Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Tuesday 15 July 2014

Naamborde opgerig

Die redakteur van ons nuusbrief het in die Junie 2001-uitgawe berig dat 'n laan gewoonlik geassosieer word met 'n smal pad omsoom met bome en tuine. Derhalwe het ons [oord] lane en nie soseer strate nie.

Hy het vervolgens geskryf dat die name vir die lane 'n geruime tyd vantevore deur die Bestuurskomitee goedgekeur is; name van voëls wat endemies aan ons omgewing is.

Hierdie lofwaardige besluit het egter nooit tot die oprigting van naamborde gelei nie. Vanjaar het die Bestuurskomitee onderneem om ons lane van naamborde te voorsien.

Louis van Wyk en Braam Cilliers het 'n plaaslike sake-onderneming versoek om die naamborde te vervaardig wat tans deur Louis en sy helpers opgerig word.

Die foto's hieronder dui aan hoe spoggerig die naamborde vertoon.


No comments:

Post a Comment