Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.

Saturday 15 February 2014

Inwoners vier Valentynsdag

'n Aantal Warmbad Renaissancers het Valentynsdag op 14 Februarie gevier.

Warmbad Renaissance vier Valentynsdag
Diegene wat 'n geliefde opnuut van hulle geneëntheid wou verseker, het in Die Nes 'n stylvolle funksie bygewoon wat met groot moeite en harde werk deur die Sosiale Aksie onder leiding van Corrie Pretorius gereël is. 

Die viering duur voort
Nadat 'n leraar van die Warmbad Moedergemeente van die NG Kerk, dr. Christo Herbst, die geleentheid met 'n skriflesing en gebed geopen het, het die voorsitter van die bestuurskomitee, dr. Barry Vosloo, 'n kort toespraak gelewer en Amy Combrink, 'n toepaslike voorlesing.

Nadat hy 'n uiteensetting gegee het van die vermeende oorsprong van Valentynsdag, het Vosloo die Sosiale Aksie namens die inwoners bedank vir die belangrike rol wat hulle in die Warmbad Renaissance-gemeenskappie speel.

"Hierdie funksie en ander soortgelyke geleenthede is egter nie die totaliteit van die Sosiale Aksie se werksaamhede nie," het hy gesê.

Die Sosiale Aksie beplan om hulle aktiwiteite uit te brei om ten minste nóg drie belangrike doelwitte te bereik, naamlik om nuwe intrekkers amptelik te verwelkom, om elke inwoner met sy/haar verjaardag geluk te wens en om siek inwoners gereeld te besoek.

"Ek ondersteun hierdie voorneme heelhartig," het Vosloo afgesluit, "want ons by Warmbad Renaissance gee mos om vir mekaar," 

No comments:

Post a Comment