Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 19 December 2015

Emely beloon vir 20 jaar getroue diens

Emely Langa ontvang 'n sertifikaat van die voorsitter van die bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen. Die sertifikaat bevestig die inwoners se waardering vir 20 jaar getroue diens aan die oord. Sy het ook ‘n kontantbedrag ontvang. Emely is op 13 Julie 1995 in die pos van skoonmaker aangestel. Sy het van meet af aan beïndruk met haar sterk persoonlikheid en werkywer. 


Wednesday 16 December 2015

The white-bellied sunbird's unusual nest

Our village abounds with a remarkable variety of bird species. A resident recently observed a nest being built close to his unit by what appeared to be a white-bellied sunbird. It is the only sunbird in the region that has a white belly.

Thursday 10 December 2015

Onlangse aanwinste is boorlinge van die Wes-Kaap en Vrystaat

Esther Bezuidenhout
Esther Bezuidenhout (78) is op Robertson in die Wes-Kaap gebore en getoë. Sy het haar mettertyd as 'n verpleegkundige bekwaam. Sy het 'n groot deel van haar beroepslewe in aftree-oorde en ouetehuise gewerk.

Monday 7 December 2015

Ons oord vier eersdaags sy 25ste bestaansjaar

Ampie en Isabel Hattingh was die eerste persone wat in die oord kom woon het. Hulle het op 1 April 1991 hulle intrek in E20 geneem waar hulle nog steeds woon.

Tuesday 1 December 2015

Ons groet 'n ware heer

Na dertien jaar verlaat die eerbiedwaardige Hennie Pieters ons oord op 21 Desember 2015. Hy sal voortaan by sy dogter, Marian, in Kiblerpark woon.