Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 13 May 2016

Oud-skoolhoof vestig hom in ons oord


Willie Lambrechts (71) was die hoof van die Hoërskool Elsburg voordat hy in 1996 vanweë swak gesondheid uit die onderwys getree het. Daarna het hy landwyd kontaklesings vir buitemuurse RAU-studente namens die universiteit gegee.

Thursday 12 May 2016

Ons nuwe bestuursagent aanvaar diens


Die bestuursvereniging het in 2015 die aanstelling van Frikman Nel (46) van Rent Admin as ons bestuursagent goedgekeur. Hy vervang Reanett Bezuidenhout wat pas uitgetree het.

Oord verwelkom Johann en Linda Benade

Nadat Johann (76) en Linda Benade (77) hulle kleinhoewe op Kameeldrif-Oos onverwags verkoop het, moes hulle inderhaas na ‘n geskikte woonplek soek. Hulle het verskeie aftree-oorde en meenthuiskomplekse in Pretoria, Modimolle en Bela-Bela oorweeg, maar uiteindelik in Warmbad Renaissance ‘n woonplek raakgeloop wat in die meeste opsigte aan hulle verwagtinge voldoen het. Die oord se veiligheidsmaatreëls, goedversorgde terrein en uitstekende waarde vir geld het die deurslag gegee.

Wednesday 4 May 2016

Reanett lê die tuig neer

Ons oord was die enigste in die Renaissance-groep waar Reanett Bezuidenhout ononderbroke sedert 13 September 1991 as bestuursagent betrokke was.