Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 7 March 2022

Mnr. Margate - 1959

Die 89-jarige Hennie de Villiers (E54) dink met heimweë terug aan Desember 1959 toe hy as ̓n flinke 27-jarige die “Mnr. Margate”-titel verower het (foto onder).  Margate is ̓n vakansiedorp aan die Natalse suidkus.

Op die foto in hieronder verskyn hy saam met “Miss Margate”. Hy onthou nie wat haar naam was nie.

Hennie was ̓n ywerige liggaamsbouer wat soms saam met die bekende Roy Hilligenn geoefen het. Hilligenn het vier jaar agtereenvolgens die “Mnr. Suid-Afrika”-titel gewen, asook “Mr. America” in 1951. Agterop die foto onder, wat hy toentertyd aan Hennie gegee het, het hy geskryf: “To Hennie, my training pal. From Roy.”



 

Thursday 3 March 2022

Oord verwelkom Hans le Roux

Die 88-jarige afgetrede chemikus, dr. Hans le Roux, het Sasolburg onlangs vir Bela-Bela verruil, hoofsaaklik omdat een van sy twee seuns  ̓n wildboer in die distrik is. Nadat hy verskeie aftreeoorde in die omgewing oorweeg het, het Warmbad Renaissance met sy boomryke terrein, uitstekende sekuriteit en hulpvaardige inwoners hom dermate beïndruk dat hy E135 aangeskaf het.

Hans is op Carolina gebore en het in Greenside, Johannesburg, grootgeword. In 1950 het hy aan die Hoër Volkskool Potchefstroom gematrikuleer. Vervolgens het hy in 1953 die BSc-graad aan die PU vir CHO, die MSc-graad in 1955 aan die UP en die PhD-graad in 1967 aan UNISA behaal. Nadat hy sy beroep by verskeie sakeondernemings beoefen het, het hy in 1992 by SASOL afgetree.

Hans en Willie was 59 jaar getroud voordat sy hom in 2021 ontval het. Hulle was natuurliefhebbers, ywerige bergklimmers en het dikwels buitelandse reise onderneem. Twee seuns en twee kleindogters is uit hul huwelik gebore.

Wednesday 2 March 2022

The Chairman's message

 

The Chairman of the Warmbad Renaissance Management Committee, WESSIE VAN DER WESTHUIZEN, writes: The Management Committee is fully aware that our residents are entitled to be informed with regard to matters that concern them.

Die BK is eweneens bewus van die werksla-ding van die Voorsitter en deel u graag mee dat hy slegs op Dinsdag en Donderdag vanaf 9:00 tot 12:00 in die kantoor beskikbaar sal wees om inwoners te woord te staan. Afsprake moet asseblief by Jacky gemaak word.

The responsibilities of individual Management Committee members are set out below. Kindly contact the responsible person directly should it be necessary. 

Die Voorsitter is die primêre fasiliteerder van bespreking en besluitneming in ons oord.

Roedolf Botha is the Deputy Chairman and will act in the Chairman’s place if he is absent. In addition, he is in charge of the Security and Communications Portfolios.

Lirpa Kuntz is ons Sekretaresse en is verantwoordelik vir reëlings en notules met betrekking tot BK- en Dagbestuursvergaderings.

Rina du Toit is our Treasurer. She is responsible for the oversight of our village’s budget and expenditure.

Die oord se administrasie word deur Rina Steynberg behartig. Sy werk nou saam met Jacky en is onder andere daarvoor verantwoordelik om toe te sien dat BK-besluite uitgevoer word.

Elsa Erasmus takes care of the Maintenance Portfolio, including day to day  maintenance, water and electricity issues, as well as gardens and public spaces.

Ria Nel koördineer ons oord se sosiale aktiwiteite. Marlene Bisset is gekoöpteer om die Funksiesgroep te lei.

Finally, Gerhard van Rooyen has been co-opted to act as mentor, general support and liaison officer  with the municipality.