Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 24 July 2014

Nóg 'n kleinkind presteer

Corrie en Pat Pretorius is nie min trots op hulle kleinseun, Arno Greeff, nie.

Pat en Corrie Pretorius staan aan weerskante van hulle kleinseun, Arno Greeff
Die 19-jarige Arno het onlangs die rol van Krige Vos losgeslaan in die Binnelanders-sepie wat daagliks op die TV-kanaal, kykNET, vertoon word. Hy maak reeds die teenoorgestelde geslag se knieë lam! Een van sy bewonderaars skryf byvoorbeeld soos volg op sy facebook-blad: "Sexy!!!!!!! Sjo wens ek kon ju in lewende lywe ontmoet."

"Stunning foto van 'n handsome ou," skryf Annemari Malherbe op Arno se facebook-blad
(Fotograaf, onbekend)
Sy rol in Binnelanders is nie sy eerste kennismaking met die TV-kameras nie. Hy het voorheen 'n kleinerige rol in die rolprent Verraaiers vertolk. Op skool het hy Drama as vak geneem en in sy matriekjaar het hy geskitter in 'n hoofrol in Helpmekaar Kollege se verhoogproduksie, Mama Mia. Volgens ouma Corrie het Arno op die koop toe sommer vier onderskeidings in die matrikulasie-eindeksamen behaal!

Maar, alhoewel hulle vreugde put uit hulle kleinseun se prestasies, is Arno vir hulle net 'n innemende kleinseun vir wie hulle baie lief is. Wanneer hulle oor hom gesels, is die gesprek deurspek met uitdrukkings soos "'n voorbeeldige, nederige seun" wat "uitstekende menseverhoudings" handhaaf. Volgens oupa Pat is hy vandag dieselfde kind as gister en eergister.

En, les bes, ouma Corrie is mal oor die kuiltjies in sy wange as hy glimlag!

No comments:

Post a Comment