Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 27 June 2014

As dié staander kon praat ...

Voordat die 8-jarige Annemike du Preez onlangs die harte van ons oord se inwoners met haar sangoptrede gesteel het (klik HIER om die berig te lees), is daar naarstiglik gesoek na 'n bladmusiekstaander waarop sy haar musiekboek kon plaas in geval sy die woorde haar die liedjies vergeet.

Uiteindelik is 'n regte, egte bladmusiekstaander by Lucia Pagel (#32) opgespoor.

Annemike en Lucia poseer by die bladmusiekstaander
Lucia het dié staander 75 jaar gelede vir die eerste keer as 'n 10-jarige dogtertjie gebruik terwyl sy die viool bespeel het.

Dit was vir haar nogal 'n emosionele ervaring om die staander aan Annemike te leen, want dit was die eerste keer dat iemand anders dit gebruik.

Lucia is 85 jaar gelede op Dordrecht in die Oos-Kaap gebore. Sy het aan die Hoërskool Indwe gematrikuleer. Viool was een van haar vakke.

Ná skool het sy twee jaar lank Viool onder Elize de Villiers aan die Konservatorium, Universiteit Stellenbosch, bestudeer.

Op 'n vraag of sy later aan musiekkonserte deelgeneem het, antwoord sy nederig: "Ag nee wat, ek het sommer vir die lekker gespeel."

Hierdie sjarmante vrou het haar intrek in 2010 in ons oord geneem. Haar eggenoot, Eric, het haar in 2005 ontval. Hulle huwelik is met 3 seuns en 7 kleinkinders geseën.  

No comments:

Post a Comment