Daan Desimaal jare.


Maar die ouderdom maak jou ook astrant.

Soms neuk hy stroom-op met jou.

Na daar waar jy weet jy nie eintlik moet gaan krap nie.

Want dis die plek van die Groot Nostalgie.

Wanneer jy sonder dat jy wou, skielik daai ou droë Heimweeboom begin klim.

Ja, hoog in die takke is jy.

Jy raak dik gedrink.

Van die verlange se waters.

Jy boor diep.

Slukkie vir slukkie drink jy uit blou jare terug se vars boorgate.

Jou kinderjare.

Skoolgaanjare.

Vingerbordjare.

Bok-bok-staan-styf jare.

Jonk-verlief-wees jare...


Soms praat jy met jouself.

Saggies.

Of so dink jy.

Want jou ore hoor nie meer soos destyds nie.

Al is hulle nou groter...

Ja, jou gesig krimp, maar jou neus en ore word groter.

Jou tande raak stomp.

Jy word lomp.


Ouderdom is soos `n steeks donkie.

Hy briek jou.

Jý wil, maar jou bene steek vas.

Viervoet vat hy jou vloer toe.

Loopraam toe.

Soos `n kind.

Só stroop hy jou selfvertroue.

Gister se bravade maak plek vir vandag se bang.


Ouderdom steel.

Jou onafhanklikheid.

Jou karsleutels.

Jou lisensie...

Hy lewer jou oor.

Aan ander se genade.

Hy maak jou sag.

Weerloos.

En eensaam.

Hy laat jou huil.

Sommer oor niks.

Sommer oor alles.


Die ouderdom is `n wetter.

Met `n hoofletter!

Hy ruk jou uit jou huis uit.

Ontvoer jou.

Teen jou wil.

Huis Herfsblaar toe.

Waar Matrone jou baas is.

Huisreëls jou bind.

Styf.

Vas.

Met oumenstoue.

Waarvoor jy `n helse prys betaal.

Letterlik.

Terwyl jy Genadebrood moet eet...

En perdesalf op ou spiere se seer smeer.

Ouderdom druk jou smaakkliere toe.

Jy verloor jou proe.

Hy vat jou eetlus weg.

Jou energie.

Hy breek jou spoed.


Maar ouderdom leer jou ook geduld, want die kinders kom kuier op húlle tyd.

Ouderdom laat jou spog.

Te veel.

Oor die kleinkinders.

Wat jou siel lawe!

Saam met die jare se grysheid, kom daar darem ook `n bietjie wysheid.

En diepe dankbaarheid.

Vir gespaarde jare uit Sy hand uit.


Maar dan.

Later.

Raak jý stadig maar seker weer kind.

Moet jy gewoond raak aan die alewige verkleinwoordjies...

En om na jou kinders te luister! 🙏🏻🙏🏻


Saturday 14 October 2023

DIE LAASTE BEEN VAN DIE LEWE !!!

Het hierdie op 'n ander groep raak gelees en gedink dit pas nogal by ons Renaissancers!

        Meeste van ons is nou in die laaste kwart van ons lewe en behoort hierdie interessante stukkie raad te lees 👍

          Hierdie is een van die mooiste en sagmoedigste artikels wat ek in 'n rukkie gelees het: Geen politiek, Geen godsdiens en Geen rassekwessies nie - net stof tot nadenke.

           Jy weet, tyd het 'n manier om vinnig te beweeg en jou onbewus te vang van die jare wat verbygaan.

 Dit voel net of dit gister was dat ek jonk was en my nuwe lewe aangepak het.  Tog, op 'n manier, voel dit soos jare gelede, en ek wonder waarheen al die jare gegaan het?

 Ek weet dat ek hulle almal geleef het.

Ek het 'n blik op hoe dit destyds was en van al my hoop en drome.

                Hier is dit egter, die laaste kwart van my lewe en dit vang my onverwags !!!

     Hoe het ek so vinnig hier uitgegekom?       

Waar het die jare heen gegaan en waarheen het my jeug gegaan??

              Ek onthou goed dat ek ouer mense deur die jare gesien het en gedink het dat daardie ouer mense jare van my af was en dat ek net in die eerste kwartaal was en dat die vierde kwartaal so ver was dat ek dit nie kon visualiseer of ten volle kon indink wat dit sal en sou wees nie.

        Tog, hier is dit!!  My vriende is afgetree en word grys, hulle beweeg stadiger en ek sien nou ’n ouer persoon.  Sommige is in 'n beter en sommige slegter vorm as ek, maar ek sien die groot verandering.  Hulle is nie soos dié wat ek onthou wat jonk en lewenslustig was nie.  Maar, soos ek, begin hul ouderdom wys en ons is nou daardie ouer mense wat ons vroeër gesien het en nooit gedink het ons sou word nie.

             Nou vind ek amper elke dag dat net om te stort 'n ware teiken vir die dag is en om 'n middagslapie te neem is nie meer 'n bederf nie !!  Dit is verpligtend, want as ek dit nie uit vrye wil doen nie, raak ek aan die slaap waar ek sit.

           En so, het ek hierdie nuwe seisoen van my lewe binne gegaan, onvoorbereid vir al die pyne en die verlies aan krag en vermoë om dinge te gaan doen wat ek wens ek gedoen het, maar nooit gedoen het nie.  Ten minste weet ek dat, al is ek in die laaste kwartaal en ek is nie seker hoe lank dit sal duur nie, dat wanneer dit verby is op hierdie aarde, dit alles verby is.  'n Nuwe avontuur sal begin, voel ek !!

            Ja, ek is spyt.  Daar is dinge wat ek wens ek nie gedoen nie;  dinge wat ek moes gedoen het, maar daar is werklik baië dinge wat ek bly is dat ek dit gedoen het.  Dit is alles in 'n leeftyd.

             So, as jy nog nie in die laaste kwartaal is nie, laat ek jou herinner dat dit vinniger sal wees as wat jy dink.  So, wat jy ook al in jou lewe wil bereik, doen dit sommer nou.

Moenie dinge te lank uitstel nie.  Die lewe gaan vinnig verby.

              So, doen vandag wat jy kan, want jy kan nooit seker wees of jy alreeds in die laaste kwartaal is of nie.

           Jy het geen belofte dat jy al die seisoene van die lewe sal sien nie.  So, leef vir vandag en sê al die dinge wat jy wil hê jou geliefdes moet onthou - en hoop dat hulle jou waardeer en liefhet vir al die dinge wat jy vir hulle gedoen het in al die afgelope jare.

             'Lewe' is 'n geskenk aan jou.  Wees gelukkig !!

 Lekker dag !!

             Onthou, dit is gesondheid wat ware rykdom is en nie stukke goud, silwer of gedrukte Note of selfs eiendom nie.

 Jy mag dalk dink:

             Om uit te gaan is goed - maar om terug te keer huis toe is baie beter !!!

            Jy vergeet name - maar dis okay want sommige mense het alreeds vergeet dat hulle jou ooit geken het!!!

            Jy besef, jy gaan nooit regtig goed wees in iets soos gholf nie – maar jy hou van die buitelewe.  So doen dit.

          Die dinge wat jy vroeër omgegee het om te doen, stel jy nie meer belang in nie - maar jy gee regtig nie meer om dat jy nie soveel daarin belangstel nie.

               Jy slaap beter op 'n sitkamerstoel met die TV aan as in die bed - jy noem dit 'voor-slaap' !!!  As jy dit geniet, doen dit.

            Jy mis die dae toe alles gewerk het met net 'n 'Aan' en 'Af' skakelaar !!!

            Jy het baie klere in jou klerekas, waarvan jy meer as die helfte nooit weer sal dra nie – maar jy hou dit net vir ingeval !!

  Oud is goed -

 • Oud is gemaklik.

 • Oud is veilig.

 • Ou liedjies.

 • Ou flieks.

 • en - die beste van alles,

 • Vriende van ouds !!!

            So, bly gesond, 'Ou vriend.'

            Geniet 'n fantastiese dag.

              Geniet 'n wonderlike kwartaal, in watter een jy ook al is!!!

Kyk mooi na julself.

Party ou mense darem!

 


Monday 25 September 2023

NUWE INTREKKERS HIERDIE KWARTAAL!


Susan van der Merwe (E16)

Susan is afkomstig van Witbank waar sy haar eie keuterskool bedryf het, nl Lawaaidraai...

Sy het twee kinders, Waldo en Marizaan. Tydens Covid, het haar dogter so siek geword tydens haar swangerskap, dat dit Susan genoop het om Pretoria toe te verhuis om haar te ondersteun. Ouma moes na die baba omsien, terwyl Mamma in die hospitaal was. Genadiglik het alles goed afgeloop.

Die plan was om hierheen te verhuis en dinge het uiteindelik so uitgewerk dat sy nou die rus en vrede van die oord kan geniet.

Sommer vinnig het Susan haar tuin reggeruk en aangesien dit so naby aan die hoofhek is, ’n lus vir die oog.

 

Ans Mattyser (E77)

Ans is gebore op ‘n plaas in Heilbron en het daar grootgeword. Sy het alles op die plaas leer doen - van trekker ry tot koeie melk.


Ans is die ma van vier kinders – drie seuns en een dogter, skatryk ouma van twaalf kleinkinders oumagrootjie van drie agterkleindogters.

Tot en met haar onlangse aftrede te Renaissance, was sy aktief werksaam in die arbeidsmark. Sy is meganies en tegnies aangelê en het ‘n heelwat betrekkings in die verband beklee. Ans en haar seun het ook saam ‘n konstruksie maatskappy in Centurion bedryf.

“ Ek het nou kom aftree in die lieflike, stil, rustige en veilige Renaissance met vriendelike mense om my”.





6. STOEPKUIERS!!!

 Elke tweede Vrydag van die maand kuier van die inwoners 'n hond uit 'n bos op die stoep.

Hulle maak dit 'n prettige geleentheid met verskillende temas.


VERSKILLENDE SKOEISEL!                                                                                    

 


MIDWINTER - PJ'S OR TRACKS!



























Ons spog met ons fotograaf!!

 


n Foto van ‘n wyfie Witpens- suikerbekkie, geneem hier in Renaissance, wen ’n groot prys by Birdlife South Africa.

 

Fotograaf: Philip van den Berg

Sunday 24 September 2023

7. SOP EN SJERRIE! OF NA DIE TYD SJOP EN SERRIE!


 Sestig mense woon hierdie 
gesellige geleentheid by. Daar was oorgenoeg sop en allerlei gebak om die sop te komplimenteer.            


















Bietjie stof tot nadenke!/Something to think about!

 



Besluit vandag om nie jou lewe te spandeer deur na die weer te kyk en vir die volgende storm te wag om jou lewe deurmekaar te krap nie.

Geniet liewer die sonskyn en onthou...die son kom elke oggend weer op ten spyte van die storms.

Mag jou lewe kalm en sonder storms wees.




Sunday 17 September 2023

5. The adventures of some of our residents!

 Vossie and Des Vos (U111)

During March/ April 2023, we finally enjoyed our pre-covid paid booking to Etosha National Park.

We combined this with a tour through Botswana and Namibia. Etosha was the purpose and highlight of this holiday, but other places we found exciting along the way – need to be mentioned, too.

In Namibia – it was our overnight stop at Spitzkoppe Community Camp. Camping between bald granite peaks and caves, with other campers nowhere in sight, is complete peace and tranquillity. It was a unique experience under the African skies.

In Botswana – it was our stay at Elephant Sands. This is the place to be if you want to see elephants up close; elephants wander the camp 24/7 to reach the water hole in front of the lodge. To have these wild elephants walk within meters of our tent was a thrilling, once-in-a-lifetime experience. 

                                    


 
   

Sunday 10 September 2023

4. Geestelike voeding wat ons almal nodig het!

 Padwaardigheid

 

As God se voertuig in die wêreld is ons nou nie juis die aansienlikste model wat daar is nie.  Inteendeel, ons is maar vol duike, krapmerke en roeskolle. “Almal het afgedwaal, almal het ontaard.  Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie” (Rom 3:12).  Ons is op ons beste maar gereed vir die wrakwerf (vers 13-17).

 

Genadiglik weet God wat Hy aan ons het, want Hy het ons gemaak.  Hy weet wat ons potensiaal is. 

 

God maak my vir die reis padwaardig.  Hy gee my ‘n nuwe lewe.  Hy doen my enjin oor en sit sy restourasiewerk daagliks voort terwyl ek op reis is.  Want sien, hy het dringend voertuie nodig vir sy werk.  Ek kan daarom nie wag tot “wanneer ek goed genoeg sal wees vir die werk nie”.  Die dag sal mos nie aanbreek wat ek myself goed genoeg gemaak het nie.  God vra maar net dat ek myself vir Hom oorgee.  “…Gee julleself aan God as lewende en heilige offers… Dit is die wesenlike van julle godsdiens wat julle moet beoefen” (Rom 12:1).  Alles begin by oorgawe.

 

God vergewe en vergeet my mislukte reise en begin nuut met my.  Die restourasiewerk vir padwaardigheid behels dat Hy toegang het tot my besluitneming, sodat Hy ook my denke kan vernuwe (Rom 12:2).  In plaas daarvan om roekeloos voort te reis en die een ongeluk na die ander te maak of te veroorsaak, steur ek my nou aan sy aanwysings.  Hy installeer ‘n nuwe besluitnemingsisteem wat aangedryf word deur die liefde. En die liefde doen die ander padgebruikers geen kwaad aan nie (Rom 13:10).

 

Gebed:

 

Vader, dankie dat U my vrygespreek het.  Maak my asseblief padwaardig vir die reis! Amen.

 

Taak:

 

Ø  Het jy al jou lewe oorgegee aan God?  Bedink wat het jy met die oorgawe bedoel? 

Ø  Met watter restourasiewerk is God tans besig in jou lewe?

 

Toegif:

 

Onderstreep Romeine 3:24b in jou Bybel en verander hulle na ek: “…maar ek word, sonder dat ek dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus”.

 

 

3. ONS SLIM MANNE OOR SONKRAG

 Sonkrag                                                                                                Johan Benade (E86)

In die 1920’s ontvang Albert Einstein en Robert Milliban onderskeidelik Nobelpryse vir hulle navorsing oor die foto-elektriese  effek.

Dit vorm van die hoekstene van wat ons vandag losweg “sonpanele”  noem, maar wat eintlik fotovoltaïese selle is. Dit kom kortweg daarop neer dat wanneer lig op ‘n metaal val,  dit elektrone vrystel... die basis van elektrisiteit . Ons moes dus  byna ‘n eeu wag voordat ons die punt bereik het waar sonkrag, vandag, redelik algemeen gebruik word om elektrisiteit mee op te wek.

Die beginpunt van ‘n sonkragstelsel is die sg. sonpanele wat inderwaarheid ‘n hele klomp baie klein sonpaneeltjies is wat aanmekaar gesit is om ‘n groter paneel te vorm. Dit is die swart panele wat ons op die dakke van huise sien. Hoe meer panele daar is hoe meer elektrisiteit wek hulle op en hoe meer sonlig op hulle val, hoe meer doeltreffend is hulle. Daar bestaan reeds sg. sonplase waar die totale oppervlakte van die sonpanele etlike hektaar is.

Sonpanele werk net terwyl die son skyn. As jy dus elektrisiteit  gedurende die nag wil gebruik moet jy dit wat gedurende die dag opgewek is, iewers stoor. Daarvoor benodig jy ‘n battery. Tussen die sonpanele en die battery benodig jy  ‘n laaireguleerder (charge controller) wat die hoeveelheid  elektrisiteit  wat vanaf die sonpaneel  na die battery vloei  reguleer  ten einde nie die battery te beskadig nie.

Die elektrisiteit wat die sonpanele verskaf, sowel as dit wat in die battery gestoor is , is in die vorm van gelykstroom-elektrisiteit. Die elektriese toestelle in ons huise  werk egter  met 230V wisselstroom- elektrisiteit. Om die gelykstroom (12 Volt, of veelvoude daarvan) na wisselstroom  om te skakel benodig ‘n mens ‘n omsetter (inverter).

By die ontwerp van ‘n sonkragstelsel moet  die hoeveelheid elektrisiteit wat benodig word versoenbaar wees met die groottes van die sonpanele, die batterye, die reguleerder en die omsetter, en die groottes van al die komponente moet ook  versoenbaar wees met mekaar. 

Om totaal onafhanklik van Eskom te wees sal ‘n mens ‘n baie groot sonkragstelsel moet aanskaf, iets wat geldelik  buite baie van ons se bereik is. Dit is dus meer prakties om ‘n sonkragstelsel met Eskom se stelsel te integreer sodat jy eintlik net die sonkragstelsel gebruik wanneer Eskom nie beskikbaar is nie.  So ‘n integrasie benodig ’n  ingewikkelde elektroniese beheerstelsel en bespreking daarvan  val buite die omvang van hierdie artikel.

 Dankie Johan! 

Min van ons weet regtig hoe die dinge in mekaar steek.


 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

2. Ons Bestuurs genote!

 Johan Schreuder - Tesourier



Gebore en getoë in Suidwes-Afrika – toe nog nie Namibië nie.

Vir sestien jaar nou al, woonagtig in Suid-Afrika.  Bosvelder? Ja, dit voel darem al soos huis, maar hy bly Suidwester in sy hart.

Johan beklee die tesourierpos op die bestuur. Hy hou homself verder besig deur enige pit waarop hy sy hande kan lê, aan die groei te probeer kry. Sy stoep staan gevolglik vol potjies.... Dié plante ruil hy eventueel by die kwekerye vir kompos of plante.

Hulle bly lekker in Renaissance. Dalk moet almal hul deure so kleurvol verf....(?)

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX

Frik Wasserman – Tuine

Vir jare, het hulle vakansie gehou by Klein Kariba vanaf Ermelo, dus was die skuif dertien jaar gelede Bosveld toe, nie moeilik nie.

Frik en sy span, is verantwoordelik vir die oord se tuine. Versoeke word ingestuur na die kantoor en elke oggend kry hy dit en taak die drie werkers om versoeke aan te spreek. Hy sal dan deur die loop van die dag kyk dat die take behoorlik voltooi word.

Teenkanting en negatiwiteit maak sy werk moeilik en hy wou al moed opgee, maar daar is darem diegene wat raaksien wat hy doen. Die omheining wat ’n ruk gelede skoon gesny moes word, het inwoners ongelukkig gestem, maar helaas, dit moes gedoen word. Dit is vir almal se veiligheid en ons moet dit so insien....  


SAFETY FIRST!!

1. Voorsitter se boodskap in die Kwevoel vir die afgelope kwartaal!

 Wessie says:

Eight months of 2023 are almost gone—a period where residents each had their own experiences, which were either good or bad. Life also gives you two choices about where you will be in eternity, which will also be good or bad depending on your preferences, which will determine the outcome. Will you live according to the Bible, or are you living a life where your rules count?

There are still a lot of projects ahead of us for which we need the co-operation of all residents. Despite their problems, we are grateful for those residents who helped make Renaissance a better place. Thanks also for all the positive criticism we received to help us better our standards.

Members of the Management Committee went to Renaissance Faerie Glen to familiarise themselves with how other Renaissance complexes operate, which was very informative. They have employed a so-called Site Manager who handles the day-to-day maintenance, breakdowns, problems in and around units, garden issues and overall cleanliness. He reports back to Management, and they will take care of significant issues.

Warmbad Renaissance will have to do thorough investigations into some issues to be prepared to put proposals on the table for the Annual General Meeting in November if we want to go that route.

The plans to appoint a Site Manager must be viable and affordable, and finding the right person for the job will be challenging.


Let's enjoy the last few months of the year.

 

 


Wednesday 28 June 2023

'n Paar komiese antwoorde, deur A.G Visser.

  

Spesiaal vir pensioenarisse op die vraag:

Hoe gaan dit?


1. Baie goed... ek het vanoggend darem mos bo di grond wakker geskrik.

2. Wel, op gestaan en self aangetrek.

3. Ni te goed ni... ek het soveel pyn dat ek ni eens plek het vi almal ni.

4. Ag my Vriend, ek kla ni oor my pyne ni, want ek kry dit verniet.

5. Dit gaan baie goed, elke pyn is op sy regte plek.

6. Ek is darem nog padwaardig, maar moet net ni my "bonnet" oop maak ni.

7. Wel wel wel, ek kners op my agter tande en glimlag met my voortande.

8. Ek voel vandag soos 'n kriek wat Doom ingekry het, ek beur al na di een kant toe.

9. Dit gaan op-en-af en heen-en-weer soos met 'n bak jellie wat onrustig is.

10. Dit gaan tussen sleg en verskriklik.

11. Ek druk deur, al maak dit seer.

11. Nuwe Intrekkers die laaste paar maande

 

 Neels en Joanne Putter (E54)

Dié twee is oorspronklik van Potchefstroom.  Vir die afgelope 4 jaar, handhaaf hulle ‘n tipiese nomadiese leefwyse, want die karavaan was hul ‘huis’.

Neels en Joanne is lankstaan kampeerders.  Hulle kan tot drie maande op ‘n plek staan en verken dan die omgewing behoorlik.  Hulle het al die Weskus, Kuilsrivier, Sedgefield, Natal, Drakensberge, Scottburgh en Swadini beleef.  Tydens hul chroniese vakansie-ingesteldheid, is albei passievol oor voëls, naaldekokers en skoenlappers. Hulle neem foto’s en deel hierdie inligting met Virtual Museum.  Van die 962 Suid-Afrikaanse voëlsoorte, het hulle al 460 gefotografeer en van die 163 soorte naaldekokers, het hulle al 91 opgespoor.

Hennie de Villiers was ‘n kennis van Neels, en sowat 18 maande gelede, het Neels die huis by Hennie gekoop.  Die huis is heeltemal oorgedoen en hulle is uitéindelik tevrede.  1 Mei word die karavaan gehaak om die langpad aan te durf Swadini toe.  Beslis ‘n ‘lock up and go’ tuiste hierdie!

Willie en Kitty Abrie (E59)

Willie en Kitty was vir 30 jaar woonagtig op Steelpoort, waar Willie werksaam was.  Daarna het hulle vir tien jaar op die koue Bethal gewoon.

    Hulle kamp graag en het al verskeie kere in Bela Bela gekampeer, dus bekend met die klimaat en die omgewing.   Om die koue vry te spring, was die besluit om hierheen te verhuis, maklik.  Hulle het eers in Caritas belanggestel, dit wou nie realiseer nie en het uiteindelik in Renaissance beland. Hulle het vier kleinkinders en hul dogter is woonagtig op Lydenburg. Albei hou van tuinmaak en hou hulself besig in en om die huis.



Isabella Behrens (E19)

Isabella het tot rus gekom in ons oord.  Vir jare het sy daar gegaan waar die lewe haar lei.  Nadat haar man oorlede is en die kinders (twee seuns en ‘n dogter) groot is, is sy Natal toe.

Sy het daar vir ‘n Noorweër ‘n plaas bestuur (uitvoer-piesangs) vir vyftien jaar met 160 werkers onder haar toesig.

Haar een seun en dogter woon op Warmbad en dit is hoe sy hier beland het.  Geen ouetehuis vir haar nie, nee dankie.

‘n Bloubul wat op hoogte bly wat landsake betref.  Sy stap graag en wil graag inskakel by die oord se aktiwiteite.