Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Sunday 25 June 2017

Sop-en-sjerrie, die 2017-weergawe

Min dinge smaak so lekker as tuisgemaakte sop en tuisgebakte bruin- en potbrood en tuisgemaakte konfyt en Checkerskaas en OBS op ‘n Bosveldse winterdag.

Op 22 Junie het die oord se sosiale aksie-groep inwoners weer eens op ‘n groot bederf in die Nes getrakteer.

Maar amper net so belangrik as die ete en drinke, was die gesellige samesyn wat tóg maar die primêre doelstelling van die sosiale aksie-groep se aanbiedings is.

Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die verrigtinge.

Gereed vir die groot kuier is (v.l.n.r.) Koos Grobler. Linda Grobler, Marie Snyman, Ans du Plessis, Mel Smith, Dimmie Smith, Liz Snyders en Chris Snyders
Voorslagsopmakers (v.l.n.r.) Miriam Scheepers (groentesop), Isabel Hattingh (boontjiesop), Bets Cilliers (groentesop ), Rita Vosloo (boontjiesop) en Linkie Ellis (groentesop)
Regte, egte sop wat jy met ‘n mes en vurk moet eet!
By die broodtafel verskyn (v.l.n.r.) Vanessa de Wit, Annatjie Maree, Ans du Plessis, Marie Snyman, Danie du Plessis en Louise du Plessis
Dimmie Smith help opruim

Friday 23 June 2017

Ons oord is nie ‘n meenthuiskompleks nie.


(Nota: Let asseblief op die verskil tussen die begrippe “bestuursvereniging” en “bestuurskomitee”)

Die ingang van ons oord
Warmbad Renaissance is ‘n sekuriteitsaftreeoord wat ingevolge bepaalde wetgewing bedryf word, te wete die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone (Wet nr. 65 van 1988), asook die Wet op Deeltitelskemas (Wet 95 van 1986) soos gewysig. Die doel daarvan is om die doen en late van gemeenskappe soos ons s’n (en hulle besoekers) te orden sodat inwoners in vrede en liefde kan saamleef.

Hierdie wetgewing bepaal dat elke aftreeoord oor ‘n konstitusie moet beskik. Die konstitusie maak onder andere voorsiening vir die stigting van ‘n bestuursvereniging. Die bestuursvereniging bestaan uit persone wat ‘n behuisingsbelang in die oord het, dit wil sê individue wat ten minste een eenheid in die oord besit.

Die konstitusie stipuleer dat die bestuursvereniging ‘n komitee moet verkies wat “alle pligte moet uitvoer wat die bestuursvereniging hom oplê.” Hierdie komitee staan bekend as die bestuurskomitee van die bestuursvereniging. Ons bestuurskomitee word jaarliks deur die bestuursvereniging verkies. Bestuurskomiteelede word nie vergoed vir die diens wat hulle lewer nie.

Verder spesifiseer die konstitusie dat die bestuursvereniging reëls moet maak “vir die gedrag van lede”. Die reëls is op alle inwoners van toepassing en staan in ons oord bekend as gedragsreëls.

Ons huidige gedragsreëls is op 29 November 2012 deur die bestuursvereniging goedgekeur. Enkele wysigings is op 24 November 2016 goedgekeur.

Ons administratiewe beampte moet toesien dat elke inwoner ‘n afskrif van die konstitusie en gedragsreëls ontvang voordat hulle in ‘n eenheid intrek.

Inwoners moet daarop let dat onkunde met betrekking tot die inhoud van die konstitusie en die gedragsreëls nie ‘n geldige verweer is nie. 

Wednesday 21 June 2017

Wilma verruil Stompneusbaai vir Bela-Bela

Wilma Kense (74) het Stompneusbaai onlangs ná 13 jaar verlaat en haar intrek in E76 geneem. Die belangrikste rede vir haar verhuising na Bela-Bela was dat sy nader aan haar dogter, Elna, en dié se gesin wou woon nadat haar wederhelf, Herman, haar in 2014 ontval het. Haar seun, Izak, woon en werk al ‘n geruime tyd lank in San Francisco in die VSA.

Wilma Kense
Wilma is in Frankfort gebore en het op haar ouers se plaas, Ellensdeel, grootgeword. Nadat sy aan die Hoërskool Frankfort gematrikuleer het, het sy haar as ‘n grondslagfase-onderwyser aan die Heidelbergse Onderwyskollege bekwaam. Sy het sowat sewe jaar lank skoolgehou voordat Herman, ‘n jong rekenmeester, dié sjarmante skooljuffrou se voete onder haar uitgeslaan het.

Sy en Herman het hulle later op Bela-Bela gevestig waar laasgenoemde sy pa se konstruksiemaatskappy oorgeneem het. Hulle het in 2004 na Stompneusbaai verhuis nadat Herman die konstruksiemaatskappy tot niet gemaak het.

Stompneusbaai aan die Weskus
Wilma het verskeie aftreeoorde oorweeg voordat ons webtuiste (www.renaissance-in-die-bosveld.co.za) haar oortuig het dat ons oord aan haar behoeftes voldoen. Hierbenewens het bekostigbaarheid, vriendelike inwoners en die goedversorgde terrein finaal die deurslag gegee.


Sunday 11 June 2017

Oord verwelkom voormalige inwoners van Hennenman

Voormalige inwoners van Hennenman, Hennie (74) en Martie (74) Huyser, het onlangs in E63 ingetrek nadat hulle sowat twee jaar lank in hulle woonwa in die Kleinbegin-woonwapark naby Bela-Bela gewoon het.

Hennie en Martie Huyser
Hulle het dit egter gaandeweg ernstig oorweeg om hulle iewers in die Bosveld met sy heerlike klimaat te vestig. Nadat hulle ‘n aantal aftreeoorde elders oorweeg het, het dié gemoedelike egpaar Warmbad Renaissance gekies omdat hulle eenheid gerieflik en bekostigbaar is, die oord goed bestuur word en hulle hier veilig voel. Hierbenewens het die oord se webtuiste geen geringe rol in hulle besluit gespeel nie.

Hennie is in Port Elizabeth gebore. Hy het egter in Stellenbosch grootgeword en Paul Roos Gimnasium bygewoon. Nadat hy aan die Hoërskool Monument op Krugersdorp gematrikuleer het, het hy by die Suid-Afrikaanse Polisie aangesluit en in die berede afdeling gedien wat gereeld by seremoniële geleenthede opgetree het – onder andere die opening van die parlement.

Hennie was voorheen 'n lid van die SAP se berede afdeling
Hennie het uiteindelik as die hoof van beskermingsdienste van die munisipaliteit op Hennenman afgetree.

Martie is in Randfontein gebore en getoë. Sy het aan die Hoërskool Riebeeckrand op die dorp gematrikuleer waar dr. Connie Mulder, wat later die minister van inligting in die Vorsterregering sou word, een van haar onderwysers was. Nadat sy die skool verlaat het, het sy by Standard Bank in diens getree waar sy 40 jaar lank ‘n bekwame en gewaardeerde werknemer was.

Hennie en Martie is diep gelowige mense. Hulle was voorheen aktiewe lede van die Suid-Afrikaanse vertakking van die International Christian Motorcyclists Association. Hierdie organisasie was een van die vele wat aan hulle ‘n uitlaatklep vir hulle oortuigings gebied het.

Die kenteken van die International Christian Motorcyclists Association
Dié egpaar is 52 jaar gelede op Krugersdorp getroud en het drie kinders, agt kleinkinders en een agterkleinkind.

Friday 9 June 2017

Indigenous tree of the month (3)

As stated previously, we will provide information about the indigenous trees that occur in our village. The purpose is not only to inform, but also to encourage residents to dedicate themselves to their conservation.

PHILIP VAN DEN BERG (U34) writes: For various reasons the Common Coral Tree (Erythrina lysistemon) is one of the best-known trees in southern Africa. It is widespread in bushveld areas where it is conspicuous when in flower. Coral trees are also used as decorative trees in gardens, parks and along streets because of their beauty and the relative ease with which they may be propagated from cuttings and seeds.

The Common Coral Tree (Erythrina lysistemon)
The Common Coral Tree is a small to medium deciduous tree, but sometimes it can grow very big under favourable conditions. One such tree is the magnificent specimen at U8 in our village. It sheds its leaves in early winter and then the brilliant red, long-lasting flowers appear in large numbers, resulting in spectacular splashes of colour in an otherwise drab winter landscape.

The brilliant red flowers provide spectacular splashes of colour in an otherwise drab winter landscape
Many species of birds and insects are attracted to the flowers, not only for nectar, but also to feed on the insects attracted by the flowers. Common avian visitors include sunbirds, white-eyes, weavers and hoopoes. Opportunistic insectivorous birds such as bee-eaters, drongos, fly catchers and shrikes make a feast of the insects attracted by the flowers. Because of its soft wood, barbets and woodpeckers often excavate their nesting holes in dry stems and thick branches.

Common avain visitors include sunbirds
For the smaller garden, the Dwarf Coral Tree (Erythrina humeana) is an ideal alternative to the larger Common Coral Tree. It is a deciduous shrub or small tree that flowers throughout the summer.

(Note: Philip was formerly the head of the Environmental Education section of the erstwhile Natal Education Department.  After taking early retirement in 1995, he assumed a second career as a professional wildlife photographer. Over the years Philip has received various national and international photographic awards and his images have featured prominently in numerous coffee-table books, calendars, magazine portfolios and other photographic publications worldwide.)

Thursday 8 June 2017

Hou daai lywe soepel!

Rina Steynberg (E105) het onlangs begin om aan ʼn behoefte in ons oord te voldoen: liggaamsoefeninge wat inwoners se individuele beperkinge in ag neem. Sy bied op Maandae en Woensdae om 08:00 in die Lapa ʼn program propvol prettige, nie-inspannende fisieke aktiwiteite aan.

Die foto’s hieronder beeld die vrolikheid uit.

Hierbo verskyn (v.l.n.r.) Toekie Kok, Renate Schmidt, Rita Vosloo, Ria Bester, Pieter Bester, Rina Steynberg, Lienkie Ellis, Linda Grobler, Anna van Rensburg, Annatjie van Rooyen en Jadene Horne.


Eina, maar toemaar!