Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 29 August 2016

Special General Meeting - 2016


The main purpose of this mid-year meeting was to review the financial statements for 2015 which was prepared by the Warmbad Renaissance Association’s external auditors, PricewaterhouseCoopers Inc.

Saturday 27 August 2016

Kontrei-ete 2016


Kerrie-afval + bobotie + wildpastei + toffiepatats + stampmielies + boeremusiek = die heerlike kontrei-ete wat die sosiale aksie onlangs aan inwoners opgedis het.

Die foto’s hieronder bied ‘n oorsig van die verrigtinge.

Monday 15 August 2016

Inwoner maak 'n verskil in die gemeenskap

Jy tref in elke gemeenskap talle beskeie mense aan wat stilweg met groot toewyding en deernis werk om minderbevoorregte persone se nood te verlig.

Thursday 4 August 2016

Ongereelde besoekertjies


Ons oord is geseën met ‘n ryke verskeidenheid voëllewe wat wydverspreid in ons geweste voorkom: kuifkophoutkappers, kwêvoëls, neushoringvoëls, tiptolle, suikerbekkies, katlagters, kakelaars, geelbeklysters, rooikophoutkappers, om maar enkeles te noem.



Die kwêvoel
Onlangs het twee gevlekte lysters kom besoek aflê. Alhoewel hierdie voëltjies  volgens kenners vry algemeen in die Bosveld voorkom, het Rina Breytenbach (E118) en haar bure hulle die eerste keer in 20 jaar in die oord waargeneem.

Die gevlekte lyster
Soos die foto aantoon, is hierdie pragtige voëltjie grysbruin bo met kenmerkende swart vlekke op die wit borsie en ‘n kort stertjie. Wanneer hy op die grond stilstaan, het hy ‘n kiertsregop houding en die gewoonte om vooroorgeboë te hardloop, net om weer stil te staan, agteroor te leun en een van sy vlerke te lig.

Volgens Sappi se Voëls van Suid-Afrika, word hulle aangelok deur veldbrande en bou hulle nessies van plantmateriaal in ‘n boom, soms in die nabyheid van ‘n miksterbyvangernes.

Die mikstertbyvanger