Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Wednesday 18 January 2017

Talentvolle egpaar verhuis na Warmbad Renaissance

Philip en Ingrid van den Berg
Philip (76) en Ingrid (74) van den Berg het onlangs hulle intrek in E34 geneem nadat hulle meer as veertig jaar lank in Pietermaritzburg gewoon het.

Ingrid is op Piet Retief gebore en, nadat sy aan die plaaslike hoërskool gematrikuleer het, het sy die grade B.Sc.(Hons) behaal. Philip is op Hartbeesfontein gebore, matrikuleer aan die Hoërskool Klerksdorp en behaal daarna die B.A- en B.Ed.-grade.

Philip en Ingrid het vervolgens diep spore in die onderwys getrap voordat hulle in 1995 voortydig uitgetree het, sy as vise-rektor van die Natal College of Education en hy as die voormalige Natalse Onderwysdepartement se hoof van omgewingsopvoeding.

Philip en Ingrid is reeds jare lank uiters bedrewe natuurlewefotograwe, ʼn liefhebbery wat ná hulle uittrede uit die onderwys ʼn voltydse beroep geword het.

In 2001 het die Van den Bergs ʼn uitgewersmaatskappy, HPH Publishing, tot stand gebring. Volgens hulle webtuiste, www.hphpublishing.co.za, is die doel daarvan om hoë-kwaliteit boeke uit te gee wat natuurliefhebbers sal help om die natuurlewe ten volle te geniet. Dié maatskappy het reeds meer as 30 pragpublikasies op sy kerfstok. Besoek gerus hulle webtuiste om meer te wete te kom.

Volgens Philip is hierdie publikasie een van HPH Publishing se beste verkopers
Philip en Ingrid is reeds 50 jaar getroud en het twee ewe talentvolle seuns en 5 kleinkinders. 

Monday 9 January 2017

Oos-Kapenaars verhuis na Warmbad Renaissance

Frans en Lynette Fourie
Frans (71) en Lynette (69) Fourie het vanaf die skilderagtige Port Alfred in die Oos-Kaap hierheen verhuis en hulle intrek in E9 geneem sodat hulle nader aan hulle kinders en kleinkinders en ‘n internasionale lughawe kan wees. Hulle dogter wat in Engeland woon, het Warmbad Renaissance aanbeveel weens inligting wat sy op die internet opgespoor het. Hulle is baie ingenome met hulle nuwe woonplek want hulle eenheid is ruim en die omgewing, mooi en rustig.

Lynette is in Florida gebore waar sy grootgeword het. Nadat sy haar skoolopleiding aan die Discovery Technical High School voltooi het, het sy as ‘n kassiere by die United Bouvereniging gewerk.

Frans is ‘n gebore en getoë Johannesburger. Hy het aan die Hoërskool Roodepoort gematrikuleer en het hom daarna as ‘n chemiese tegnikus aan die Wits Technikon bekwaam. Hy het vervolgens jare lank as ‘n produkontwikkelaar by 3M gewerk. Voordat hy afgetree het, het hy sy eie sake-onderneming bedryf. 

Frans en Lynette het mekaar 47 jaar gelede ontmoet terwyl hulle nog op skool was. Hulle is in 1969 in Florida getroud en het 3 kinders en 5 kleinkinders.

Sunday 1 January 2017

We say, “Cheerio 2016”

"A picture is worth a thousand words" is an English idiom. It refers to the notion that a complex idea can be conveyed with just a single still image or that an image of a subject conveys its meaning or essence more effectively than a description does.

This saying is also applicable to the following pics of our festivities on New Year’s Eve.

Two other pictures have been added for good measure.