Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Thursday 6 February 2014

Strydros lê die tuig neer

Johnny Meyer, wat sedert 2005 die funksie as voorsitter van die Warmbad Renaissance Bestuurskomitee vervul het, het pas uitgetree. 

Hy sê dat die hoogtepunt van sy ampstermyn die beveiliging was van die oord deur middel van bewegingsensors wat op die perimeter van die perseel aangebring is. 'n Kortkop agter dié prestasie was die feit dat hy vir Louis van Wyk oorreed het om die onderhoudsportefeulje in die Bestuurskomitee te aanvaar. Louis lewer steeds 'n bydrae van onskatbare waarde. Klik HIER om meer daaroor te lees.

Die sekretaris van die Bestuurskomitee, Braam Cilliers, was vol lof vir die toewyding waarmee Johnny na die belange van die Warmbad Renaissance-gemeenskap omgesien het toe hy hom tydens die maandelikse komiteevergadering op 30 Januarie 2014 lof toegeswaai het vir die uitstekende diens wat hy oor die jare heen aan die inwoners gelewer het. Hierin het Shiela hom getrou bygestaan. Sy was een jaar lank die voorsitter van die Sosiale Aksie.

Johnny word opgevolg deur 'n oud-onderwysman, dr. Barry Vosloo.

Johnny en Shiela het dertien jaar gelede by #78 ingetrek nadat hulle vanaf Pretoria hierheen getrek het.

Shiela en Johnny Meyer
Johnny is in Middelburg gebore en het in Pretoria groot geword. Hy het sy ouers op 'n vroeë ouderdom verloor en moes gevolglik gou uitspring om 'n geldjie te verdien toe hy werk as 'n klerk by die voormalige Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens aanvaar het. Hy het deeltyds gestudeer en die matrikulasie-eksamen met goeie gevolg aan die Pretoriase Tegniese Kollege afgelê.

Shiela is in Pretoria gebore en het agtien jaar later aan die Hoërskool Carolina gematrikuleer. Sy en Johnnie het kort voor lank op mekaar verlief geraak en 56 jaar gelede die knoop deurgehaak.

Intussen het Johnny hard gewerk en mettertyd die rang van superintendent bereik. Shiela het met ewe groot toewyding 'n standvastige huis vir hom en hulle vier kinders geskep. Hulle spog ook met nege kleinkinders en vyf agterkleinkinders.

In 1988 was Johnny genoodsaak om weens gesondheidsredes uit te tree.

No comments:

Post a Comment