Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 6 April 2014

Inwoners getrakteer

Die oord se Sosiale Aksie het die inwoners onlangs op 'n heerlike noenmaal getrakteer.

Die tafels was pragtig versier, die kos smaaklik en die vermaak in die kol. Trouens, die geleentheid het getuig van fyn beplanning en baie harde werk. Stylvolle funksies soos dié dra onteenseglik by tot 'n sterk gevoel van samehorigheid in die oord.

Hieronder verskyn 'n aantal foto's wat die geleentheid uitbeeld.


Die span raakvatters berei die kos voor. Van links na regs verskyn Trynie Marx, Rita Vosloo, Lirpa Kuntz en Lientjie Ellis.


Die Voorsitter van die Sosiale Aksie, Corrie Pretorius, staan by 'n swartbord waarop die spyskaart aangebring is.

Van links na regs verskyn Lirpa Kuntz, Ria Janse Van Rensburg, Eddie Kuntz en Hennie Pieters.
 

Willie en Annatjie du Plessis het hulle kleindogters, Anchen (agter) en Zeldine (voor) saamgebring.

 
Kobi Breedt het 'n paar sangitems gelewer. Haar begeleidster is Marie Engelbrecht.
 
Veronica en Attie van Deventer het die ete sommer gebruik om ook hulle vyf en vyftigste huweliksherdenking te vier. Kobi het vir hulle One day when we were young gesing. Menige inwoner het dit met 'n knop in die keel aangehoor.

Ramona Wessels (links) en Rina Breytenbach. Ramona is A B de Villiers, die Protea-krieketheld, se ouma.

No comments:

Post a Comment