Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 27 March 2015

Oord verwelkom nuwe inwoners

Die Sosiale Aksie-vereniging onder leiding van Didie Vickery,  het op 27 Maart 2014 'n heerlike ontbyt aan ons inwoners voorgesit ter verwelkoming nuwe inwoners wat Warmbad Renaissance die afgelope maand of twee of drie hulle tuiste gemaak het.

Wednesday 18 March 2015

Inwoners presteer op die rolbalbaan

Kolie Ras (Eenheid 108) en spanmaat Willem Pieterse van die Warmbad-rolbalklub spog met twee titels. Hulle is die wenners van die afdeling vir gekose-manspare asook gekose 2-4-2-mansspel.

Thursday 12 March 2015

Hennie & Hazel vier hulle 60ste huweliksherdenking

Hennie en Hazel de Villiers het op 12 Maart 2015 'n vreugdevolle geleentheid gevier: hulle 60ste huweliksherdenking.

Tuesday 10 March 2015

Henry & Bets verkies Warmbad Renaissance

Henry (66) en Bets (63) van den Berg is die nuwe eienaars van Eenheid 141.

Vrystaaaat!

Tom Venter (76) is 'n wewenaar wat onlangs sy intrek in Eenheid 60 geneem het. Sy eggenote, Isabel, het hom 9 maande gelede ontval.

Tom Venter
Tom is 'n ketelmaker van nering en kom van Virginia af waar hy in die werkswinkel van 'n goudmyn gewerk het. As 'n jong man was hy drie jaar lank 'n seeman op die SAS Natal, 'n opmetingskip van die Suid-Afrikaanse Vloot.

Hy het hierheen getrek omdat hy nader aan sy 4 kinders, 7 kleinkinders en 3 agterkleinkinders wil woon. Een van sy seuns besit 'n restaurant op die dorp.

Tom sê hy woon baie lekker hier want die oord is mooi, netjies, rustig en veilig.

Hy is voornemens om by die oord se veerpyltjieklub aan te sluit en om weer rolbal te begin speel. Hy lees graag. Sy gunstelingskrywers is Wilbur Smith en James Patterson.

Friday 6 March 2015

Nuwe Sosiale Aksie-komitee verkies

Die nuwe Sosiale Aksie-komitee vir 2015 is op 5 Maart verkies. 

Thursday 5 March 2015

Additional site available

We have set up a new site in English that provides general information about our village. Click HERE to access it.