Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 2 January 2021

Stormskade aan veiligheidsomheining herstel

ʼn Hewige storm met reën, wind en hael het Bela-Bela op 6 November in die vroeë oggendure getref en talle bome in ons oord ontwortel.

Drie koorsbome het die noord-oostelike hoek van ons veiligheidsomheining verwoes (foto bo). Galven Security het gou op ʼn versoek van die BK-lid vir Sekuriteit gereageer en ʼn veiligheidswag daar geplaas.

Die veiligheidsomheining is intussen teen ʼn koste van R29 299.50 herstel (foto onder).