Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 17 June 2014

Hester hou ons oord aan die lees

As daar één ding is waarna baie mense wat aftree-ouderdom bereik het reikhalsend uitsien, is dit meer tyd om te lees.

En as 'n afgetrede persoon dan ná aftrede na die mooie Warmbad Renaissance trek, sal 'n inwoner, Hester Botes, hom help om sy leeslus na hartelus te bevredig.

Hester doenig in haar heiligdom
Hester is in beheer van 'n goedtoegeruste bibliotekie in die oord waarin daar nagenoeg 2 000 Afrikaans- en Engelstalige boeke gehuisves word. Sy bedryf dit reeds 11 jaar lank.

Die biblioteek is een keer per week oop. Dan kloek Hester soos 'n moederhen om die groot aantal inwoners wat die biblioteek gereeld besoek. Hulle mag vyf boeke per persoon per week leen.

Hester en twee van haar beste klante. Links staan Adree Hugo en regs, Mariet Roestoff
Op 'n vraag wat Hester die graagste wil hê, antwoord sy: "Nog en nog en nog baie meer boeke - veral nuwer uitgawes. Dit maak nie saak wat die tema daarvan is nie, solank dit gratis en verniet is!"

Indien u dus boeke oor boeke beskik waarvan u ontslae wil raak, skakel Hester gerus by 014 736 2466 of 079 025 0346.

No comments:

Post a Comment