Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 29 September 2014

Tiptolle - bekende inwoners in ons tuine

Die alomteenwoordige swartoogtiptol (Pycnonotus barbatus) kom wydverspreid in ons Oord voor. 

Die swartoogtiptol
Hierdie voëltjie het 'n donkerbruin kop met 'n klein kuifie, ’n ligbruin maag, heldergeel vere onder die stert en 'n swart randjie om die oog. Om hul teenwoordigheid vir die teenoorgestelde geslag te adverteer maak hulle vroegoggend gebruik van welluidende roepe: 'n melodieuse 'cheloop chreep choop'.

Swartoogtiptolle kom in pare voor, elk met sy eie gebied. Hulle bou stewige neste in die lente van ’n verskeidenheid plantmateriaal in die laer takke van bome en struike.

Hierdie swartoogtiptolwyfie het haar nessie in 'n lemoenboom teenaan Eenheid 119 gemaak. Die bewoners noem haar Bessie en sien met groot afwagting uit na die kleintjies wat hopelik eersdaags sal uitbroei 
Die ouers neem kos na die kleintjies in die nes deur dit in hul keel te dra in plaas van in die bek. Daardeur word die teenwoordigheid van ’n nes met kleintjies nog meer geheim gehou.

Tiptolle leef van vrugte, bessies, nektar en ook insekte. Hulle is soms ongewild omdat hulle skade aan vrugte-oeste aanrig.

Tiptolle is baie waaksaam en is dikwels die  eerstes in ’n groep voëls om gevaar soos byvoorbeeld slange op te merk. Hulle maak dan alarm en die ander  voëls in die omgewing kom gewoonlik help om die indringer te verjaag.

[Hierdie artikel (ietwat aangepas) deur Louise Coetzee het in Die Volksblad van 28 Mei 2005 verskyn.]

No comments:

Post a Comment