Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 7 June 2014

Nóg 'n kleinkind presteer!

Vir die meeste oumas en oupas wat in ons oord woon, is hulle kleinkinders hulle hart se punt. En as hulle dan nog presteer ook, is dit 'n bron van vreugde, trots en dankbaarheid.

Adam Botha
Adam Botha, ‘n gr. 4-leerling van die Laerskool Fairland in Johannesburg,  het op 17 Mei aan die National Eisteddfod Young Performer Final Awards  deelgeneem.

Die finale skouspel het aan die algehele nasionale wenners van Drama, Musiek en Dans die geleentheid gebied om om die toppryse mee te ding. Baie uiteenlopende items en kunstenaars deel dieselfde verhoog en dis voorwaar ‘n fenomenale skouspel! Wenners van die visuele kunste word ook hier bekroon.


Piet en Amy Combrink
Adam, kleinseun van Pieter en Amy Combrink (#6), het die toekenning ontvang as die algehele nasionale wenner in Drama in die kategorie gr. 0-3 (verlede jaar se ouderdom) en het ook weggestap met die uitstekende Mees Inspirerende Kunstenaar-toekenning;  ‘n besondere prestasie aangesien daar meer as 25 000 individue aan hierdie kompetisie deelneem het!

Ouma Amy was 45 jaar lank ‘n drama-onderwyseres en haar voordrag, toneelspel en afrigting vir kunswedstryde was/is legendaries. Adam word afgerig deur sy ma, nóg ‘n drama-onderwyseres en mede-eienaar van Jack in a Box Spraak en Drama in Northcliff, Johannesburg

Die appel val gewis nie ver van die boom nie!

[Die inligting vir hierdie berig is deur Adam se ma, Lila Botha, voorsien.]

1 comment:

  1. Baie geluk - dit is 'n groot prestasie. Diederick Reinecke

    ReplyDelete