Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 13 February 2014

Nuwe aankomelinge

Hennie en Nellie Stoop van #91 het onlangs vir die tweede keer binne drie maande die wonder van die voëllewe in ons oord eerstehands beleef toe 'n rooibeklyster in 'n blombak op hulle stoep eiertjies gelê, uitgebroei en drie kleingoed grootgemaak het.

Hennie en Nellie Stoop
Die rooibeklyster is 'n kleinerige voël wat wydverspreid voorkom, ook in ons oord. In Engels staan hy bekend as 'n kurrichane thrush. 'n Interessante kenmerk van die rooibeklyster is dat die mannetjie en wyfie voëls van eenderse vere is; hulle kan nie op grond van hulle veredos onderskei word nie.

'n Rooibeklyster.
Die rooibeklyster is monogaam; die mannetjie en wyfie bly getrou aan mekaar tot die dood hulle skei. Slegs dan sal die oorlewende 'n nuwe maat aanneem.

Gewoonlik maak die rooibeklysters hulle nessie in die takke van 'n boom of struik. Hennie en Nellie se voëltjies het 'n hangende blombak op hulle stoep uitgekies waarin hulle hule groenkleurige eiertjies gelê het en uitgebroei het.

Die nuwe aankomelinge. Piet Combrink het die foto geneem.
Hennie vertel dat die ouerpaar baie aggressief was terwyl die kleintjies nog in die nes was. Hulle het hom en Nellie letterlik in die hare gevlieg het as hulle dit naby die blombak waarin die nes was, gewaag het. Hulle kon nie eers koffie in vrede op die stoep drink nie!

Hennie en Nellie woon reeds veertien jaar in Warmbad Renaissance. Hennie is in Newcastle, Natal, gebore en Nellie in Melville, Johannesburg. Hennie was as 'n rekeningkundige by die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens werksaam en Nellie, by Telkom. Hulle huwelik van 53 jaar is geseën met vier kinders, ses kleinkinders en twee agterkleinkinders.

No comments:

Post a Comment