Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 14 February 2014

Teater in die bos

'n Groepie Warmbad Renaissancers het onlangs 'n vertoning van Ballade van 'n banggat by die Tsekama-oord hier naby, bygewoon. 

Vir diegene wat nog nie weet nie, veteraan-akteur, snaakse man en meester van die klug, Tobie Cronjé, is die banggat.

Die banggat
Min het die teatergangers daardie aand besef dat Cronjé die volgende aand 'n Fiësta in die kategorie Beste spel in 'n Solo-vertoning sou ontvang tydens 'n geleentheid waar die room van die Suid-Afrikaanse teaterbedryf by die Staatsteater in Pretoria vergader het om Suid-Afrika se blinkste sterre te vereer.

Die Renaissancers was in 'n opgewonde stemming toe hulle vroegaand in die oord se diensbussie na Tsekama vertrek het.

Tsekama toe!
Terloops, Tsekama is waarskynlik een van die heel mooiste oorde in die Bosveld waar renosters, kameelperde, zebra en 'n groot verskeidenheid wildsbokke in 'n ongerepte omgewing aangetref word.

Tsekama
Ballade van `n banggat handel oor die menslike behoefte om jouself te aanvaar. Dis vol intelligente humor en lewenswysheid. Die karakter wat Cronjé vertolk vertrek op `n reis van selfontdekking en selfaanvaarding waarin die gehoor hulself in menige situasie raaksien.

Na afloop van die vertoning het Cronje vriendelik ingewillig om saam met die groepie vir 'n foto te poseer.

Renaissancers saam met die ster van die vertoning

No comments:

Post a Comment