Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 25 July 2014

Raakvatters woel en werskaf

Min staan verkeerd vir die hande van die Sosiale Aksie-dames onder leiding van Corrie Pretorius. Hulle bak en brou en reël stylvolle funksies dat dit gons.

Die staatmakers van die Sosiale Aksie werskaf in een van die oord se twee goedtoegeruste kombuise. Vlnr verskyn Corrie Pretorius, Lirpa Kuntz, Rita Vosloo, Annatjie du Plessis en Linkie Ellis
Onlangs het hierdie raakvatters 'n kerrie en rys-verkoping gehou wat mooi deur die inwoners ondersteun is. Die maalvleis is deur Unie Slaghuis, JFC Slaghuis, Pick 'n Pay en Spar geskenk.

Linkie dien op
Vroeër vanjaar het die Sosial Aksie 'n smaaklike middagete, vetkoek en maalvleis en jaffels voorberei en verkoop.

Oom Berend Wierenga betaal Hester Botes vir sy kerrie en rys. Die 95-jarige oom Berend is ons oudste inwoner 
Volgens Corrie het hulle vanjaar reeds bykans R4 000 ingesamel. Die geld sal gebruik word om inwoners wat die oord se prestige dinee in November bywoon, te subsidieer.

No comments:

Post a Comment