Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 29 November 2014

Jaareindfunksie

Die Sosiale Aksie onder leiding van Corrie Pretorius, het op 28 November weer eens 'n gesellige en stylvolle jaareindfunksie in Die Nes aangebied.  Dit was hulle vyftiende funksie van die jaar.

Die Nes getooi in feestelike gewaad
Die geleentheid is bygewoon deur nagenoeg 130 inwoners, Werner en Linda Pauw, asook Reanett en Andrew Bezuidenhout wat vanaf Pretoria gereis het. Werner is die ontwikkelaar en Reanett die bestuursagent verbonde aan die eiendomsontwikkelingsgroep, Renaissance Ontwikkelings (Edms.) Bpk.

'n Groep feesgangers
Corrie het ook namens die oord dankiesê-geskenke oorhandig aan Werner Pauw, Reanett Bezuidenhout en Barry Vosloo, die uittredende Voorsitter van die Bestuurskomitee.

Corrie oorhandig 'n dankiesê-geskenk aan Werner en Linda Pauw

No comments:

Post a Comment