Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Friday 19 September 2014

Huweliksklokke lui vir Herman en Maggie

Die huweliksklokke het onlangs vir Herman Louw en Maggie van Tonder gelui toe hulle deur past. Jannie Lubbe van die AGS-gemeente Woord en Lewe in die eg verbind is.


Die pasgetroudes by die kennisgewing voor hulle woning wat hulle huwelik op 'n heel vindingryke wyse aankondig
Maggie en Herman ken mekaar reeds agt jaar. Herman en sy vorige eggenote was bevriend met Maggie en haar vorige wederhelfte en het gereeld oor en weer gekuier. Nadat Maggie se man oorlede is, het die vriendskap verinnig en uiteindelik op dié blye gebeurtenis uitgeloop.

Maggie en Herman sal hulle in Eenheid 4 vestig waar Maggie reeds die afgelope 13 jaar woon.

Die Bestuurskomitee en inwoners van Renaissance wens hulle seën en voorspoed toe.

No comments:

Post a Comment