Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 11 October 2014

Ons is vandag een jaar oud

Hierdie webjoernaal beleef vandag (11 Oktober 2014) sy eerste verjaardag.

Die berig oor Dries Engelbrecht (Eenheid 132) wat 'n boogskietkompetisie gewen het, was die eerste van 91 wat op 11 Oktober 2013 die kuberruim ingestuur is. Dié berig is ontleen aan ons plaaslike koerant, Die Pos, wat verlede jaar die ATKV-mediaveertjie verower het as die beste plaaslike koerant in Suid-Afrika. Klik HIER om die berig te lees.

Dries Engelbrecht
Volgens Google-statistiek het die webjoernaal die afgelope jaar 6 730 besoeke gelok, oftewel 18 per dag. In Google-taal word besoeke "pageviews" genoem. Die meeste besoekers was uiteraard Suid-Afrikaners: 5 130. Hierna volg Amerikaners (852), Duitsers (150), Nieu-Seelanders (138), Oekraïners (93), Maleisiërs (68), Nederlanders (35), die Britte (34), Franse (26) en Iere (24).

Die berig "Annemike steel harte" is 115 keer besoek, verreweg die meeste van die 91 wat geplaas is. Klik HIER om die berig te lees.

Annemike du Preez
Nóg interessante statistiek is dat die meeste "pageviews by browsers" deur middel van Google Chrome (2 169), Internet Explorer (2 059) en Firefox (1 394) plaasgevind het. 

Ons sien uit na 'n tweede jaar tjokvol interessante berigte oor ons plek en sy wonderlike mense.  

No comments:

Post a Comment