Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 29 October 2014

Lappies word president van die plaaslike rolbalklub

Nóg 'n inwoner van Warmbad Renaissance is as president van die rolbalklub op Bela Bela verkies.

Hy is die 66-jarige Lappies Labuschagne wat saam met vroulief Joey in Eenheid 139 woon. Hy volg vir Nick Pretorius (Eenheid 122) op.

Lappies Labuscagne
Lappies is vol lof vir die uitstekende werk wat sy voorganger die afgelope paar jaar verrig het. 

"Onder sy leiding het die klub ontwikkel tot die heel beste in Limpopo. Ek het gewis gróót skoene om vol te staan," verklaar Lappies onomwonde.

Ná sy uittrede het Nick lewenslange erelidmaatskap van die klub ontvang.

Nick Pretorius en sy erelidmaatskapsertifikaat
As 'n mens na die lowergroen bane, die netjiese klubhuis en die mooi tuin kyk, verstaan jy waarom Lappies so opgetoë is oor dié klub wat getuig van uitstekende organisasie en wellewendheid.

Klublede geniet 'n potjie rolbal
Lappies was voorheen 'n geesdriftige gholfspeler. Sowat 8 jaar gelede het hy en Joey besluit om 'n sportsoort te beoefen waaraan hulle saam kan deelneem. En siedaar, rolbal het twee toegewyde spelers bygekry. Hy spog reeds die afgelope twee jaar met Limpopo-kleure.

Lappies en Joey het voorheen op Rustenburg gewoon waar hy 'n aandeelhouer en bestuurder van die plaaslike BMW-agentskap was.

No comments:

Post a Comment