Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Monday 23 December 2013

Friday 20 December 2013

Onse Dries presteer weer eens

Dries Engelbrecht (62) van die Renaissance Aftree-oord op Bela Bela behaal 'n vierde plek tydens die boogjagters-wêreldkampioenskap in Potchefstroom in Oktober.

Hy moes die boog opneem teen verskeie gesoute Europese skuts.

Klik HIER om 'n vorige berig oor Dries se prestasie as 'n boogskut te lees.

[Ontleen aan Die Pos, 20 Desember 2013. Die Pos se hoofkantoor is in Bela Bela geleë. Dié koerant het vanjaar die ATKV-mediaveertjie verower as die beste plaaslike koerant in Suid-Afrika]

Tuesday 17 December 2013

Renaissance-inwoner was Mandela se Afrikaanse buurvrou

Andries van der Heyde, Die Pos, 13 Desember 2013

Met Madiba-koors wat die afgelope week wêreldwyd hoog geloop het, het Die Pos op ’n juweel van ’n storie op Bela-Bela afgekom.

Wednesday 11 December 2013

Louis (en bra Willy) is onmisbaar

Louis van Wyk (77) staan in die oord bekend as die man wat sedert 2008 alles wat herstelwerk benodig, wel ... herstel. Sy hande staan vir absoluut niks verkeerd nie.

Friday 6 December 2013

Nelson Mandela, 1918 - 2013

Laertius het gesê: "Mag meet 'n man se maat." Mandela het die toets geslaag. Rus in vrede, Madiba.

Frequent visitors to our village

Frequent visitors to Renaissance are banded mongoose. 

Tuesday 3 December 2013

'n Merkwaardige inwoner

Dis vir min mense beskore om die meeste van die groot historiese momente van die afgelope eeu te kon beleef.

Monday 2 December 2013

Social Action Committee for 2014 chosen

The Social Action Committee for 2014, which is a sub-committee of the Renaissance Retirement Village Management Committee, was chosen on 2 December 2013. See picture below.

Sunday 1 December 2013

Kersfees kom ...

'n Inwoner, Corrie Pretorius, versier jare lank al in die Kerstyd die toegang tot ons oord. Die eerste twee foto's hieronder is geneem pas nadat sy haar taak voltooi het. Die hekwag is mnr. Jacob Keikantse.

Thursday 28 November 2013

Algemene Jaarvergadering - 2013

Een van die hoogtepunte van die jaarlikse kalender, die Algemene Jaarvergadering van die Bestuursvereniging, is op 28 November 2013 gehou.

Monday 25 November 2013

Kersfunksie 2013

Die Sosiale Komitee het die reëlings behargtig

Tuesday 19 November 2013

Piet Combrink glo uitheemse plante hoort nie in 'n Bosveldtuin nie.

Piet en Amy Combrink woon in eenheid 6. Voordat hulle in 2003 hierheen getrek het, het hulle naby Koedoeskop op die plaas Vaalkop gewoon waar Piet met Bonsmara-beeste en wild geboer het. Trouens, hy besit steeds die plaas waarop sy seun nou boer. Amy was 'n onderwyseres by die laerskool op Northam.

Sunday 17 November 2013

Blue Waxbill (Uraeginthus angolensis)

The Blue Waxbill
The Blue Waxbill ( Afrikaans: Gewone Blousysie) is a frequent visitor to our village. It is a small, slender powder-blue bird, smaller than a sparrow. The bill is short and conical and pinkish-grey in colour. The crown, back of the head and back are light brown.

Friday 15 November 2013

Vaardige Fietjie

Die Renaissance Aftree-oord op Bela Bela wemel van talentvolle mense. Fietjie Moolman, 'n oud-onderwyseres, is een van diegene wie se hande vir min verkeerd staan.

Thursday 14 November 2013

Bestekopname

Die Bestuurskomitee het op 26 September 2013 toestemming gegee dat 'n webjoernaal vir ons oord geskep word. Hulle het akkoord gegaan met die doel daarvan, naamlik om deur middel van positiewe beriggewing aan die plaaslike en breër gemeenskap inligting te gee in verband met die oord, sy inwoners en aktiwiteite. Sedertdien het die webjoernaal geleidelik begin vorm aanneem.

Monday 11 November 2013

Stuur berigte aan iemand

Daar sal voortaan onderaan elke storie in hierdie webjoernaal 'n afbeelding van 'n klein koevertjie met 'n pyltjie daarop, verskyn.

Indien jy die storie aan iemand wil stuur, klik op die koevertjie, voltooi die vorm en stuur sodoende 'n e-pos met die skakel (link) van die storie.

Wednesday 6 November 2013

Renaissance se gewaardeerde kantoormeisie


Jacky Putter
Haar naam is Jacky Putter. Sy is 35 jaar oud, 'n raakvatter en die inwoners is mal oor haar. Sy werk al byna vier jaar by Warmbad Renaissance.

Tuesday 5 November 2013

Acanthocerus atricollis

A male "bloukop koggelmander"
Agamas belong to the class of reptiles, order squamata and sub-order sauria (lacertilia). The image above is of the tree agama (Acanthocerus atricollis). The Afrikaans name “bloukop koggelmander” is very descriptive and refers to the very distinctive and highly visible ultramarine colour of the head during breeding. These beautiful little creatures are extremely territorial and become quite tame. Renaissance residents often become very fond of "their" bloukoppies.

Monday 4 November 2013

Die eerste "eerste paar" van Warmbad Renaissance

Henry en Toy van Nieuwenhuizen
Toe Henry en Toy van Nieuwenhuizen in 1991 by eenheid 25 ingetrek  het, was Renaissance nog in aanbou en die terrein, wild en woes en driekwart leeg.

Sunday 3 November 2013

The Crested Barbet

The Crested Barbet’s distinct sustained trilling ‘trrrrrrrr ... ‘, much like a muted alarm clock, is well known to residents of our village.

Wednesday 30 October 2013

Uit die argief

In 1991 skryf Isabel Hattingh: "Sang en musiek het 'n belangrike rol in ons samesyn gespeel. Heel toevallig en spontaan het ons een Sondagmiddag by Eppie [van Niekerk] begin sing en gou was die huis vol mense wat kom deelneem. Dít was seker die vonkie wat die latere sanggroep se ontstaan tot gevolg gehad het."

Tuesday 29 October 2013

Die oord se inheemse bome

"As ek soggens wakker word, is die eerste blik op die aangrypend mooie swartapiesdoringboom wat voor ons eenheid pryk, absoluut sielsverheffend."

Só het 'n Renaissance-inwoner onlangs die siening van die meeste inwoners verwoord.

Sunday 27 October 2013

Inwoners neem graag aan sport deel

Rolbal is 'n sportsoort wat deur heelwat Renaissance-inwoners beoefen word. Loraine Thomas (links) en Joey Labuscagne (regs) was lede van 'n vrouespan wat as wenners gekroon is in die Warmbad-rolbalklub se geslote driespel-kompetisie wat op 8 Oktober gehou is. Loraine woon in eenheid 44 en Joey, in eenheid 139.

[Uit: Die Pos, 25 Oktober 2013. Die Pos se hoofkantoor is in Bela Bela geleë. Dié koerant het vanjaar die ATKV-mediaveertjie verower as die beste plaaslike koerant in Suid-Afrika]

Friday 25 October 2013

Then and now




The community centre under construction in 1992


Thursday 24 October 2013

Nuwe intrekkers woel en werskaf

Connie en René Venter werskaf in hulle herontwerpte tuin
Connie en René Venter het vroeër vanjaar by eenheid 134 ingetrek nadat hulle aftree-oorde in, onder andere, Naboomspruit, Nylstroom en Bronkhorstspruit oorweeg het.

Toe hulle egter by Renaissance se hek inry, het hulle geweet: dís waar ons wil woon.

Monday 21 October 2013

Pluimpie


Japie Bosch

'n Voormalige nuusredakteur van Die Vaderland, Japie Bosch van Jeffreysbaai, skryf soos volg aan die samesteller van die Renaissance-webjoernaal: "Dis voorwaar ‘n prag-webjoernaal.  Baie geluk.  Menige oord sal wat wil gee om so-iets te hê.  Dis opvallend dat jy lank hieraan moes beplan het.  Dit behoort groot byval te vind by die inwoners en hul familie en vriende.  As ek kyk na die besoekerstal lyk dit so".



 

Saturday 19 October 2013

The kwêvoël

Few birdcalls in our retirement village evoke the distinctive atmosphere of the Limpopo Bushveld than the "kwê-ê-ê-ê!" call of the grey loerie or in Afrikaans, kwêvoël.

Tuesday 15 October 2013

Die eerste intrekkers onthou

Ampie en Isabel Hattingh
Ampie en Isabel Hattingh was die eerste persone wat hulle intrek in eenheid 20 van die Warmbad Renaissance Sekuriteitsaftree-oord geneem het. 

Dit was op 1 April 1991.

Ampie het destyds pas uitgetree na baie jare as staatsamptenaar in Pretoria. Isabel het by die H F Verwoerd Hospitaal gewerk.

"Toe ons ons intrek geneem het," vertel Isabel, "was hier net stof, sand, klippe en fondamente van eenhede wat in aanbou was."

Saturday 12 October 2013

Bobaas by wêreldkampioenskappe

Dries Engelbrecht
Dries Engelbrecht ['n inwoner van die Renaissance Sekuriteitsoord - Red.] van Bela-Bela het ’n vierde plek tydens die boogjagters-wêreldkampioenskappe in Potchefstroom verower.

Engelbrecht (62) het van 2-5 Oktober aan dié kampioenskap in die langboogklas vir veterane deelgeneem en moes boog opneem teen verskeie gesoute Europese skuts wat van jongs af reeds dié kuns bemeester het.