Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday, 1 January 2014

Inwoners groet 2013

Op 31 Desember 2013 het die inwoners van die Renaissance Aftree-oord op Bela Bela, 2013 met 'n gesellige vleisbraaiery gegroet.

Die onderstaande foto's beeld die geleentheid uit.

Corrie Pretorius, Lirpa Kuntz, Rita Vosloo en Lienkie Ellis was die raakvatters wat gesorg het dat die reëlings vlot verloop.

Tommie Marx loer vir oulaas of die pap wat hy en Trynie voorberei het, die regte tekstuur het.

Sommige inwoners het hulle reeds by die keurigversierde tafels tuisgemaak terwyl ander opdaag om deel te neem aan die feestelikheid.

Johnny Meyer, Voorsitter van die Bestuurskomitee, "toets" die kole. Eddie Kuntz hou toesig.

Die manne (én sommige vroue) braai dat die stof staan.

No comments:

Post a Comment