Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 25 August 2017

Bestuursvereniging hou spesiale algemene vergadering

Ons bestuursvereniging, wat uit die eienaars van eenhede in ons oord bestaan, het op 24 Augustus 2017 ‘n spesiale algemene vergadering gehou.

Die doel van die vergadering was om die geouditeerde finansiële state vir die jaar geëindig 31 Desember 2016 in oënskou te neem en om twee mosies wat voorheen ingedien is, te oorweeg.

Die bestuursvereniging luister aandagtig na die voorsitter, Gerhard van Rooyen
Die finansiële state is deur ons bestuursagent, Frikman Nel, ter tafel gelê. Nel het daarop gewys dat die ons oord se finansies baie gesond is. Nadat hy enkele vrae beantwoord het, is die state eenparig goedgekeur.

Ons bestuursagent, Frikman Nel
Hierna het die bestuursvereniging die stand van ons sekuriteitsmaatreëls onder die loep geneem. Onder andere is die opgradering van hierdie maatreëls bespreek. Die vereniging het besluit dat die huidige sekuriteitsmaatreëls voldoende is.

Vervolgens het die moontlikheid om voorafbetaalde elektrisiteitsmeters te laat installeer, aandag geniet. Die bestuursvereniging het dié mosie verwerp.

Monday 14 August 2017

Indigenous tree of the month (5)

As indicated previously, we will provide information during the next few months about the indigenous trees that occur in our village. The purpose is not only to inform, but also to encourage residents to dedicate themselves to their conservation.

This edition features the Weeping Boer-bean tree (Schotia brachypetala) In Afrikaans it is known as the Huilboerboonboom. A young(-ish) specimen may be viewed in Kwikstertjie Avenue next to U26.

The Weeping Boer-bean is a medium-sized tree with a low branching habit and an attractive, wide-spreading rounded crown. It is evergreen in our region. The tree gets its showy, new bright red leaves in spring, maturing to a glossy dark green.

The Weeping Boer-bean is a medium-sized tree
The common name of 'Weeping Boer-bean' is derived from the abundant nectar produced by the waxy, crimson flowers during September and October.  The nectar attracts a wide variety of birds and insects.

The flowers produce abundant nectar
After flowering, large seed pods develop which burst open when ripe.

Seed pods
The bark of younger trees is smooth and grey to light brown and as the tree matures it becomes darker and rougher. The bark can be used for dyeing, producing an earthy red-brown colour.

The bark of younger trees is smooth and grey to light brown
The timber is of a good quality and the hard heartwood is a dark walnut colour, and termite resistant. In the past it was used for wagon making, and today it is still used for making furniture. In traditional medicine a decoction of the bark or roots is taken by indigenous people to treat many ailments from heartburn and hangovers, to diarrhoea and nervous heart conditions. It is also believed to purify the blood. The seeds are edible after roasting, and although low in fat and protein, they have high carbohydrate content.

Saturday 12 August 2017

Ons straatbraaitradisie

Kort na ons oord se ontstaan 26 jaar gelede, het die behoefte aan sosiale interaksie tussen die inwoners uitgeloop op ons straatbraaitradisie. Straatbraaie vervang nie die meer formele geleenthede wat deur die bestuurskomitee se sosiale aksie-portefeulje gereël word nie.

Die doel van ‘n straatbraai is om sommer net ander straatbewoners se geselskap te geniet en/of om nuwe inwoners in die buurt te verwelkom.

Die gedagte om ‘n straatbraai te reël ontstaan dikwels spontaan. Die reëlings volg nie ‘n vaste patroon nie. Die venue is iemand se motorafdak. Nog iemand vra die oord se braaitoestelle en tafels aan. Diegene wat voornemens is om die geselligheid by te woon, reël onder mekaar wie die bykosse sal voorsien en elkeen bring sy eie voustoel, eetgerei en drinkgoed saam … en siedaar, ‘n gesellige samekoms sonder dat enigiemand hom of haar oor ‘n mik werk. 

Die foto’s hieronder is tydens onlangse straatbraaie geneem.

Die katte (!) van Katlagterlaan
Die Troupantlaners
Die mense van Vleiloerielaan

Friday 11 August 2017

Ainos Christelike Revuegroep steel inwoners se harte

Die Ainos Christelike Revuegroep van die Laerskool Hennopspark het onlangs inwoners se harte gesteel, finish en klaar. Diegene wat nie lastige trane weggepink het nie, het lastige knoppe in die keel weggesluk. Of albei.

Die sosiale aksie-portefeulje van die bestuurskomitee het dié groep kinders se optrede in die Nes gefasiliteer. Dit was ongetwyfeld die hoogtepunt van die oord se sosiale kalender.

Die foto’s hieronder laat kwalik reg geskied aan die sjarme waarmee die kinders hulle gehoor oorrompel het.

Die kinders het gou die gehoor betower
Talent in oorvloed
Hartediewe
Kinders en gehoor ruil drukkies uit

Thursday 10 August 2017

Voormalige nuusredakteur reageer op berig

Japie Bosch, ‘n voormalige nuusredakteur van Die Vaderland, 'n Johannesburgse middagblad wat in 1988 sy deure gesluit het, het gereageer op ‘n berig oor Bella van Zyl wat onlangs op hierdie webjoernaal geplaas is. Klik HIER om toegang tot die berig te verkry.

Japie Bosch
Japie woon tans op Jeffreysbaai. Hy skryf: “Ek kon my oë vanoggend nie glo nie toe ek die storie oor Bella van Zyl op julle webjoernaal kry nie.  Ons het ons al stukkend gewonder oor waar Bella is.  Haar man, Danie, was in 1982/83 burgemeester van Johannesburg. Ek het destyds oor munisipale sake in Johannesburg verslag gedoen.  Mettertyd het ek hy boesemvriende geword.  Daar is talle stories te vertel oor sy menswees en flink denke.

“Danie was in die sewentigerjare ook ‘n vooraanstaande bokspromotor.

“Danie was altyd Danie en Bella was altyd Bella.  Geen pretensie nie.

“Stuur asseblief vir Bella ons liefde en groete.  Ons sal graag met haar wil kontak maak.

(Ons het Japie se boodskap aan Bella oorgedra. Ons vertrou dat hulle hulle vriendskap hernieu het. – Red.)

Tuesday 8 August 2017

Oord heet voormalige burgemeestersvrou welkom

Bella van Zyl
Voordat Bella van Zyl (75) na Warmbad Renaissance verhuis het, het sy sewe jaar lank in ‘n meenthuiskompleks op Middelburg gewoon. Sy het egter mettertyd na ‘n veiliger woonplek begin soek. 

Sy het die voor- en nadele van verskeie aftreeoorde oorweeg voordat sy op E5 in ons oord besluit het. Die aangename Bosveldklimaat, die gerieflike wooneenheid, goeie veiligheidsmaatreëls en die netjiese terrein het die deurslag gegee.

Bella is in Greymont, Johannesburg, gebore en getoë. Nadat sy matriek aan die Hoërskool Die Burger behaal het, het sy ‘n pos by die toentertydse Volkskasbank aanvaar. Kort voor lank het sy egter Danie van Zyl se voete onder hom uitgeslaan. Hulle is in 1960 getroud.

Bella het uit haar pos by Volkskas bedank om heeltyds ‘n tuisteskepper te word. Tussenin het sy tyd ingeruim om haar kunsvaardigheid in naaldborduurwerk uit te leef.

Danie het jare lank ‘n suksesvolle konstruksiemaatskappy bedryf voordat hy hom in die politiek begewe het. Hy was in 1982 die burgemeester van Johannesburg.

In 1982 was Bella en Danie die burgemeesterspaar van Johannesburg
Bella en Danie het vier dogters en een seun grootgemaak voordat hy haar in 1989 ontval het. Hierna het twaalf kleinkinders en een agterkleinkind gevolg.


Tuesday 1 August 2017

Ons webjoernaal tref weer eens die kol

Sarie Smit
Sarie Smit (65) het ‘n geruime tyd lank gesoek na ‘n geskikte, bekostigbare aftreeplek voordat sy op die advertensie wat Frank en Julie Spence op ons webjoernaal laat plaas het, afgekom het. She came, she saw, she was conquered! Sy was só beïndruk met dié gerieflike woonplek en ons goedversorgde oord, dat sy besluit het om dit te koop.

Frank-hulle het haar aanbod aanvaar en nou woon sy in E7, so gelukkig soos ‘n kat in ‘n melkery!

Sarie is in Pretoria gebore. Sy het in die voorstad Villieria grootgeword waar sy in 1970 haar skoolloopbaan aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd voltooi het. Hierna het sy in 1976 die B.Sc.(QS)-graad aan die Universiteit van Pretoria behaal.

Nadat sy haar universiteitstudie voltooi het, het sy haar beroep as bourekenaar meer as 30 jaar lank beoefen. Die laaste projek waaraan sy gewerk het voordat ‘n ernstige motorongeluk haar lewe in 2010 in ‘n oogwink ingrypend verander het, was die Transnet-pypleiding vanaf Durban na Gauteng. Sy moes haar beroep weens haar beserings prysgee.

Sarie is egter ‘n blymoedige vasbyter en het uiteindelik ‘n heenkome op Giyani gevind waar sy drie gastehuise vir ‘n familielid bestuur het.

Haar man, Izak, is in 2014 oorlede. Hy was ‘n jonger broer van die welbekende Fanie Smit wat jare lank elke Sondagoggend die SAUK-radioprogram Loof die Here aangebied het.

Sarie en Izak het 4 kinders grootgemaak. Daar is ook 5 klein- en 2 agterkleinkinders.