Welkom by die webjoernaal van die Warmbad Renaissance-aftreeoord, Bela-Bela

Welcome to the blog of the Warmbad Renaissance Retirement Village, Bela-Bela

Soek 'n berig in Renaissance

Soek jy na 'n berig in hierdie webjoernaal? Volg die aanwysings hieronder.
Showing posts sorted by relevance for query Annemike. Sort by date Show all posts
Showing posts sorted by relevance for query Annemike. Sort by date Show all posts

Wednesday, 28 May 2014

Annemike steel harte

Die oord se Sosiale Aksie onder leiding van Corrie Pretorius  het weer eens hulle bewese hoë standaard gehandhaaf toe hulle onlangs die Vrystaatse sanggroep Sampie en Nellie genooi het om die inwoners te vermaak.

Friday, 27 June 2014

As dié staander kon praat ...

Voordat die 8-jarige Annemike du Preez onlangs die harte van ons oord se inwoners met haar sangoptrede gesteel het (klik HIER om die berig te lees), is daar naarstiglik gesoek na 'n bladmusiekstaander waarop sy haar musiekboek kon plaas in geval sy die woorde haar die liedjies vergeet.

Saturday, 11 October 2014

Ons is vandag een jaar oud

Hierdie webjoernaal beleef vandag (11 Oktober 2014) sy eerste verjaardag.

Sunday, 4 December 2016

Afsluitingsgeselligheid - 2016

Die negende uit tien funksies wat vanjaar deur die oord se sosiale aksie-groep aangebied is, het onlangs plaasgevind toe die afsluitingsgeselligheid op 1 Desember gehou is. 

Inwoners verwys tereg na die afsluitingsgeselligheid as die hoogtepunt op die oord se sosiale kalender.

Die voorsitter van die bestuurskomitee, Gerhard van Rooyen, het die sosiale aksie-groep in sy verwelkoming lof toegeswaai vir die voortreflike driegangmaaltyd wat hulle voorberei het. Hy het ook die borge, Pick n Pay, Waterberg Toyota, PSG Warmbad en Oasis, van harte bedank vir hulle gewaardeerde bydrae. Op haar beurt het die sameroeper van die sosiale aksie-groep, Rita Vosloo, hulde gebring aan die groot groep staatmakervroue (en -manne!) wat vir die voorbereiding van die Nes, die keurige tafelversierings en die voorbereiding van die smaaklike disse verantwoordelik was.

Enkele staatmakers van die sosiale aksie-groep. V.l.n.r. verskyn Linda Grobler, Linkie Ellis, Annetjie van Rooyen, Annetjie du Plessis, Rita Vosloo (sameroeper), Elize Yeo en Ria Bester
Die tafels is gereed vir die feesmaal

Nadat Annemike du Preez en Isabel Schoeman die aanwesiges se hartsnare met ‘n kort uitvoering van Kersliedere geroer het, het die Groot Kuier met mening begin
Ons bestuursagent, Frikman Nel en sy aanvallige wederhelf, Zelda, was ons spesiale gaste en het vanaf Pretoria hierheen gereis om ons met hulle teenwoordigheid te vereer. V.l.n.r. verskyn Frikman, Gerhard van Rooyen (voorsitter van die bestuurskomitee) en Zelda
Inwoners geniet die smullekker maaltyd en mekaar se geselskap. V.l.n.r. verskyn Dries Engelbrecht, Pieter Heyneke, Andries Esterhuizen, Beatrix Esterhuizen, Annette Heyneke en Silvia Engelbrecht